Wys jou liefde vir Jesus aan die wêreld

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Moet nooit bang wees om jou liefde vir die HERE te wys of bang wees oor wat mense van jou gaan dink nie.

Baie van julle het die HERE gevra vir die gawe van gesondmaking, maar wat julle nie besef nie is dat dat die gawe van gesondmaking hand aan hand loop met jou kontak met ander mense nie. Kom ek verduidelik: jy deel met ander wat in jou is en daardeur kom die erkenning en die wete dat die HERE die absolute waarheid is en dit laat hulle meer heel voel. Is dit nie genesing nie?

Deur met mense oor die HERE te praat of selfs net vriendelik met hulle te wees, ontbloot jy maar net wat binne in jou is en so sien die mense die HERE wat in jou hart woon. Dit skyn uit jou uit en verlig die diepste en donkerste plekke in ander. Jy sal die verandering in mense se gesigte sien as jy dit doen soos genesing intree. Moet nooit bang wees om dit te wys nie en moet ook nooit bang wees om emosie te wys nie.

Julle word tog almal kwaad, dan nie? En as dit gebeur, dan word die mense om julle bang. Dank die Vader dit gebeur nie gereeld nie! Wat dink julle gaan gebeur as julle dieselfde intensiteit in jou liefde vir die HERE openbaar?

“My geliefde Kinders, baie van julle is geheel en al gebind in sosiale norme. Weet julle nie dat Ek baie opgewonde word as jy jou liefde vir My openbaar nie? Die engele en die wat in die Hemel woon sal kan getuig daarvan!”

“Baie van julle is geleer om jou gevoel te onderdruk om sodoende nie kwesbaar te wees nie; beskerm jou sagte binnekant. Ek verstaan dit, want dis selfbeskerming van die spotters. Dis ongelukkig ook die pad wat die vuur wat jy vir My het gaan blus. Jy moet onthou dat satan agter elke vorm van onderdrukking sit.”

“Die Hemel is nie ‘n stil plek soos baie van julle dink nie. Dit gaan vir sommige eendag ‘n baie groot skok wees!”

“Baie dink dat omdat Ek liefde self is, dat harde penetrasie preke nie van My af kan kom nie. Daar is ongelukkig siele vir wie ‘n harde en op die man af preek die enigste manier is om hulle uit hulle toestand wakker te skud. Die Skrifgeleerdes en die Fariseërs was ongelukkig twee van daardie groepe.”

“Onthou toe Ek op die trappe van die Tempel gestaan het en gesê het ‘Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes!’ Dink julle Ek het saggies gepraat of dink julle Ek het dit uitgeskreeu?” (Matteus 23)

“Ek het dit uitgeskreeu omdat daar onreine dinge was wat in die dieptes en die ondergrondse gange van die Tempel aangegaan het! Dis waarom Ek die Romeine toegelaat het om die tempel te verwoes, want Ek sal geen deel hê aan enige iets onrein nie! Dieselfde met die duiwe verkopers en die geldwisselaars. Ek het hulle tafels omgekeer en hulle met die sweep geslaan oor hulle gierigheid en dit binne in My huis van alle plekke!” (Matteus 21:12)

“Toe ek op die Berg gepreek het; het Ek saggies en liefdevol gepreek? Nee, Ek het My stem verhef en hard gepraat! Ek het verklaar dat die wat deur hierdie onderstebo wêreld verwerp is, geseënd is en Ek het openlik gepraat sodat almal kan weet.” (Matteus 5)

“In kort; daar is ‘n tyd om stil te wees en dan is daar ‘n tyd om hard te praat.”

“Het julle al gesien hoe passievol mense raak oor sport byeenkomste en musiek konserte? Hulle praat vir ure, selfs dae daaroor! Waar is julle passie vir My dan? Waar is die uitroep oor die ongeregtigheid? Weggesteek omdat julle bang is mense gaan dink julle is van lotjie getik?”

“Ek wil hê julle moet julleself wees en julle uitdruk soos julle werklik is. Hoe anders gaan mense weet hoe wonderlik dit is om in ‘n verhouding met My te wees? Hoe anders gaan hulle weet dat Ek hulle kan red van hulle mislukkings? Hoe gaan hulle weet dat Ek hulle weer kan oprig en hulle lewens gesond maak? Die enigste manier is om dit wat Ek vir jou gedoen het aan hulle bekend te maak!”

“Julle is my ambassadeurs en julle moet vryheid van sonde verkondig, vryheid van selfhaat en enige vorm van verslawing. Hoe bevrydend is dit nie om weergebore te wees in My nie!”

“Wie sal Ek stuur om hierdie gawe aan die menigtes te verkondig? Die wat louwarm is? Nee, vir julle! En julle moet wees soos ‘n maagd met ‘n lamp vol olie en met nog ekstra olie net vir ingeval. Julle moet ingeënt wees deur die Heilige Gees; vry van enige bekommernis en enige vrees oor wat die mense gaan dink. Hierdie gawe en nog baie meer is joune om te vat soos jy dieper in My Woord wandel. Om My Woord te lees, was siele skoon en dit bring oortuiging en hoop van ‘n ewigdurende liefde wat Ek vir jou het.”

“Maak nie saak wat jy gedoen het nie; maak nie saak hoeveel babas jy vir persoonlike gewin aan satan geoffer het nie; daar is hoop vir jou! Tot daardie dag wag Ek, want Ek weet dat daar ‘n dag gaan kom dat jy gaan besef dat jou aksies nie vrede bring nie, maar oorlog. Ek weet wie Myne is en ek weet dat jy deur satan mislei is met vals beloftes. Ek weet jy na My toe sal kom!”

“Kyk hoe baie sataniste daar is wat eens op ‘n tyd aan die brand was vir satan, maar wat nou aan die brand is vir My. Hulle is glad nie skaam om hulle liefde vir My te verklaar nie. Ek gebruik hulle omdat hulle lampe vol is en hulle oor hulle koppe verlief is op My. Vir die wat baie vergewe is, sal baie meer dankbaar wees.”

Kolossense 1:24-29 “[24]  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is; [25]  waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, [26]  naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, [27]  aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. [28]  Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel; [29]  waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.”

“Paulus was nie skaam om My Woord te verkondig nie. Moet dus nie skaam wees om jou liefde vir My te wys nie. Hy wat My voor die mense erken sal ek voor My Vader erken! In die Hemel is daar baie blydskap en dit wat jy gaan doen is om daardie blydskap af te bring aarde toe.”

(Visited 119 times, 1 visits today)