Lof prysing en ‘n Vader se liefde

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Dis so moeilik om met Jesus te verbind as jy droog gemaak het, maar ek vir julle sê dat Jesus geensins ongelukkig met enige van ons is nie.

Hierdie gevoel van selfhaat en dat jy nie goed genoeg is nie, kom nie van Jesus af nie. Dis demone wat besig is om leuens in jou ore te fluister, so werp hulle van jou af. “Vader, reinig asseblief ons harte van hierdie bittere gedagtes. Vat hulle asseblief weg, want ek wil ‘n hart hê waar net U in gedien word.”

Jesus is besig om Sy liggaam in ‘n nuwe rigting te vat; ‘n rigting van voortdurende lofprysing en gebed. Dis tog so maklik vir ons om te vergeet wat Jesus alles vir ons gedoen het, veral as ons siek is. Ons almal dra een of ander tyd ‘n las vir Jesus, dis waarom dit party dae so moeilik gaan om oor die weg te kom, maar dit gaan ook verby. Totdat hierdie las van jou verlig word, is dit ‘n goeie opoffering wat jy vir Jesus maak. Elke las wat jy vir Jesus dra is belangrik vir Hom en daar is ‘n goeie rede waarom Jesus daardie las vir jou gegee het om te dra.

Daar is geen prysing vir Jesus groter as dit wat gedoen word in tye van swaarkry nie. Jesus is daarom besig om elkeen van ons voor te berei om ons kruise met eer en waardigheid te dra en nie voor oorgebuk in swaarkry nie. Jesus verlang dat ons regop sal bly sodat ons kan dra wat Hy gaan toelaat.

Jesus wil hê dat ons bakens van lig moet wees; gesante van die Vader! Skynend in ‘n donker wêreld van vrees, veragting, ondersoek en twyfel. Dra die lig van Jesus en bring geloof, hoop en die liefde van Jesus wat onder moeilike omstandighede in liefde geloop het op hierdie aarde. Ons is die ligdraers van Jesus omdat die een wat die lig moes dra teen God opgestaan het en nou die duisternis aankleef.

Nou het ons baie ligdraers… die saad wat in die grond geval het, het gesterf en ‘n hele oseaan ligdraers voort gebring. Omdat hierdie die uur is wat die son besig is om onder te gaan oor hierdie wêreld en donkerte besig is om toe te sak, sal ons lig nog meer skyn! Om te keer dat die lig verdof, is dit belangrik om nou ‘n gewoonte van lofprysing, gebed en danksegging aan te kweek.

Elkeen van ons het klaar wat ons nodig het, maar jy gaan versigtig moet wees, want satan se magte is daarop uit om jou lig van jou te steel. Op die oomblik is die vlammetjie baie klein, maar Jesus gaan ons aansteek sodat ons helder gaan brand, maar dan moet ons glo!

Ons sal moet glo dat Jesus oorwin het en dat ons die outoriteit het. Daar gaan oorloë wees en daar gaan ook wonde wees, maar ons SAL oorkom! Jesus sal ons verlos, gesond maak en weer versterk in Sy teenwoordigheid. Deur ons lofsange sal ‘n sterk muur van outoriteit om ons oprig word waar ons ook al gaan. Weet jy dan nie dat Jesus in ons lofsange woon nie? “Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!” (Psalm 22:4) Hoe kan jy dan oorwin word as ons Jesus gedurig prys?

Wat beteken dit om Jesus te prys? Dit beteken danksegging en ‘n nederige hart selfs vir die kleinste seëning. Dit beteken dat jy moet besef dat jy geseën is tot diep binne in jou siel. Begin altyd bid met ‘n gesindheid van diepe dankbaarheid, want niks oorwin die kwaad soos ‘n dankbare hart nie. Daar is eenvoudig geen vastrapplek vir die vyand in jou hart as jy dankbaar is nie.

As jy eers verbind is met daardie verstandhouding, bedank Jesus dan. Hoe lieflik is dit nie om te hoor as iemand Jesus met dankbaarheid prys nie. So min keer ooit terug om dankie te sê… Baie dink net aan dit wat hulle nog nie het nie en nog graag wil hê. In Jakobus 4:3 sê die Bybel dat hulle deur “wellus” bid…

Dis so ‘n maklike strik om in te beland. Net soos die saad van bitterheid begin dit ook baie klein. In die begin regverdig jy dit onder die skynsel dat jy dit nodig het, maar jy besef nie dat jy klaar alles het wat jy nodig het nie. Daar is ‘n vals gevoel van sekuriteit om baie te hê, maar wat jy nie besef nie, is dat hoe meer aardse goed jy het, hoe meer vasgemaak aan hierdie aarde is jy.

Jesus voorsien wat ons nodig het en ons hoef nie na Hom te gaan en te vra daarvoor nie. Hy sal voorsien na ons behoefte! As jy ‘n nuwe motor nodig het, dan sal Jesus voorsien. Hy sal in jou hart praat en jy sal weet dit is die regte ding om te doen. Jy sal ook vrede in jou hart hê oor jou besluit, wat anders sal voel as om iets deur wellus te koop.

Let op na die klein dingetjies in die lewe, selfs die natuur wat reg om ons is. Dit is hoe lofprysing begin en dit is waarop ons moet bou. Lofprysing is ‘n manier van lewe en dit vernietig alle werke van satan! Dis aansteeklik ook! Kyk maar na die effek wat jy op die mense om jou het! Dis die geskenk wat Jesus vir ons wil gee. Beskerm jou hart en gebruik dit as ‘n manier van lewe!

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 234 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .