Ek is seker dat ons almal wonder of ons gereed is om voor Jesus te verskyn en hoe dit sal wees om Hom van aangesig tot aangesig te sien.
Jesus weet dat baie van ons al moeg gewag is en dat net so baie doof geraak het vir boodskappe wat sê dat Hy binnekort gaan kom en dan gebeur niks nie. Baie van julle is al gereed vir die afgelope maande, ander al selfs vir jare. Ander stel hulle bekering uit omdat hulle dink dat hulle baie tyd het. Baie van julle het weggeval as gevolg van drukking wat deur julle families toegepas word. Ander het weer begin om die Liggaam van Jesus aan te val, die nette te skeur en die visse vry te laat.
Die wegraping moes al baie keer plaasgevind het, maar God die Vader stel die datum gedurig uit om ons meer tyd te gee. Waarom? Omdat ons kan tog nie van Jesus kan verwag om ‘n dowe oor te gooi op ons smekinge om genade nie? Wat se soort Vader sal Hy wees as ons Hom vra vir brood en Hy gee vir ons ‘n klip? (Mattheus 7:9)
Daarom praat ek nou met julle wat ore het om te hoor en oë om te sien. Weet dit dat die wegraping met breukdele van sekondes aangeskuif word, deels omdat ons vra om genade en omdat so baie nog nie gereed is nie. Wat ons nie besef nie is dat God die Vader se genade met hierdie wêreld gaan net so lank gaan hou, want die oordeel kan nie vir altyd uitgestel word nie. Die minute word aan ons uitgemeet. Die besluit om die wegraping uit te stel word elke minuut gemaak. Baie gou gaan een van hierdie minute ons laaste minuut op hierdie aarde wees.
Ek vra dus weer en hierdie keer bedoel ek dit as ‘n waarskuwing: “Is jy gereed om voor Jesus te verskyn en relaas van jou lewe te gee?” Weet met sekerheid dat Jesus is vir ons oneindig baie lief is, maar Hy kan nie enige een van ons dwing om Hom te dien nie en Hy kan ook nie sonde ongestraf laat nie. Jy mag dalk nog steeds hierdie woorde hoor: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mattheus 7:23)
Sommige sal nou wonder wat die ongeregtigheid is waarna Jesus verwys. Die hart van Jesus se Gebod is liefde: liefde vir jou naaste. As jy nie liefde vir jou naaste het nie, werk jy vir die ongeregtigheid!
Geloof sonder die werke beteken niks en naaste liefde is die spil waarom alles draai. Liefde vir ons naaste behoort uit ons uitvloei. Selfsugtigheid in enige vorm behoort geensins deel van ons lewens te wees nie. Indien daar enige vorm van selfsugtigheid in jou lewe is, bid vir genade en maak dit nou reg. Moenie meer uitstel nie, asseblief!
Alles is klaar in plek vir die wegraping om plaas te vind. Dis net die genade van God die Vader wat alles terughou. Verstaan julle wat ek sê? Jesus wil jou vergewe! Hy wil jou blinde oë oopmaak sodat jy kan sien! Hy wil hê dat jy om vergifnis moet vra. Jesus wag dag na dag vir jou om te besef dat jy op die verkeerde pad is. Ongelukkig het jy die pad van vleeslike begeertes en wêreldse vermaak gekies in plaas vir Jesus. Jy is toegewikkel in geskille, beskuldigings, laster en bitterheid. Jy steel, moor en vernietig die goeie naam van ander en jy laster die Evangelie wat Jesus aan die Kruis voor gesterf het om jou vry te maak! Jesus sal jou vergewe as jy vra, want Hy het klaar die prys vir jou sonde betaal, maar jy moet jou deel ook doen.
Die einde gaan skielik kom. Daar gaan geen tyd wees om reg te maak, vergifnis te vra of selfs uit te roep na Jesus om genade nie. Vir jou sal dit verby wees en jou lot sal verseël wees. Daar sal dan geen verskonings meer wees nie. Jy was oor en oor gewaarsku, maar nog steeds het jy die wêreld bo God gekies.
Jesus maak dit vir ons duidelik. Die einde is in sig en dit gaan nie weer uitgestel word nie. Kies nou met wie jy jouself wil affilieer, want vir baie gaan dit te laat wees in daardie laaste oomblikke. Jesus is met jou en Hy wag om te hoor hoe jy om vergifnis vra. Hy staan gereed om jou te vergewe, maar dan moet jy dit uit die hart uit bedoel. Al was jou sondes so rooi soos bloed, Jesus sal dit wit was soos sneeu! Moet asseblief nie weer wegdraai nie, want dit mag die laaste oomblik wees wat jy gaan hê.
Mag die HERE hierdie boodskap seën!