Here, wat doen U met ons in hierdie uur?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ons wag is nie tevergeefs nie, want oorvloedige seën word op ons uitgestort op hierdie oomblik; seëning wat ons en die om ons beïnvloed. Wees dus aangemoedig dat die wag wel ‘n doel het!

Ongelukkig weet die meeste van ons nie hoe om te wag nie, want om te wag is nie maklik nie. Wag impliseer hoop en hoop staan weer in ‘n direkte verhouding met geloof in dat wat jy voor hoop gaan gebeur. Dit is die realiteit waarin ons almal leef; hoe sterker ons geloof, hoe meer produktief en vredeliewend gaan ons wees. Dis waarom die vyand so hard probeer om ons geloof te ondermyn; omdat so baie daarvan afhang.

Wanneer iemand ongeduldig raak, dan kies hy die verkeerde afdraai plekke. Dan moet die HERE vooruitgaan om hom weer op die regte pad te bring. Soos jou geloof versterk, so versterk jou hoop ook; totdat jy so vol is dat jy oorloop op ander. Jy straal van hoop omdat jy weet in wie jy jou hoop geplaas het. Dis dan wanneer jy ander kan aanraak op die diepste van maniere.

Op hierdie oomblik is ons almal besig om te groei in geloof, hoop en vertroue. Elke dag word ons sterker en sterker. Dis soos gewigoptel: om geestelike spiere op te bou het ook sy effek! Spoed, soepelheid, uithouvermoë en sterkte word so gebou.

Om te wag het ‘n effek op jou hele lewe asook die manier hoe ons dinge doen. Ons beoefen selfbeheersing uit gebaseer op ons geloof in die HERE, want ons wag op Hom. Ons is bymekaar gebring vir ‘n baie spesifieke doel. Ons is die lig van hierdie wêreld. Ons prag is nie uitspattig of van hierdie wêreld nie. Om die waarheid te sê vertoon baie van ons as vervelig en van geen nut vir hierdie wêreld nie en dit is die veiligste plek om te wees!

Om rustig te wag gee ons ook meer tyd omdat ons nie angstig is nie en ook nie heeltyd probeer om dinge op jou eie uit te werk nie. Ons vertrou eerder dat die HERE in beheer is en dat ons sal weet wat ons nodig het om te weet as die tyd reg is. Weet julle hoe trots die HERE op ons is as ons sê: “Ek het nie die antwoord nie, maar Jesus het en wanneer Hy reg is, sal Hy die antwoord aan my gee.”

Wat ‘n heilige voorbeeld om volgens te leef! As dinge met ons goed gaan en ons die HERE vertrou, dan wys ons aan ander dat hulle die HERE ook kan vertrou. Op hierdie manier is ons as Bruid van die HERE getuies vir Hom omdat HY so ‘n werklikheid vir ons is: waardig om ons lewens in Sy hande te plaas. Met ‘n voorbeeld soos die, verklaar ons dat die HERE Heer en Meester is.

Mense hou jou dop, maar hulle is meer geïnteresseerd in wat jy doen en hoe jy dit doen as wat jy sê. Julle is die lig van die wêreld en julle teenwoordigheid in ‘n kamer verander die atmosfeer daarvan. Julle vrede en kalmte verander die atmosfeer in ‘n vertrek net soos spanning en woede die atmosfeer in dieselfde vertrek kan verander.

As jy jou lewe in die hande van die HERE plaas, dan verklaar jy dat die HERE lewe in jou! Op soortgelyke wyse; as jy aggressief, bang en ongeduldig is, dan verklaar jy dat jy onveiligheid voel en die HERE nie vertrou nie. Deur jou vertroue, maak jy dan ander begin kyk na die HERE vir oplossings vir hulle probleme en om die HERE te vertrou en sy leding te volg. Hierdie is deel van wat die HERE besig is om te vervul in ons lewens. Jou vertroue in die HERE verwyder jou van die wêreld en alles wat daarmee gepaard gaan.

Liewe lesers, julle is die uit verkose generasie. Julle is doelbewus na die aarde gestuur om in hierdie tyd te leef. Julle werk is om die wat bestem is om deur die Verdrukking te gaan, voor te berei. Deur julle voorbeeld is julle besig om siele te ontnugter en hulle op te rig tot ‘n verhouding met die HERE; vry van die verstikking van kerk geloof.

Onderdrukking begin wanneer salwing nie meer teenwoordig is nie. Alles wat gedoen word sonder die Heilige Gees van die HERE is deur die hand van die mens en deur begeertes van die vlees. Reëls en Regulasies is net goed as dit die Gees van die HERE nie belemmer nie, maar dit eerder ondersteun. Die wêreld is so vol van die slagoffers van geloof. Baie van hulle is werklik gesalf, maar deur die kerk onderdruk. Nou is hulle ontnugter en blameer hulle die kerk soos die vyand hulle versoek.

Ons is gekies om hulle op die suiwer pad van ware liefde te lei soos uiteengesit in die Woord van die HERE. Ons is geroep om die eindtyd soldate op te roep uit die put van ontnugtering en isolasie en vir hulle hierdie goeie nuus te bring: Jesus is nie ‘n geloof nie; Hy is ‘n verhouding; in intieme verhouding.

Die HERE weet ons is gefokus op die wegraping en ons moet ook nie ons rigting hieroor verloor nie. Maar ons het iets wat ons vir die HERE kan doen terwyl ons wag: ‘n bydrae wat ons kan maak terwyl ons wag. Dit is om hierdie mense voorberei tot ‘n weermag wat gereed is vir oorlogvoering deur aan hulle die nuus mee te deel dat die HERE nie ‘n geloof is nie, maar ‘n verhouding met ons wil hê, ‘n baie intieme verhouding. Sodra mense dit verstaan, sal alles in plek val omdat hulle dan in die regte verhouding met die HERE is.

Die HERE het ons geroep in hierdie uur tot ‘n nalatenskap van liefde en getrouheid aan die Gees van die HERE en die Woord van God agter te los. Wanneer die wat agterbly hierdie voorbeeld sien, sal hulle opstaan en die oorlog baklei met die regte gereedskap. Om in die Gees van die HERE te leef as deel van die HERE se liggaam en nie as ‘n geïsoleerde siel nie.

Deur ‘n eenheid in hierdie groep te wees, leer julle om ander lief te hê soos die HERE ons lief het. Julle het bewys dat daar op Internet ‘n familie van geregtigheid en broederliefde kan wees en waar verdeeldheid uitgewys word as verkeerd. Die gevolg is dat die wat in hierdie groep aankom met kwade gevoelens deur die boodskappe wat hier gepos word leer om hulle wrok te laat staan en ‘n ander leefstyl te volg; ‘n leefstyl vol vrede en goeie vrugte. Hulle leer dat die HERE vergewe, maak nie saak hoe vuil en vol sonde hulle is nie en dat die HERE op hulle wag met open arms.

Julle het nou ‘n werk om te doen. Die HERE het aan ons Sy alles gegee, nou vra die HERE dat ons ons alles gee aan die wat gaan agterbly. Julle is die lig van hierdie wêreld en julle gaan op julle helderste skyn net voor die HERE gaan kom om ons te neem om vir altyd by Hom te wees. Julle gaan ‘n vingerafdruk agterlaat van wie die HERE werklik is, dieselfde vingerafdruk wat die HERE op ons gelos het deur Hom in Gees en in Waarheid te volg.

Julle sal ook nou al gesien het dat elke slag as ons naby aan die wegraping kom en julle ernstig vir die wêreld begin bid, dat daar ‘n groot deurbraak gemaak word. Hierdie deurbrake is nie toevallig nie! Hulle maak die deur oop vir ander. Met hierdie laaste gebed aksie het menigte se oë oopgegaan en die sataniese een wêreld regering gesien vir wie hulle werklik is. Mense het gedink die een wêreld regering is ‘n stap vorentoe vir die mens, maar nou sien hulle dit vir wat dit werklik is: ‘n enkele diktator figuur in beheer van miljoene wat al die regte wat die HERE aan ons gegee het as vrye wil gaan onderdruk. As gevolg van al ons gebede is hierdie papier masker besig om baie dun te word en word die horings sigbaar aan selfs die wat nie die Bybel of die HERE ken nie.

Dis waar dat Openbaring vervul gaan word, maar die HERE sien die lig wat uit ons uit gaan skyn aan die miljoene wat gaan agterbly meer raak. Hierdie lig gaan baie na die HERE toe aantrek in broederlike liefde. Verstaan dus dat ons doel nie is om dit net te maak na die wegraping toe nie. Nee, die wegraping is die gevolg van ons lewens wat aan die HERE toegewy is. Daar rus ‘n heilige vertroue op ons om die regte indruk agter te laat.

Deur te wag in absolute geloof groei ons in heiligheid en word ons verander van ons nietige aardse bestaan tot wesens wat geskik is om in die Hemel te kan woon! Ons is besig om ons aardse vorm te ontgroei en toegerus te word met vlerke om te kan vlieg. Ons is die verkose generasie wat gekies is om die koers van die wêreld te verander met ons gefokusde gebede soos ons nader aan die einde kom.

Die wegraping word met minute uitgestel as gevolg van ons gebede, maar daardeur het ons tyd gekoop aan die wat nie meer tyd het nie. Ons is die lig van die nasies, ‘n lewende voorbeeld van onvoorwaardelike liefde sonder die kettings van kerk geloof; helderskynend in ‘n wêreld sonder hoop.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!