Hierdie is ‘n baie moeilike boodskap om vir julle te bring, want ek weet maar net te goed hoe baie van julle die koms van ons Koning op die Wolke verwag…
Ek het hierdie week baie gebid. Ek was teleurgestel. Ek het gehuil by die HERE, maar God die Vader se besluit was gemaak. Meer tyd om gereed te maak sal vir ons gegee word.
Ek gaan met julle baie eerlik wees; hierdie wat vir my ‘n baie moeilike een om te verstaan. Ons is gereed. Ek het hard gewerk om almal wat my boodskappe lees gereed te kry vir hierdie oomblik. Om nou te hoor dat jy nog nie klaar is nie en dat nog meer van jou verwag word, was ‘n harde een om te aanvaar!
Jou eerste reaksie is om net alles te laat vaar en weg te raak. Miskien kan jy nou al jou wêreldse begeertes wat jy nog altyd wou vervul laat vervul. Die HERE het gesê dat sommige van julle dit sal doen, maar dis nou waar die toets van die ware Kind van die HERE inkom. Gaan jy bereid wees om saam met die HERE te staan en verder te baklei of gaan jy geheel en al tou opgooi? Gaan jy nou terug klim op jou huis se dak of gaan jy afkom om te help met die oes?
Ja, die HERE wys vir my dat van julle wat hierdie boodskap lees op julle huise se dakke sit in isolasie en net wag vir die wegraping om plaas te vind. As jy een van hierdie mense is, dan sê die HERE vir jou dat as jy dink dat jy saam met die wegraping sal gaan, maak jy ‘n groot fout! Die HERE soek werkers wat saam met hom wil werk, nie dak sitters nie! So, klim dus af van jou dak af en kom help!
Hoe kan ek help, HERE? “Deur My Gees jou te laat lei,” sê die HERE. Jy sal verbaas wees hoeveel mense jy na jou toe kan aantrek as jy net op die HERE se Gees staatmaak. As ek na ‘n winkel toe gaan, dan gesels ek met die kassiere, ek maak grappies met hulle en hulle onthou my. Hulle sien dat daar iets anders aan my is as aan die gewone deursnee kliënt, maar hulle weet nie wat dit is nie. Die hoek is in die water! Maar iewers gaan iemand my vra en dan sal ek gereed wees om hulle in te trek vir die HERE!
As ‘n reël, gee ek nooit geld aan enige iemand op straat nie, maar ek sal vir iemand kos koop om te eet. Weereens gebruik ek die Gees van die HERE vir leiding. Jy sal weet wanneer dit die regte ding is om te doen. Jy sal nie weet waarom jy weet nie, maar jy sal net weet. Gebruik die Gees van die HERE en jy sal verbaas wees hoeveel jy kan regkry.
Julle moet ook onthou dat die redding van siele vir die HERE Sy nommer een prioriteit is. Kom ons vat iemand van die Moslem geloof as ‘n voorbeeld. Hierdie mense is van kindsbeen af geleer dat die Christen geloof verkeerd is en dat hulle Christene moet haat. Kan jy jou die absolute skok voorstel vir iemand van die Moslem geloof as hulle die eerste keer met Christene te doen kry? Hierdie mense is vriendelik, hulle kyk nie op hom neer soos daar vir hom geleer is nie en hulle behandel hom soos een van hulle! Wat maak jy nou? Onthou dat hierdie persoon se geloof is gebou op leuens, maar dit wat hy sien en beleef is nie dit wat hy geleer was nie. Kan julle verstaan deur wat se wanorde hierdie persoon se gedagtes moet gaan?
Hierdie is die mense wat die HERE die graagste wil bereik voor hulle deur die hel van die verdrukking gaan. Julle moet onthou dat ons wat gered is veilig is, maar daar is baie daar buite wat nie is nie en hulle gaan die prys moet betaal met hulle lewens! Verstaan julle waarom ons meer tyd gegun word? Die HERE wil nie sien dat enige een van Sy Kinders, deur die hel van die verdrukking hoef te gaan nie. Dis egter ons werk om te sorg dat hierdie mense bereik word, liewe Kind van die HERE. Sommige van julle doen klaar uitstekende werk met die boodskappe wat julle of Facebook en ander sosiale media groepe pos. Die HERE sê dat Hy trots is op jou! Mooi so, getroue dienskneg! Hou so aan!
Dan is daar nog die draad sitters. Julle loop die grootste gevaar om agter te bly, want baie van julle hoor die boodskappe en julle let op na die waarskuwings, maar julle loop nog steeds in beide wêrelde. Jy probeer God en satan gelyk dien! Die HERE sê dat jy moet kies in watter kamp jy wil wees en jy moet NOU kies. As daardie basuin blaas sal daar nie vir jou tyd wees om vinnig van die draad af te spring in die regte kampie in nie. Jy sal agterbly! Klim dus af van jou draad af en kom help met dien oes!
Weereens kan ek nie vir julle sê hoeveel tyd ons gaan hê nie. Die HERE het die syfer van vier tot vyf jaag genoem, maar julle moet verstaan dat dit alles onderhewig is aan verandering. Die punt is om jou nie te veel te steur aan hoeveel tyd ons het nie, maar om te werk en die oes in te bring. Dis wat belangrik is! Self is ek bly as ek die einde van nog ‘n jaar sien.
Intussen sal die storms erger word en die aardbewings meer verwoestend. Julle sal dit in die nuus sien en in die media daarvan lees. Die droogtes sal erger word en die vloede baie sterker. Baie gaan sterf as gevolg hiervan. Sal jy gereed wees as jy een van die gaan wees wat gaan omkom?
Maak julle dus gereed, want ons tyd op aarde is nog nie verby nie. Dis min, baie min, maar nog nie verby nie!
Prys die Naam van die HERE!