Hierdie boodskap is ‘n liefdesbrief brief van Jesus, maar dis nie net ‘n aanmoediging nie; dit getuig ook van Jesus se liefde vir Sy Bruid.
As jy hierdie boodskap lees, dan is dit vir jou bedoel, want Jesus sê dat baie hierdie boodskap gaan ignoreer of net gaan uitvee sonder om dit te lees. Jesus wil hê dat jy moet weet dat jy baie kosbaar vir Hom is en dat sy Vader Hart van blydskap klop as jou naam in die Hemel genoem word. Jy is die goeie saad wat gesaai is, want ontkiem het en nou goeie vrug voortbring: dertig, sestig en honderd voudig! Jou boom in die Hemel is so groot en sterk dat die voëls daarin nes maak en hulle kleintjies in die takke grootmaak. Jesus sê dat Hy nie kan wag vir jou om in die Hemel aan te kom sodat Hy jou kan beloon vir al jou harde werk nie. Daardie dag is naby en dit gaan gebeur, maar tot dan, moet jy geduldig wees.
Dan wil Jesus ook vir jou sê dat jy nie moet luister wat mense se en dink nie. Wat hulle ook al sê en dink is van geen belang nie, want dis wat Jesus dink wat werklik saak maak; nie wat mense dink nie. Jesus sê dat Hy sien wat die mense nie kan sien nie en dis wat in jou hart aangaan. Jesus weet wat jy dink en wat jy voel en hy weet hoe jy sukkel om jouself rein te hou. Jy moet weet dat al hierdie dinge nie ongemerk gaan nie. Jesus sien die slaggate wat satan vir jou stel en hy sien hoe jy met Sy Gees hierdie slaggate omseil. Elke plan wat satan teen jou smee loop op mislukking uit en hy vloek jou naam daaroor.
Jy hoef egter nie daaroor bekommerd te wees nie, want solank jy in Jesus die wynstok bly en stewig geanker is in Sy Woord, kan satan niks teen jou doen nie. Hy kan raas, skel en vloek, maar dis sover as wat hy kan gaan. Bly daarom in die wynstok Jesus, want solank jy in die wynstok bly, sal jy veel vrug dra. God die Vader sal jou skoonmaak sodat jy nog meer vrug kan dra! Ja, soms is dit ‘n proses wat met pyn saamgaan, maar die resultaat is veel meer werd as die tydelike ongemak van die snoeiskêr en as jy terugkyk en sien waar jy was en waar jy nou is dan sal jy sien dat die snoei absoluut die moeite werd was.
Vir nou moet jy jou oor niks bekommer nie. Die wêreld gaan deur ‘n moeilike tyd, maar groot en deels omdat hulle weier om vir Jesus te ken. Jesus sê dat Hy al so baie keer hierdie wêreld bymekaar wou bring soos ‘n hen haar kuikens bymekaar bring, maar hulle wou nie. Selfs nou dat uitwissing baie in die gesig staar, weier hulle om te erken dat daar ‘n God is.
Maar julle wat hierdie lees is anders: julle het julle harte oopgemaak toe Jesus geklop het. Julle is die geseëndes; Jesus se eerste oes en as daardie basuin gaan blaas, gaan julle opkyk en gereed wees om hierdie wêreld en alles wat daarin is agter te laat om vir ewig by Jesus te wees. Prys die Wonderlike Naam van Jesus daarvoor.
Mag die HERE hierdie boodskap aan elkeen wat dit lees se hart seën!
