Jesus wys vir my Johannes 16. Ek het die gedeelte al so baie gelees, maar vandag het dit vir my ‘n ander betekenis en ek gaan dit vir julle verduidelik.
Almal van julle weet sekerlik wat in Afganistan aan die gebeur is; van mense wat vlug voor die Taliban; van Amerika wat opgegee het en net weggehardloop het; van mense wat aan vliegtuie vasklou en dan dood val wanneer die vliegtuig opstyg… Dis ‘n gemors om die minste te sê. Lande wat op die beskerming van Amerika staatmaak, kyk nou met nuwe oë na Amerika en besef seker vir die eerste keer dat Amerika hulle nie meer kan beskerm nie. Ek praat nou van Israel en Taiwan…
Hierdie gebeurtenis maak die deur vir China oop om Taiwan te annekseer sonder enige werklike teenstand. Dit maak ook die deur oop vir die Gog en Magog oorlog om plaas te vind… Hierdie is die sleutelpunt gebeurtenis waarvoor ons gewag het, liewe lesers! Jesus gaan binnekort kom en dis nou maar wors!
Maar nou eers terug na Johannes 16. Jesus het ons vooraf gewaarsku wat gaan gebeur. Hoe ons uit die samelewing en die kerke geban gaan word en hoe die wat ons om die lewe gaan bring gaan dink dat hulle ‘n diens aan God bewys. Hulle gaan hierdie dinge doen omdat hulle God nie ken nie.
Jesus het ook gesê dat Hy die Trooster (Heilige Gees) sal stuur en dat Hy, die Gees van die Waarheid, ons in die hele waarheid sal lei. Deur die Gees sal toekomstige dinge aan ons bekend gemaak word omdat die Gees nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor sal oorvertel.
Jesus het ook gesê dat Hy gaan om vir ons plek voor te berei (Johannes 14) en as Hy klaar plek gemaak het, dan gaan Hy terugkom om ons te kom haal sodat ons ook kan wees waar Hy is! Ek praat die waarheid, liewe lesers, as ek sê dat daardie tyd amper hier is!
Ons het miskien nou droefheid soos ‘n vrou wat op die punt staan om te baar, maar binnekort gaan die baba gebore word en dan gaan daar nie meer aan die droefheid gedink word nie. Dan gaan daar net blydskap wees!
Moet dus nie bevrees word en struikel nie. Onthou dat ons in hierdie wêreld is, maar nie van hierdie wêreld nie. Wees eerder bly, want ons verlossing is nou baie naby!
Prys die Naam van Jesus!
Ons het nodig om die woord en vermanings soos hierdie hierbo elke dag te hoor/lees om staande te kan bly!!!!
Dis soos n “wedloop” wat ons hardloop,sommiges is al deur die wenstreep, ander is amper daar en ander het moeg geraak en loop instede van hardloop, ander weer het gaan sit en ander kruip . . . ander is net toeskouers!
Mense . . . beur voort met alles in jou . . .RUN THE RACE!
MARANATHA KOM HERE JESUS KOM!!!