Let op en kyk!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Omtrent elke vers wat ek in die Bybel deesdae kry wys op die HERE se spoedige terugkeer. Ek weet dat daar van julle is wat dit ook so ervaar.

Baie van julle wat gereelde lesers is sal oplet hoe die HERE besig is om julle gereed te kry. Baie van hierdie veranderinge is klein goedjies wat julle sekerlik nie dadelik sal oplet nie. In my eie lewe kom ek skielik beter oor die weg met mense wat ek nog nooit werklik oor die weg kon kom nie. Ek is meer vriendeliker en meer verdraagsaam.

Sommige van julle het julle het die begeerte gekry om julle te laat doop. Soos julle weet is die doop ‘n stap van gehoorsaamheid. Jy volg basies Jesus se voorbeeld deur simbolies die ou mens te begrawe en as ‘n nuwe mens uit die water uit op te staan. My siel juig vir julle wat hierdie stap gevolg het! Prys die Naam van Jesus!

Iemand het vir my ‘n groep op Facebook gewys wat my tot in my siel geskok het. Hierdie groep se siening is dat Jesus nie werklik bestaan het nie en dat Jesus ‘n versinsel van iemand se verbeelding was. Jesus se dissipels was niks anders as ‘n ekstreme terroriste groep nie. Dit laat ‘n mens wonder hoe dit moontlik is vir enige iemand om hierdie goed te glo, want Jesus se geboorte en Sy lewe word in die ou Testament op verskeie plekke met akkuraatheid voorspel. Sommige van hierdie voorspellings was 2000 jaar voor Jesus se geboorte al gemaak! Die antwoord op hierdie vraag is natuurlik omdat mense nie hulle Bybels lees nie. Hulle maak staat op dit wat hulle deur ander vertel word en so word hulle gesus om ‘n leuen te glo!

In Mattheus 24 lees ons hoe Jesus se dissipels aan Hom vra wanneer die einde gaan aanbreek. Hier is vir my so treffend, want van al die dinge wat Jesus sy dissipels van kon gewaarsku het, kies hy heel eerste hierdie woorde: “Pas op dat niemand julle mislei nie.” Julle weet; Jesus kon vir julle gewaarsku het van al die oorloë wat gaan kom of van al die aardbewings of van al die pes siektes, maar Hy doen dit nie. Die eerste ding uit Jesus se mond is: “Pas op dat niemand julle mislei nie.”

Liewe lesers, pasop vir die misleiding, want dis hier en dit is besig om nou te gebeur!

In 2 Tessalonisense 2:11-12 lees ons wat met mense gaan gebeur wat die waarheid nie wil glo nie: [11] En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, [12] sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” Verstaan julle nou waarom hierdie dinge moet gebeur en die verleiding daar moet wees?

Ek weet dat ek oor baie dinge nou skryf en nie net oor een onderwerp soos gewoonlik nie. Dis omdat ek wil hê dat julle moet oplet en kyk! Dis koms van Jesus vir Sy Bruid is baie, baie, baie naby! Ek kan aanvoel dat ons tyd baie minder is as wat selfs ek dink… Ek wens ek kan vir julle ‘n datum gee, maar die Bybel is baie duidelik oor datums! Niemand; nie eers Jesus weet wat die datum van die wegraping gaan wees nie. Net God die Vader weet en God die Vader steur Hom glad nie aan die mens se kalender nie. Dis waarom ek geen datum wil waag nie. Internet; veral You Tube, is vol video van mense wat datums voorspel. Ek wil nie so wees nie; dis waarom ek vir julle net sê om gereed te maak, want die tyd is baie min!

Daarom, liewe lesers, vra ek dat julle dit wat julle wil afhandel moet afhandel. Ek weet nie hoeveel tyd ons het nie. Doen goed aan die wat jy nog goed kan doen. Leef jou lewe om meer soos Jesus te wees, want niks gaan vir Jesus meer gelukkig maak as om te sien dat jy besig is met die dinge van Sy Vader as Hy gaan kom om ons te kom haal nie!

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 153 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .