Jesus het baie kuddes wat Hy in Sy wysheid lei en dat die leiding van elkeen van hierdie kuddes uniek aan daardie spesifieke kudde is.
Julle wat hierdie boodskap nou lees is hier omdat Jesus ‘n plan met julle het. Daar is iets in hierdie bediening wat uniek is en Jesus het jou hier gesit sodat jy op Sy spesiale manier gevoeg kan word. Wanneer dit tyd word om aan te beweeg, dan sal Jesus voorsiening maak vir jou om oor te skuif na ‘n ander kudde sodat jy verder in die Gees sal kan groei. Hierdie nuwe kudde sal weer beter toegerus wees met die voedingstof wat jy nodig gaan hê om verder te kan groei in die HERE. Jesus sal dan weer iemand anders in jou plek stuur om hier gevoed te word en so sal die leemte wat geskep word gedurig gevul word.
Dis dan ook waarom die Boodskap van die HERE van kudde tot kudde verskil. Dis nie ‘n geval van die een leraar wat reg is en die ander een wat verkeerd is en nou reggehelp moet word nie! Dis ook waarom dit so skadelik vir jou groei is om tussen kuddes rond te spring en leraars se boodskappe met mekaar te vergelyk, want dit belemmer jou eie groei. Op die manier kry jy voeding in wat vir jou bestem is, maar ook nie vir jou bestem is nie. Jesus waarsku ons hierteen in Spreuke 5:15 “Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.” En dit beteken; moenie water uit verskillende kuddes se reënbakke en strome drink nie.
Julle sien; Jesus het ons groepie bymekaar gebring met ‘n rede en Hy is besig om ons te vorm op ‘n baie spesifieke manier, uniek aan ons. Die wyse waarop Hy ons lei is nie net profeties nie, maar intens gefokus op ons voorbereiding as Bruid vir Hom met die deugde waarvoor Hy so lief is. Wat hy doen met ander leraars is weer uniek aan hulle.
Moet dus nie rondspring tussen kuddes nie en moenie vergelykings tref met die boodskappe van ander predikers nie. Vertrou op Jesus dat Hy inderdaad ons bak met strome van seën sal vul net soos Hy die bakke van ander leraars ook vul op Sy eie spesiale manier.
Watter lieflike vrug dra ons nie vir Jesus deur ons gehoorsaamheid nie! Soos Jesus ons vorm, verander Hy ook hierdie wêreld en Hy doen dit op Sy eie spesifieke manier, sodat ons moet verstaan dat Hy ‘n plan met ons het, nie net nou in hierdie wêreld nie, maar ook in die hiernamaals.
Jesus wil ons op die punt van ons sitplekke hê en daar hou sodat ons die beste kan doen wat ons kan deur intens te bid vir die wat ons nie ken nie. Bly op julle knieë en hou op om tussen kuddes rond te spring. Verneder julle self en hou vas aan Jesus se kleed. Ons sal sekerlik nooit besef hoe kragtig nederigheid voor Jesus en die inwoners van die Hemel is nie. Laat daarom vir Jesus toe om fyn verstellings in jou lewe te maak sodat jy sal uitdraai as die perfekte Bruid vir Hom! AMEN!
Mag die HERE hierdie boodskap seën!