Jesus het vir my die mees wonderlikste boodskap gegee om vandag vir julle te bring soos opgeteken in 1 Petrus 5:1-14.
“[1] Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ‘n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ‘n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word: [2] Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; [3] ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. [4] En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang. [5] Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. [6] Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. [7] Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. [8] Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. [9] Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. [10] En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! [11] Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. [12] Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan. [13] Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle. [14] Groet mekaar met ‘n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.”
Aan die van julle wat leraars is, is Jesus se opdrag dat ons toesig moet hou oor ons kuddes totdat Hy kom! Moenie hierdie taak uit dwang doen nie, maar gewillig; ook nie om enige vorm van vergoeding te ontvang daarvoor nie, maar met bereidwilligheid en ook nie as heersers oor die erfdeel van Christus nie, maar as ‘n voorbeeld vir die kudde! Wanneer die Opperherder dan verskyn, sal ons wat gehoorsaam was, die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang! Prys die Naam van Jesus!
Aan die res van die gemeente: jongeres, wees aan julle oueres onderdanig. Wees nie met hoogmoed beklee omdat jy ‘n ouere is nie, maar met ootmoedigheid en wees onderdanig aan mekaar. God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade! Verneder julle dan almal onder die kragtige hand van God sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Prys Sy Naam!
Moenie bekommerd wees oor enige iets wat gebeur nie, maar werp jou bekommernisse op Jesus! Hy sal vir jou sorg! Jesus sê soos hulle in Engels sê: “Try me!” Onthou, God is nie ‘n mens wat kan lieg nie.
Pasop vir satan, want hy weet dat sy tyd om die Kinders van God te versoek min geword het. Binnekort gaan hy nooit ooit weer daardie geleentheid hê nie. Hy sal dus nou alles in die stryd werp om so veel as moontlik van ons te laat struikel. Staan satan tee en wees sterk in die geloof, want hierdie leiding is aan ons almal gegee om te dra.
Mag Jesus nadat ons vir ‘n kort rukkie versoek was, ons volmaak vind, versterk en gegrondves. Aan die Koning van die Konings en ons geliefde, kom al die krag en die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen!
Prys die Naam van Jesus!