Ons almal word ook op een of ander stadium deur die wat ons lief het seergemaak; dan word ons kwaad en soek ons wraak…
Jesus sê vir ons in Matteus 6:14-15 dat ons die mense hulle oortredinge moet vergewe. Ek weet ook nou dat sommige van julle gaan sê dat dit makliker gesê as gedaan is, maar julle moet ook verstaan dat demone opportuniste is. Hulle sit en wag vir daardie een geleentheid en as dit kom, dan spring hulle op jou en voor jy mooi weet, is jy oorweldig! Dan begin hulle om die hele tyd leuens in jou en die persoon wat jou te na gekom het se ore te fluister.
Het jy al iemand wat jy te na gekom het onverskoning gevra? Het dit vir jou gevoel of die wêreld gaan eindig as jy dit doen en dan as jy onverskoning gevra het, dan voel dit vir jou asof die gewig van tien aardes van jou skouers af is? Daardie gevoel wat jy het dat die wêreld gaan eindig, is daardie demoon wat leuens in jou oor fluister se werk. Hy weet dat as jy onverskoning gaan vra, dan gaan hy kragteloos gestel word. Daardie gevoel wat jy kry is sy laaste poging om jou van jou plan te laat afsien sodat hy kan aanhou om vir jou te lieg! Daardie gewig wat van jou skouers af is as jy klaar onverskoning gevra het is inderdaad die mag van satan wat gebreek is! Die invloed wat daardie demoon oor jou gehad het is gebreek en hy kan jou nie meer aanval nie. Hy het geen doel meer nie, dus moet hy jou verlaat! Daarom voel jy die verligting!
Die saad van bitterheid is so klein soos ‘n Mostert saadjie, maar dit groei vinnig en so groot dat die voëls in sy takke kan nes maak! Wanneer iemand jou te na gekom het en jy vergewe daardie persoon nie, begin jy om negatiewe gevoelens weens die persoon te koester. Sonder dat jy dit besef, gee jy hierdie saadjie kos en water en so groei dit. Baie gou het hierdie saadjie ‘n plantjie geword met baie takke en elke tak het dorings op wat drup met gif! Baie gou sit jy met donker, negatiewe gedagtes en verlammende emosies wat alles om jou dood maak.
Soos die plantjie groei, versmoor dit ander gesonde emosies en belemmer dit jou gebede met Jesus. Jy sukkel om kontak met Jesus te maak. Dis soos ‘n magneet. Net een bitter gedagte en oop is die deur! Net een iemand wat jy nie vergewe nie en die saadjie is geplant! En dit gebeur so vinnig…
Ons harte is soos ‘n tuin vir Jesus om in te wandel. Jou hart is soos tuin vol vars rose in verskillende kleure, waarvan die reuk opstyg. Jasmin en Laventel groei in oorvloed; weggesteek tussen die rose is die lelies wat hulle reuk afgee. Ons goeie dade manifesteer soos ‘n bonatuurlike geur aan Jesus en almal in die Hemel. Dou druppels rol van elke roosblaar af en skitter met ‘n pragtige reënboog van kleur. Die voetpaadjies tussen die blomme is van agaat en vertoon ingewikkelde patrone wat die heuwels van die hemel weerspieël. Die voëls wat nesmaak in jou tuin sing van blydskap in hierdie tuin van aanbidding en vrede.
Kan jy jou dus voorstel hoe ‘n tuin lyk wat oorgroei is van bitterheid? Die nie meer ‘n tuin nie, maar eerder ‘n warboel van dorings en distels wat alles toegegroei het. Daar is geen plek om deur te loop of iewers te sit nie. Daar is geen blomme nie; geen vrugte en een struike nie. Al wat daar is, is dorings wat se punte baie skerp is; vol dodelike gif wat heeltyd op die grond drup. Dis niks anders as ‘n voorstelling van hel op aarde nie.
Sommige van julle dink dat dit onregverdig van Jesus is om sulke bittere dinge oor ons pad te stuur, maar dis nie onregverdig nie. Jesus het gesê in Filippense 4:4 “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” Die beste beskerming teen enige saad van bitterheid is ‘n hart wat Jesus die hele tyd dank vir alles wat Jesus vir jou doen. As jy jou die hele tyd verbly en in blydskap lewe, sal geen saad van bitterheid ooit enige effek op jou kan hê nie. Enige leun wat satan se demone in jou ore kan fluister, sal onmiddellik kragteloos gestel word.
So wat doen ‘n mens as jy agterkom wat aangaan? Gaan dadelik op jou knieë en vra vergifnis by Jesus omdat jy kwaad, ongeduldig is en ondankbaar is. Moenie vir Jesus kwaad wees nie, want Hy toets die wat Hy lief het en Hy het toegelaat dat hierdie dinge met jou gebeur. Hy wil weet hoe jy gaan reageer: in bitterheid en woede of in prysing en blydskap oor ‘n geleentheid om aan Hom te wys hoe lief jy Hom het? Vra dan die Heilige Gees om aan jou te wys waar jy verkeerd gegaan het en vra dan Jesus om jou vry te maak van hierdie gevoelens wat dalk kon gegroei het en jou hele liggaam kon beïnvloed het.
Onthou dat bitterheid soos ‘n kanker is: dit groei en vermenigvuldig. Aan die einde kan alle bitterheid teruggewerk word as bitterheid teen God. Waarom? Omdat Jesus alles wat in ons lewens met ons gebeur, toelaat om te gebeur. Hy het ook toegelaat dat dit wat jou bitter gemaak het, met jou gebeur het. Jesus sê in Jesaja 55:9 vir ons “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.” Ons verstaan nie altyd Jesus se bedoelings nie, maar ons kan onsself gerusstel dat daar altyd ‘n baie goeie rede is waarom Jesus toelaat dan dinge in ons lewens gebeur.
As ons dus nou Jesus bedank vir alles wat Hy in ons rigting stuur, goed en sleg, dan sal dit vir bitterheid onmoontlik wees om pos te vat. Ek weet nie wie van ons hierdie vlak van heiligheid sal kan bereik nie, maar ek weet dat alles moontlik is deur die krag en die genade van Jesus!
Kom ons bid.
“Hemelse Vader, U het gesê dat ons in hierdie wêreld getoets gaan word. U het nooit belowe dat daar sonskyn gaan wees sonder reën nie. Nooit het U gesê dat ons uitgesluit gaan wees van ongeregtigheid, probleme of toetse nie.”
“Ek erken teen oor U dat die ongeregtighede wat op my gestapel was in die verlede diep in my siel ingebrand het. My onvergewensgesindheid werk soos ‘n kanker en dit vreet my geestelike lewe stelselmatig op.”
“Vergewe my dat ek nog steeds wandel met onvergewensgesindheid in my lewe. Ek besef dat my weiering om te vergewe die prys wat U op Golgota vir my oortredinge betaal het, goedkoop maak. Ek besef ook dat my weiering om te vergewe my verhouding met U beïnvloed asook die wat ek seergemaak het. (Matteus 6:14-15) Ek wil nie wees soos die dienskneg wat ‘n groot skuld vergewe was en toe nie die wat hom skuld nie kon vergewe nie.”
“In die wêreld se grootste daad van onregverdigheid, was U aan ‘n kruis vasgespyker op vals aanklagtes. Ek was miskien te na gekom, maar U het ‘n veel meer gelei as wat ek ooit sal kan. Tog het U aan die kruis uitgeroep: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. (Lukas 23:34) Wakker binne my daardie soort liefde wat mense vrystel van hul skuld van oortreding.”
“Vandag wil ek aan U alle skuld wat ek oor die koppe van die wat my skuld gehou het, aan U afgee. Vader vergewe my asseblief van my skuld soos ek nou my skuldenaars vergewe. (Matteus 6:12) En mag my enigste oorblywende skuld ‘n skuld van liefde wees, selfs aan diegene wat my seergemaak het. (Romeine 13: 8)”
“Bevry my van my onvergewensgesindheid en bitterheid. Ek wil nie meer deel wees van enigiets wat my pad met U verhinder nie. Verwyder die kanker en die wortel van bitterheid en genees die wonde diep binne in my met die balsem van U Heilige Gees. Ek kies om my gesindheid te verander teenoor die wat my te na gekom het, sodat Ek hulle uit my hart uit kan vergewe. Vee die herinneringe wat my kan herinner aan die ongeregtighede van die verlede weg en gee my die insig om onnodige seer en pyn in die toekoms te vermy.”
“Wanneer die onkruid van onvergewensgesindheid en bitterheid sy kop uitsteek, wys my dat U my oortreders net so lief het soos vir my, HERE. Herinner my dat selfs in daardie tye wanneer ek U te na gekom het en teen U gesondig het, U nog steeds lief is vir my, my aanvaar en verwelkom my in U arms.”
“Ek laat hiermee die oortredinge van die verlede agter my en beklee my met U liefde.”
“AMEN!”