Kan ons onsself red?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Voordat julle nou te veel na die titel van vandag se boodskap kyk en wonder hoe dit van julle op toepassing is, wil ek hê dat julle eerder die hele boodskap moet lees!

Ek wil graag die hele proses deur die grafiek hier onder verduidelik, so lees asseblief die hele boodskap om alles te kan verstaan.

‘n Mens se lewe word bepaal deur die aantal jare wat ons deur God se genade gegun word. Aan die onderkant van die grafiek is die jare wat ons gegee word om te lewe en aan die linker kant die persentasie waarde van die goeie of slegte dinge wat ons doen. Die groen lyn stel voor die aantal goed of sleg wat ons doen.

Soos julle weet is dit vir geen mens moontlik om beter as 100% te kan doen nie. Dis wat die rooi lyn in die middel van die grafiek voorstel. Maak nie saak hoe baie goed jy doen nie, daar is geen manier wat ons genoeg goed kan doen om ooit deur die 100% merk te kan breek en ons sodoende onsself in die hemel te kan inwerk nie. Daar is wêreldlinge wat met my gaan verskil oor die een, want baie reken dat as hulle ‘n “goeie” bestaan voer; hulle hemel toe sal gaan, maar Jesus is baie duidelik hieroor as Hy in Johannes 14:6 sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Jesus is die enigste pad Hemel toe! Daar is geen ander een nie, maak nie saak wie wat sê nie! Einde van argument!

Die persoon deur wie die grafiek voorgestel word het verskeie goeie en slegte dinge gedoen voor ouderdom 25 jaar. Sy uiteinde, as ons na die grafiek kyk, sou die hel gewees het ten spyte van al sy pogings. Op ouderdom 25 jaar het hy sy Saligmaker ontmoet en onmiddellik het hy saam met Jesus oor die 100% merk beweeg! Van toe af, is hy bo die 100% merk en op pad hemel toe! Hy het daarna weer goed en sleg gedoen, maar sy pad hemel toe was gewaarborg na die dood!

Die van julle wat Jesus as julle Saligmaker aanvaar het, is ook bokant die 100% merk van die grafiek hierbo. Dit is vir ons as geredde mense fisies onmoontlik om ooit weer onder die 100% merk te val ongeag hoeveel goed of hoeveel sleg jy doen. Jesus se in Johannes 10:28 die volgende: “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Jesus bevestig dus hier, dat as ons gered is, ons nie weer onder die 100% merk val nie. Ons pad hemel toe na die dood is dus gewaarborg!

Die vraag op baie van julle se gedagtes is seker dat as ons gered is, ons nou ‘n sondig-soos-wil kaartjie het. Ongelukkig werk dit nie so nie. In Levitikus 20:26 sê die Here: “En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.” Ons moet dus ‘n poging aanwend om van sonde ontslae te raak en die Heilige Gees in ons lewens te laat werk.

Sal die Here ons uit die Hemel uitskop as ons baie sondig as ons gered is? Nee, dit sal ook nie gebeur nie, maar onthou dat ons almal beloon gaan word vir ons dade op aarde. Hoe groot of hoe klein jou beloning gaan wees, gaan afhang van wat ons nou doen en in hoe ‘n mate sonde in ons lewens ‘n rol gespeel het. Daar gaan mense wees wat met leë hande voor die Here gaan staan… Of jy een van hulle gaan wees, hang geheel en al af van wat jy nou doen.

Om dus op te som: ons kan onsself nie red nie, want geen aantal goeie dinge wat ons doen kan vir ons ‘n plek in die hemel besorg nie. Daarvoor het ons Jesus nodig, want Hy is die waarheid, die weg en die lewe hemel toe. (Johannes 14:6) Ons  wat gered is, het ‘n kaartjie om te kan sondig soos ons wil nie, ten spyte van die feit dat ons gered is. (Levitikus 20:26) Ons bewys ons liefde vir die Here namate ons nee sê vir die sonde.

Bogenoemde grafiek is nie van toepassing op die wegraping nie. Hierdie grafiek is slegs om iemand se redding te illustreer en of hy of sy verlore gaan aan die einde van hulle lewe of nie. Om die wegraping te kan mee maak, gaan afhang in hoe ‘n mate u Heiligmaking nagestreef het en u Liefde vir Jesus deur nee te sê vir sonde. Onthou dat God vir ons reëls gegee het om volgens te lewe en u bewys u Liefde vir Hom deur daardie reëls te volg, nee te sê vir sonde en u naaste lief te hê soos uself.

Mag die Here hierdie boodskap seën!

 

(Visited 180 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .