Ons verlossing is naby

Jesus se koms is nou baie naby; voor die deur; hou dus goeie moed, liewe leser, want jou verlossing is naby!

Almal van julle weet sekerlik wat in die wêreld aan die gang is. Dis een groot gemors om die waarheid te sê… Wat reg is, is nou verkeerd en wat verkeerd is, is nou reg. Ons almal weet dat dinge nie so kan aangaan nie en dat iets groot iewers gaan gebeur en tot die wêreldlinge weet dit!

Jesus het ons vooraf gewaarsku in Johannes 16 wat alles gaan gebeur. Hoe ons uit die samelewing en die kerke geban gaan word en hoe die wat ons om die lewe gaan bring gaan dink dat hulle ‘n diens aan God bewys. Hulle gaan hierdie dinge doen omdat hulle God nie ken nie.

Jesus het ook gesê dat Hy die Trooster (Heilige Gees) sal stuur en dat Hy, die Gees van die Waarheid, ons in die hele waarheid sal lei. Deur die Gees sal toekomstige dinge aan ons bekend gemaak word omdat die Gees nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor sal oorvertel.

Jesus het ook gesê in Johannes 14 dat Hy gaan om vir ons plek voor te berei en as Hy klaar plek gemaak het, dan gaan Hy terugkom om ons te kom haal sodat ons ook kan wees waar Hy is! Ek praat die waarheid, liewe lesers, as ek sê dat daardie tyd amper hier is!

Ons het miskien nou droefheid soos ‘n vrou wat op die punt staan om te baar, maar binnekort gaan die baba gebore word en dan gaan daar nie meer aan die droefheid gedink word nie. Dan gaan daar net blydskap wees!

Moet dus nie bevrees word en struikel nie. Onthou dat ons in hierdie wêreld is, maar nie van hierdie wêreld nie. Wees eerder bly, want ons verlossing is nou baie naby!

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 241 times, 1 visits today)
Tagged , , , .

One Comment

  1. Ons het nodig om die woord en vermanings soos hierdie hierbo elke dag te hoor/lees om staande te kan bly!!!!
    Dis soos n “wedloop” wat ons hardloop,sommiges is al deur die wenstreep, ander is amper daar en ander het moeg geraak en loop instede van hardloop, ander weer het gaan sit en ander kruip . . . ander is net toeskouers!
    Mense . . . beur voort met alles in jou . . .RUN THE RACE!
    MARANATHA KOM HERE JESUS KOM!!!

Comments are closed.