Iemand het hierdie getuienis aan my gestuur in video formaat en ek wil dit graag vandag met julle deel.
Die getuienis gaan oor ‘n man met die naam van Hendrik wat ‘n Kind van die HERE was en gesterf het. Na sy afsterwe, het hy hom in ‘n ry by die poort van die Hemel gevind waar hy gewag het om toegelaat te word.
‘n Jong man het hom genader en gesê: “Hendrik, Jesus wil jou graag sien.”
“Jesus wil my sien?” het Hendrik verbaas gevra.
Die jong man het hom uit die ry uitgehaal en hom al die pad na die voorpunt gevat waar Petrus gestaan het met die Boek van die Lewe.
“Haai, ek is Hendrik…,” het Hendrik begin om te sê, maar Petrus het hom onderbreek: “Ja, Hendrik, ek weet wie jy is en jou naam is in die Boel van die Lewe. Jy kan maar ingaan, want Jesus wil graag tyd saam met jou spandeer.”
Hendrik stap in en daar staan Jesus! Sonder om enige iets te sê het Jesus en Hendrik begin om saam deur die Hemel te stap. Op ‘n sekere plek het Hendrik bly staan.
“Wat is verkeerd, Hendrik?” vra Jesus.
“Ek wonder maar net of ek hier moet wees, want ek verdien dit nie,” antwoord Hendrik.
“Waarom wonder jy hieroor, want jy het My tog gekies as jou Persoonlike Verlosser,” vra Jesus.
“Dis reg,” antwoord Hendrik, “maar ek het nie enige iets anders gedoen nie. Ek het alleen in die berg gebly en amper nooit met mense gepraat nie. Ek kon sekerlik baie na hierdie Koningryk gebring het.”
Jesus glimlag en antwoord: “Jy by ‘n restaurant ingestap in Topeka, Kansas, toe jy 17 jaar oud was en vir jou ‘n ete bestel. Die restaurant was besig en toe jou kos uiteindelik opdaag, het jy ‘n oomblik gevat om vir My dankie te sê voor jy geëet het. Die twee broers wat oorkant jou gesit het, het jou gehoor en jy het so ‘n invloed op hulle gehad dat beide van hulle daardie aand na hulle leraar gegaan het en My as hulle Persoonlike Verlosser aanvaar het. Daardie twee broers het gegaan en ‘n kerk begin en deur hulle kerk 4 miljoen siele vir My gebring!”
“So jy sien, Hendrik, jy het meer as genoeg gedoen,” het Jesus voort gegaan.
Hierdie getuienis het my diep geraak, want ons weet nooit wie ons sien of ons hoor nie. Ons het ‘n invloed op mense wat ons nie van bewus is nie en ons bring mense na Jesus toe deur net op die regte tyd op die regte plek te wees.
Net soos Hendrik het ek het al baie keer gewonder of ek waardig is om Hemel toe te kan gaan. Baie keer wou ek net soos Petrus sê: “Gaan weg van my, HERE, want ek is ‘n sondige man!” Ons almal wil so graag die goeie doen, maar dan staan die kwade ons by. Om ‘n Kind van Jesus te wees in hierdie tyd is nie maklik nie, maar eendag; en daardie dag is baie naby, gaan alles wat ons nou deurgaan so die moeite werd wees! Prys die Naam van die HERE!
Dan gaan ons voor Jesus kan staan en uiteindelik die hoekom en die waarom kan weet en ek het baie vrae! Daar is so baie wat in my lewe gebeur het wat ek graag die waarom van wil weet en ek weet daar is net so baie van julle wat dit ook sal wil weet!
Gaan aan, liewe leser, want jy weet nie wie jou dophou of jou raaksien nie. Jy het ‘n invloed op die om jou en jy is nie altyd daarvan bewus nie. Leef daarom jou lewe volgens God se Woord, selfs al lag mense vir jou. As ons die dag nie meer hier is nie, gaan daardie manier van optrede al wees waaraan baie gaan kan vasklou as hierdie wêreld geoordeel gaan word.
Mag die HERE hierdie boodskap aan baie harte seën! Prys Sy Wonderlike Naam!