Maak gereed, die Koning kom!

As ons so nou en dan terugkyk in ons lewens pad, dan besef os dat die pad wat die HERE met elkeen van ons loop nie altyd ‘n maklike pad is nie.

Ons wat gered is, weet dat die wegraping binnekort gaan plaasvind. Ons kan dit aanvoel en die tekens is almal daar! Tog maak bitter min Christene gereed vir hierdie groot dag! Die wegraping gaan ‘n dag van rou wees vir hierdie aarde, maar terselfdertyd gaan dit ‘n dag wees van groot blydskap wees in die Hemel! Ongelukkig gaan nie alle Christene nie gereed wees vir hierdie dag nie, omdat hulle nie Heiligmaking nie nastreef nie! Nou wat word bedoel met “heiligmaking”? Kom ons kyk!

In Efesiërs 5:1-8 vind ons die eerste antwoord: [1]  Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; [2]  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur. [3]  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam; [4]  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging. [5]  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie. [6]  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. [7]  Wees dan nie hulle deelgenote nie. [8]  Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.”

As jy jouself daarop beroem dat jy ‘n Kind van God is, dan moet jy optree soos ‘n Kind van God! Jesus sê dat jy die boom aan sy vrugte sal herken! Hoe lyk die vrugte wat jy dra, liewe leser? Dra jy soet sappige vrugte of is jou boom vol dorings met dodelike gif? Aan jou optrede sal jy dus herken word.

Moet geen deel hê aan sonde nie; is die tweede vereiste van Heiligmaking. Ek gaan nie met julle doekies omdraai nie… Hierdie is geen maklike taak nie, want ons teenstander is slu en hy speel op jou menslike swakheid! Selfs al probeer jy om Heilig te leef, tel dit meer as wat jy dink! Ons almal oortree, want ons is mense en ja, ek sluit myself daarby in, want ek oortree ook. Maar ek hou aan probeer en as ek oortree het, gaan vra ek vergifnis vir my oortreding.

Dis waarom jy vir Jesus so nodig het in jou lewe en dis waarom bid so ‘n integrale deel van Christen wees is. Jy moet elke dag vergifnis gaan vra vir jou oortredinge: die wat jy gedoen het uit swakheid uit asook die wat jy onbewustelik gedoen het. Verstaan julle nou waarom Jesus in Lukas 21:36 sê “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”?

Vlug vir alle vorme van onreinheid! Soos daar in vers 5 staan: “Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.” Die betekenis van hierdie vers is maklik: as jy Heiligmaking nie nastreef nie, sal jy nie geneem word in die wegraping nie. Moenie dat satan vir jou wysmaak dat Jesus sal verstaan nie, want hier lees jy dit nou met jou eie oë! Jy sal jou erfdeel aan die Koningryk verbeur as jy nie heilig lewe nie! Einde van argument!

Kom ons lees van vers 14 af vêrder: [14]  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. [15]  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; [16]  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.”

Nou dat jy die waarheid weet, ontwaak dan en staan op! Wandel soos ware Kinders van God en koop die tyd uit met goeie dade! Wees lief vir jou naaste, doen goed aan die wat jy goed kan doen aan terwyl ons nog tyd het.

Jesus sê dat die wegraping soos ‘n groot skrik oor die aarde sal kom. (Lukas 21:36) Ek kan julle verseker dat daar bloed gewaste Kinders van die HERE gaan wees wat gaan agterbly omdat hulle Heiligmaking nie nagestreef het nie. Laasgenoemde sal ook presies weet wat gebeur het en waarom hulle hier is, want Jesus se in Mattheus 7:22-23 [22] Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? [23] En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Liewe kind van die HERE; u het nou ‘n keuse om te maak. Gaan u een van die wees vir wie daar gesê gaan word om weg te gaan of gaan u Jesus se woorde hoor: Mooi so, goeie en getroue dienskneg? U het nou ‘n keuse om te maak.

Ek gaan afsluit met ‘n gedeelte in 1 Petrus 1:13-16 [13]  Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. [14]  Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. [15]  Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, [16]  omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.”

Mag die HERE hierdie boodskap seën aan julle harte!

(Visited 424 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .