Die verhaal van Sodom en Gemorra wat in Genesis 18 en 19 opgeteken is in die Bybel is seker een van die bekendste Bybel stories.
Die Bybel leer vir ons dat Sodom en Gemorra in die Jordaan plein geleë was en dat dit ‘n baie vrugbare streek was. Vandag word ‘n groot gedeelte van die Jordaan Plein opgeneem deur die dooie see. Dis ‘n baie warm en droë streek wat deur die HERE vervloek is, want niks groei meer daar nie, behalwe met groot moeite nie. Die Dooie See is vier meter onder seevlak wat dit ook die laagste punt op aarde maak.
Flavius Josephus, ‘n Joodse geskiedkundige van die eerste eeu na Christus, het geskrifte agtergelaat dat hy nog steeds die oorblyfsels van die vyf stede van Sodom kon sien asook die oorblyfsels van die vuur wat hulle vernietig het. Vandag is die vlak van die Dooie See baie laer as in die eerste eeu na Christus, dus behoort die stede vandag makliker gesien kan word. Die storie dat die stede deur die dooie see bedek is, is dus nie waar nie! Die vyf stede waarna Flavius verwys is natuurlik Sodom, Gomorrah, Admah, Zeboim en Bela, waarvan Sodom die grootste was.
As mens langs die hoofpad langs die Dooie See afry, kan jy baie gou gedeeltes in die verte sien waar die grond ligter van kleur is as in die res van die streek. Hierdie is die oorblyfsels van die stede wat deur die HERE verwoes was deur ‘n vuur van bonatuurlike hitte. Die ligter kleur grond is die as wat oorgebly het van hierdie stede.
By nadere ondersoek vind ‘n mens dat die daar strukture in die grond is wat dui op die oorblyfsels van geboue. Die meeste van hierdie strukture lyk soos die fondasies van geboue, want hulle is gebou op neëntig grade hoeke. Hierdie “mure” het almal die mees eienaardigste patrone op wat getuig van ‘n intense hitte van meer as 3300 grade Celsius waaraan hulle blootgestel was. Die proses staan vandag bekend as Termiese Ionisasie en die patrone word gevorm wanneer atome van ‘n baie warm oppervlakte geabsorbeer word. Dis net nog ‘n bewys van die intense hitte waarmee die gebied geteister was. Die “mure” waarna verwys word is die werklike mure nie, want dit verbrokkel as mens daaraan vat. Die geboue van daardie tyd was van sandsteen gebou en die hitte van die vuur was so intens, dat dit die sandsteen tot totale as verbrand het!
“Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.” (1 Konings 18:38)
In 1 Konings 18:20-40 lees ons hoe Elia die profete van Baal op die berg Karmel verslaan het. Ek is seker daarvan dat u die verhaal ken. Die vuur van die HERE kan dus tot klippe tot as verbrand!
Oral kan lae as gesien word wat bestaan uit ligter en donkerder lae. Die donkerder lae is Kalsium Karbonaat (CaCO3) en die ligter lae is Kalsium Sulfaat (CaSO4) wat gevorm word as swael en kalksteen onder hitte meng. Hierdie kalksteen kom van die sandsteen geboue af wat verbrand is.
“En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel.” (Genesis 19:24)
Oral kan klein wit swael steentjies opgetel word as mens deur die as grawe. Hierdie swael steentjies is monokliniese swael wat gevorm word teen baie hoë temperature. Monokliniese swael is wit in kleur en kon nie natuurlik in die natuur voor nie. Rombiese swael is geel in kleur en word gevorm tydens vulkaan uitbarstings. Monokliniese swael is daarom baie anders as Rombiese swael. Van die Monokliniese swael klippies is na ‘n laboratorium gestuur vir analise en daar is gevind dat hierdie Monokliniese swael uit 98% suiwer swael bestaan! Nêrens op aarde kom swael natuurlik voor wat so suiwer is nie. Dis net nog ‘n bewys van die Hemelse oorsprong van hierdie swael.
Die skeptiese bewer dat dit swael van ‘n baie ou vulkaan uitbarsting afkomstig is. Maar soos reeds genoem, is Rombiese swael wat van vulkaan uitbarstings af kom is net 40% suiwer en het dit ‘n kristal vorm wat anders as die wit Monokliniese swael is wat kompak in vorm is en in die veraste stede gevind was.
Daar kan dus geen twyfel wees nie. Sodom en Gemorra het bestaan en hulle is deur die HERE verwoes. Die Bybel verhaal van hierdie stede is dus eg! Dis net nog ‘n bewys dat die Woord van die HERE eg is!