Hoe om uit die modder uit te kom as jy vas sit.

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Staan op! Staan op uit die modder uit, sê die HERE van die leërskare!

Die oorlog is vel en dit gaan aan reg rondom ons. Baie is totaal onbewus van wat om hulle aangaan, maar die wat oë het sal oplet dat die wêreld al hoe boser word.

Liewe lesers, julle moet weet dat hierdie die laaste dae is en ons is die eindtyd weermag van die HERE. Die Bybel verwys na ons as “die wat terughou”. Ons is letterlik al wat staan tussen die volle geweld van satan se toorn oor hierdie wêreld en die HERE se liefde vir ‘n wêreld wat Hom nie wil erken nie.

Ons het sopas deur een van die ergste dele van hierdie oorlog ooit en baie van julle het geval onder die gewig van die aanval. Daar is mee niks verkeerd nie, maak moet net nie bly sit in die modder nie en moenie vir jou ‘n vesting van modder te bou nie! Staan op, liewe Kind van die HERE! Staan op en stap voort sodat jy weer op die snelweg kan kom en vinniger oor die weg kan kom!

Julle moet ook onthou, liewe lesers, dat die HERE ons baie keer gebruik om in te staan vir iemand wat baie lei. Jy help dan as te ware daardie persoon dra aan die pyn en ongemak wat daar op daardie stadium gevoel word. Om op so ‘n manier deur die HERE gebruik te word is een van die grootste en mees onbaatsugtigste vorms van naaste liefde wat jy ooit kan doen. Jou beloning, omdat jy bereid was om in die bresse te tree vir iemand anders, gaan baie groot wees!

Julle moet ook weet dat satan jou geliefdes teen jou gaan gebruik om by jou te kan uitkom as die direkte benadering nie meer werk nie. Die HERE laat satan toe om dit te doen omdat Hy wil sien of jy die rondom jou meer lief het en of jy bereid is om alles op die altaar te sit vir die HERE. Onthou wat Jesus in Mattheus 10:37 gesê het:  “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.”

Die HERE weet maar net te goed hoe moeilik dinge vir ons is, maar Hy vra dat julle altyd op Sy wysheid sal staatmaak. Hou vas aan die HERE; hou vas so styf soos wat jy kan. Die HERE is die hele tyd met jou, selfs al kan jy hom nie sien nie, is Hy die hele tyd daar en sien Hy alles! Die HERE sal nooit toe laat dat jy bo jou kragte versoek word nie, maar Hy wil ook hê dat jy die hele tyd moet aanhou vorentoe beweeg. Moenie stilstaan nie! Jy is op die punt om ‘n deurbraak te maak, so hou dus aan moet stap, een voet voor die ander.

Julle sien, hoe moeiliker dinge gaan, hoe meer mense het die HERE nodig om in saam met Hom in die bresse te tree vir hierdie wêreld voor God die Vader. Hierdie is ‘n baie moeilike plek om in te wees, maar die beloning gaan meer as opmaak vir elkeen wat bereid is om die las van ‘n ander te dra!

Jy moet weet dat jy nie die enigste een is wat op hierdie oomblik swaar kry nie. Daar is baie mense reg oor die wêreld wat deur presies dieselfde ding gaan waardeur jy nou gaan. Die opposisie is enorm groot en dit word groter soos die tyd van die wegraping al hoe nader kom. Maar die HERE is besig om genade uit te deel vir die wat aanhou loop en dis waarom dit so belangrik is op te staan en verder te loop.

Die HERE weet dat sommige van julle opgegee het en nou vassit in die modder. Die HERE verstaan waardeur jy is, maar nou is die tyd om op te staan en om die aanwysings wat die HERE in jou hart geplaas het te volg. Klim uit, want die keer gaan jy suksesvol wees. Hou vas aan die HERE vir die motivering wat jy nodig het om te kan begin. Moenie meer bekommerd wees oor die wat jou voorheen tee gegaan het nie. Gaan net voort en hou aan met stap. Die HERE het engele aangestel om jou te help en satan sal nie oorwin as jy aanhou stap nie. Hierdie padblokkades wat jou nou in die gesig staar sal val voor die HERE, maar dan moet jy bid en aanhou om die HERE te ontmoet in jou geheime plek vir motivering.

Die keuse is nou joune, liewe Kind van God. Jy het baie roetes wat jy kan volg. Kies die beste en die hoogste een; die een waarvoor jy geroep is en los al die ander. Moenie meer terug kyk nie! Dit wat jy verloor het is nie die moeite werd om na te jaag nie. Dinge soos familie en jou beroep kan in die pad van jou vooruitgang staan as jy dit gaan toelaat. Nou is die tyd om die keuse te maak en te besluit om nie langer jou lewe te lei vir iets wat van minder waarde is nie. Jy is geroep om baie meer te wees as dit!

Jou keuse gaan in sommige gevalle die om jou seer maak, maar dit gaan die HERE baie gelukkig maak met jou. Jy gaan soveel geluk en vrede vind om hierdie keuses te maak, dat jy dit nooit sal verwens nie. Maar jy gaan moet vashou aan die HERE of anders gaan jy dit nie maak nie. Hou jou oë op die HERE en die doelstellings wat julle saam gemaak het, want op hierdie manier sal die vyand dit nie regkry om jou van stryk af te bring nie. Jy en Jesus sal dan saam werk!

Prys Sy wonderlike Naam!

(Visited 105 times, 1 visits today)