Soet Aroma van Heiligheid

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hoe meer beheer ons van ons lewes aan Jesus oorgee, hoe minder bekommerd gaan ons raak oor die alledaagse dinge.

Die mense wat jou ken gaan dink jy gee nie om nie of dat jy onverskillig is, maar dit is nie so nie. Dis maar net dat jy weet dat Jesus nou in beheer is en dat niks met jou sal gebeur sonder Jesus se toestemming nie!

Baie van ons wond Jesus met ongeloof omdat ons net nie kan glo dat Hy vir ons sal sorg nie. Ons besef nie dat die soet aroma van Heiligheid uit ons siele uit stroom nie en hoe aanneemlik dit vir Jesus is nie. Die ruik van ongeloof bederf egter alles en dit maak dat die ruik daarmee saam verander.

Baie van ons dink dat omdat ons nog steeds ons humeure verloor en kwaad word dat ons swak is, maar ons besef nie dat ons harte met Jesus reg is nie. Hou daarom vas aan die gawes wat Jesus aan jou gegee het. Hou vas aan die salwings, hou vas aan die drome en hou vas aan die visioene. Moenie toelaat dat die vyand jou oortuig om ongelowig te wees nie. Hy probeer om van jou te steel deur woede, bitterheid, wraak en vrese. As jy dus voel hoe die emosies in jou opkom, weet dan dat die vyand besig is om van jou te steel. Bestraf hom in die Naam van Jesus, want hy wil jou soete aroma steel!

Die vyand is versot daarop om jou kwaad te maak, want as jy kwaad is, kan hy jou leeg tap voor jou dag begin en nog voor jy jou oggend godsdiens begin. Hy is versot daarop om vir jou stories te vertel sodat jy bitter kwaad word en dan tap hy jou leeg sodat jy die hele dag rondhardloop en aandag gee aan die leuens eerder as om dit wat jy voor beplan het, klaar te maak. Hy is baie slim en hy weet presies watter knoppies om te druk. Hoe weet hulle so baie van jou af, want jy word die heeltyd dopgehou en daar word notas gevat!

Ek het self al oomblikke soos dit gehad. Jy beplan jou dag tot op die laaste minuut en alles is perfek uitgewerk. Dan kom ou sekelstert en fluister ‘n paar leuens in jou ore en voor jy mooi weet, is jy so besig om sin te probeer maak van die leuens dat jy langer vat om met jou take klaar te kry en dan moet jy werk wat jy wou doen laat oorstaan tot die volgende dag!

Dit is hoe satan doodmaak, steel en vernietig. Hy veroorsaak misverstande, woede, vervreemding, oordeel, skuld en aan die einde van hierdie lang string van onwillekeurige reaksies, het jy die inisiatief en vrede vir die res van die dag verloor om iets produktiefs vir die Koningryk van die Hemele te doen. Pasop kinders van Jesus, pasop! As jy agterkom wat besig is om te gebeur, roep dan tot Jesus om hulp en Hy sal jou te hulp snel.

Kom ek gee vir julle nog ‘n voorbeeld: Jy het ‘n sperdatum om te haal met werk wat jy betyds moet klaar kry. Dan kom daar ‘n onderbreking of iets lei jou aandag af. Skielik is jy gespanne en sommer lekker krapperig, want nou is jy moeg en jy kan nie meer reguit dink nie. Jy begin foute maak en skielik nou moet jy meer tyd spandeer om die foute wat jy intussen gemaak het reg te maak. So word jy baie gou leeggetap sonder dat jy besef wat aangaan.

Wees versigtig, want satan is baie slim, maar as jy naby Jesus bly, altyd geduldig, altyd vergewend, weier om te oordeel met die wete dat Jesus hierdie dinge toelaat om ons te temper, dan sal jy oorwin! As jy die visie dat Jesus in beheer is van alles toelaat, dan sal Jesus vrede laat terugkeer voor satan jou kan oorweldig.

Hou dus vas aan die goeie dinge wat Jesus aan ons toevertrou het en moet nie toelaat dat iemand dit van jou steel nie.

Onthou dat Jesus gou gaan kom!

(Visited 206 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , , .