Ons almal gaan een of nader tyd deur ‘n krisis van een of ander soort. Dit kan verskuiwings binne ons werk omgewing wees, of dalk in ons huislike omstandighede.
So het ek onlangs die storie gehoor van ‘n vrou wat op die punt was om uit die huis wat sy gehuur het gesit te word. Die eienaar het haar huurkontrak summier opgesê. Daar was ‘n ander plek vir haar gegee om in te bly, maar sy kon nie haar baie katte saam met haar neem nie. Die gebou het nie troeteldiere toegelaat nie. Haar katte was vir haar spesiale vriende en kon nooit vervang word nie. Die voordeel is dat die nuwe plek vir haar ander deure sal oopmaak sonder haar katte en nou weet sy nie wat om te doen nie. Sy moet nou kies tussen haar geliefde katte en ‘n ander beter woonplek.
Daar is tye in ons lewens wat ons sulke pynlike keuses moet maak om vooruit te kan gaan. Ons sien nie altyd wat die HERE besig is om te doen en waarom dit belangrik is dat ons vooruit moet gaan nie. Dis pynlik as ons dit wat ons aan gewoond is moet agterlaat…
Sommige keuses in die lewe is nie maklik nie, maar solank ons die HERE se leiding vra in alles wat ons doen, sal daardie leiding vir ons gegee word. Dan sal die keuses wat ons in die lewe moet maak ook baie makliker gaan. Ongelukkig is daar sommige wat verkies om hulle eie besluite sonder die HERE te neem. Vir hulle kan ons net jammer voel, want die besluit sou soveel makliker gewees het as dit die HERE se wil ingesluit het.
Vandag wil die HERE vir julle sê dat julle geensins bang hoef te wees om dit wat oud is agter te laat en die nuwe na te jaag nie. Onthou dat elke opoffering wat jy maak, self wanneer ons geliefdes moet agterlaat, ooit onnodig is nie. Die HERE gebruik elke opoffering om genade te gee waar dit die nodigste is. Geen ontbering is ook ooit sonder vergoeding nie. Partykeer word jy vergoed op Aarde en partykeer sal jy die vergoeding in die Hemel ontvang.
Die HERE roep sommige van julle om julle ou lewens agter te laat en die nuwe aan te kleef. Sommige sal selfs moeilike keuses moet maak voor die nuwe aangekleef kan word. Sal jy na die HERE kom en vra vir leiding? Die HERE wag vir jou om dit te doen. Die HERE sal jou help om die beter keuse te maak as jy Hom sal vra…
Die HERE lei saam met ons in die keuses wat ons maak. Hy verstaan maar net te goed dat daar herinneringe is wat nie maklik weg sal gaan nie. Die vyand wil jou baie graag sien val, maar die HERE wil jou graag sien dat jy die regte besluit maak. Daar is toekomstige geluk wat rus op jou besluit waarvan jy op die oomblik niks van weet nie. Dis waarom dit so belangrik is dat jy die HERE se leiding moet soek. Hy sal jou die leiding en die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan in hierdie tyd van krisis.
Onthou dat vandag die eerste dag van die res van jou lewe is. Jy is besig om die ou weg te skraap, skoon te maak en gelyk te maak. Jy is besig om die fondasie te lê en dis waarom die keuses wat jy moet maak so moeilik is, maar ook so krities is vir die toekoms.
Natuurlik is daar verskillende grade van keuses. Sal ek dit koop of nie; sal ek uitgaan of by die huis bly; sal ek verhuis of nie; sal ek die HERE by my besluite betrek of nie of sal ek eerder staat maak op die leiding van vriende? Daar is lae van keuses om oor te dink. Hoe meer jy jouself oor gee aan die wil van die HERE, hoe gelukkiger gaan jy in die toekoms wees. Hoe groter die ontbering, hoe groter die groei. Dis belangrik om die los ente van die verlede bymekaar te knoop voor jy vry gaan wees om aan te kan beweeg.
Onthou; die HERE is genade uit Homself. Hy weet jy lei op hierdie oomblik en Hy sal blydskap na jou hart terugbring. Vertrou net op Hom!
Die HERE is besig om uit te reik na jou toe. Met die HERE se genade sal jy deur hierdie tydperk van toetsing gaan in vrede. Die HERE lei saam met jou op hierdie oomblik en hy weet waardeur jy gaan. Hy sal jou nooit alleen laat nie en jy sal nooit alleen lei nie. Hy is aan jou sy en geluk wag vir jou, net soos die HERE beplan het.
Moenie moed opgee nie. Die HERE se genade is met Sy geliefdes en julle is die HERE se geliefdes!