Jesus begeer om deel van ons lewens te wees en Hy wil ‘n intieme deel van ons lewens wees, waar ons Hom met alles in ons lewens wil vertrou.
Vra daarom vir Jesus om jou te help inkopies doen en kyk dan hoe maklik dit sal gaan! As jy in die ry staan om te betaal, vra vir Jesus om jou oë te beskerm sodat jy nie iets sal sien wat jy nie moet nie. As jy huis toe gaan, dan wil Jesus hê dat ons moet vra vir hulp om alles weg te sit. As jy jou Bybel oop maak om te lees, dan wil Jesus hê dat jy moet vra dat Hy jou sal salf sodat jy die regte gedeeltes moet lees wat vir jou bedoel is.
Baie van julle het al idees van die Heilige Gees ontvang op die mees onverwagte tye: terwyl jy besig was om die skottelgoed weg te sit, oor die parkeerplek by die werk te loop, saam met vriende of terwyl jy na die werk gery het. Hierdie is die tyd wat Jesus wil hê dat ons ons lewens met Hom moet deel soos wat ons met ‘n vriend sal deel of met jou eggenote terwyl hy of sy oorkant jou sit. Deel jou emosies met Jesus en vra Hom om dit vir jou uit te sorteer.
Ons tree op asof ons heeltemal alleen is ten spyte van die feit dat Jesus so ‘n werklikheid vir ons is. Ons doen dinge konstant op ons eie sonder om vir Jesus te betrek en dit is wat Jesus wil hê ons moet aan werk. Ons dae is lank, gefrustreerd en onproduktief, omdat ons nie om hulp vra nie. Hierdie wêreld is vol demone wat maar net te gretig is om ons aandag af te lei met ‘n interessante brokkie nuttelose inligting sodat ons nie op Jesus moet fokus nie en voor jy jou kom kry is jy so afgelei dat jy besig is om iets heeltemal anders te doen as wat jy beplan het!
In hierdie wêreld het ons drie bene nodig om op te staan: Jesus wil graag daardie derde been wees deur konstant deel van ons lewens te wees. Daar is engele wat ons beskerm, maar hopeloos te veel kere om eers op te noem, neem ons aan dat ons alles op ons eie kan doen. Daar is so baie maniere wat satan ons kan aflei van dit wat ons werklik moet doen, dat baie van ons nie klaar kry met ons daaglikse take nie en dan sê dat môre nog ‘n dag is. Dit is die uitdrukking wat verloorders maak; nie Kinders van die HERE nie! Vra dus om hulp voor jy enige iets doen en kyk hoe produktief gaan jy wees!
Onthou dat satan jou baie goed ken; beter as wat jy jouself ken. Hy weet presies watter knoppies om te druk wat jou sover gaan kry om in die rigting te beweeg wat hy jou in wil hê. Maar wanneer Jesus aan jou sy is en jy bewus is van Sy teenwoordigheid en jy om hulp gevra het, dan beskerm Hy jou teen die verkeerde rigting. Satan word dan skadeloos gestel! Saam met Jesus en Sy hulp kan ons elke dag eindig in danksegging, wetende dat ons net ons beste gedoen het.
Satan spesialiseer in verwarring en hy het eeue gehad om sy tegnieke te vervolmaak! As hy daarin kan slaag om jou te verwar, dan het hy gewen, maar as jy nederig is en saam met Jesus loop, dan sal jy beskerm word en dan sal daar geen verwarring meer wees nie! Dis klaar vir satan frustrerend dat jy Jesus bo hom gekies het en as jy nou nog vir Jesus in jou lewe gebruik, gaan jy hom baie kwaad maak!! Volg daarom vir Jesus en jy sal outomaties ‘n baie kleiner teiken word vir satan om te treiter.
Jesus vra dat ons in samesyn met Hom moet wees, Hom moet vertrou en ons lewens met ons deel. Ons mors so baie tyd deur alles op ons eie te wil doen en dit is so onnodig. Leer dus om Jesus te vertrou in alles aspekte van u lewe, liewe leser. As u my nie glo nie, probeer dit en kyk of dit gaan werk!
Mag die HERE hierdie boodskap seën!