Heiligmaking deur Lyding

Dankie HERE dat u ons dra wanneer ons kragte opgeraak het en ons nie meer verder kan gaan nie.

Ek weet dat daar sommige van julle is wat wonder oor die leiding wat ons op aarde deurgaan vir die Koningryk van die Hemele. Ek weet dat daar kerke is wat nie glo dat enige vorm van leiding op aarde van die HERE af kan kom nie, maar ek kan julle verseker dat hierdie dinge wel in die Bybel genoem word soos wat dit in die vers onder aan ons uitgewys word.

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. (Romeine 12:1)

Die kerk van vandag verstaan hierdie gedeelte van die Bybel baie sleg, maar die vroeë kerk het hierdie dinge baie  goed verstaan. Ons almal het kruise wat partykeer baie swaar word en baie seer skawe. Die HERE sê in Mattheus 16:24 “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”

Baie sal nou vra; wat bedoel die HERE by “my kruis”?

Die kruis is niks anders as suiwer leiding vir die Koningryk van die Hemele nie. ‘n Gebroke huwelik, ‘n kind wat aanhoudend huil sonder dat jy kan uitvind wat verkeerd is, ‘n siekte wat nie wil breek nie, maak nie saak hoe baie jy daaroor bid nie. Verkleinerende aanmerkings en beskuldigings van mede kerk lede dat jou geloof te klein is, is ‘n vorm van Job se mantel; vol dorings wat enigsins gemaklik is om te dra nie. Hierdie is ook ‘n vorm van leiding.

Ons weet dat gebed siektes kan genees, maar die HERE is nie ‘n slot masjien wat werk op ons tydskedule nie. Net omdat daar met groot krag gebid word en gevas word, beteken dit nie dat dit God se wil is om daardie persoon op hierdie oomblik te genees nie.

Dit mag wees dat die HERE wil hê dat daardie persoon dit stadiger moet vat om sy aandag te kry. Hy mag ook daardie persoon se leiding gebruik om ander lede van die familie in die geloof te probeer kry. Hy mag dit ook gebruik om daardie persoon nederigheid te leer. Ons sal die toe weiding wat daardie siel maak, nie verstaan voor ons in die Hemel is nie. Om op so ‘n manier vir die Koningryk van die Hemele te lei is ‘n baie groot eer.

Daar was eendag ‘n man wat in ‘n droom Hemel toe geneem is en terwyl hy daar was het hy baie mense ontmoet wat hy vroeër geken het. Hy het iemand daar gesien wat op ‘n troon gesit het en wat ‘n koning was. Hy het die man herken as iemand wat op aarde traktaatjies uitgedeel het en met die mense by ‘n busstop gepraat het oor die Woord van die HERE. Hy het onthou dat hy eendag by hierdie man verbygeloop het met ‘n vriend en toe gesê het dat dit mense soos die is wat Christendom ‘n slegte naam gee! En hier sit dieselfde man as ‘n Koning in die Hemel!

Hy het aan die persoon wat hom vergesel het gevra waar die beroemde evangeliste van die aarde dan was? Hy het van hulle gesien, maar hulle was almal net gewone mense wat geen gesagsposisies beklee het nie. Die antwoord was dat alles in die Hemel agterstevoor is. Dis die wat bereid is om vir die HERE te lei en in die stilligheid vir ander in te tree wat die groot posisies in die Hemel ontvang en nie die beroemde evangeliste nie.

Die wat die Woord van die HERE bedien sal ook beloon word, maar hulle sal nooit die impak wat hulle in die eerste plek gehad het hê as daar die diegene was wat vir hulle gebid het nie. Dit was diegene wat vir die leraars bid wat hulle toegelaat het om met sulke krag te kan preek.

Ons almal het ‘n kruis wat ons vir die HERE dra en dit kan manifesteer op ‘n hele reeks van gebeure in ons lewe. Die HERE kan enige iemand in ‘n oogwink genees van enige iets, maar dit kan net gedoen word in ooreenstemming met God se plan vir daardie siel. As daar vir so iemand gebid word en genesing kom nie, dan kan ons so wreed wees as om te sê dat daardie persoon nog sonde in sy lewe het of nog erger dat daardie persoon nie die geloof het om genees te word nie.

Wat ‘n wrede klap in die gesig van iemand wat reeds broos is en vir die HERE lei. Hoe arrogant om te wil voorgee dat jy iets weet wat net God alleen weet! Net omdat gewildheid leer so sê beteken nie dat dit waar is nie.

Paulus skryf in 2 Korintiërs 12 die volgende: [1]  Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here. [2]  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. [3]  En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— [4]  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. [5]  Oor so ‘n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede. [6]  Want as ek sou wil roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie. [7]  En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. [8]  Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. [9]  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. [10]  Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.”

Paulus maak hier ‘n baie interessante stelling: hierdie doring in sy vlees, met ander woorde ‘n siekte van een of ander aard. Hy het besef dat hy nederig moet wees omdat hy hierdie openbaring ontvang het en hy het die doring gesien as ‘n manier om heiligmaking te ontvang. Dis toe dat die HERE vir hom sê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.”

En dit, liewe lesers, is presies die doel vir enige leiding. Die HERE laat hierdie dinge in ons lewens toe sodat Sy krag deur ons swakhede kan triomfeer, want ons het ons liggame op geoffer as lewende slagoffers vir Hom!

Net soos genade van die Kruis af uitgestort is tot vergifnis vir almal; net so word ons leidinge gebruik as offers om die Woord van die HERE te bedien en om die harte van mense sag te maak. En dis wat ons in die Hemel sal sien. Baie wat siek was op aarde sal opgehef word as konings en koninginne in die Hemel met baie dienaars wat heen en weer sal hardloop om goed te doen aan die op aarde. Hy wat getrou is aan die klein dingetjies, sal nog meer voor gegee word.

In Kolossense 1:24 sê Paulus: “Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is.”

Dis baie duidelik dat daar ‘n verbinding is tussen leding en die liggaam van die HERE. Hou dus hande met mekaar deur gebed en hou aan om julle kruise te dra wat die HERE aan elkeen van ons gegee het.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 148 times, 1 visits today)