Waarom is daar skielik so baie teenstand?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Sommige van julle sou seker al gevoel het hoeveel weerstand daar skielik in die lug is. Dis soos om deur ‘n moeras te loop waar die water tot om jou nek is. Mens kom tot op ‘n punt waar jy sê: “HERE, ek kan dit nie alleen doen nie.”

Dis altyd ‘n goeie ding om te sê: “HERE, doen jy dit, want ek kan nie.” Die HERE antwoord altyd op ‘n nederige versoek soos dit.

Deel van die probleem is natuurlik moegheid, maar dis nie fisiese moegheid nie, dis geestelike moegheid. Daar is kere wat mens vra: “HERE, is jy nog daar? Doen ek nog die regte ding?”

Dis dan wanneer die HERE ingryp en jou laat weet dat Hy met jou is en altyd met jou is. Hy sal nou nooit alleen laat nie; nie eers vir een sekonde nie! Hierdie is ‘n donker tyd wat ons nou betree in die die geskiedenis van die mens, want baie word teruggehou deur die opofferinge wat ons maak. Dis waarom dinge op die oomblik so donker lyk.

Hierdie is die tyd waarin ons leef. Die donkerte is aan die toeneem. Satan is besig om sy planne vir hierdie wêreld in plek te kry en ons is dié wat letterlik terughou. Ons is in styd; ‘n stryd vir Jesus en wanneer ons vir Jesus baklei is Hy ongelooflik trots op ons.  Ongelukkig is ons mens en ons twyfel en dan vra ons: “Is Hy weg?” “Waar is die salwing?” “Wat gaan aan?”

Weet dit liewe Kind van die HERE; dis wanneer dinge op sy donkerste is dat die HERE gaan doen wat Hy belowe het, maar Hy het ons samewerking nodig. Moenie dat hierdie tydelike skeur van ongeloof enigsins groter word nie. Die HERE wil hê dat ons moet glo dat way Hy gesê het gaan gebeur, maar net as ons glo. Hou vas aan die droom, want ons het nog nie opgehou klim teen die berg uit nie. Die HERE weet dis moeilik, maar ons moet uithou.

Die HERE gebruik ons swaarkry om die planne van die vyand in die wiele te ry. Die vyand kan natuurlik nie verstaan waarom daar so baie weerstand teen hulle planne om hierdie wêreld oor te vat, is nie. Soos ons swaarkry, sukkel hulle nog meer en dit is baie ontmoedigend vir hulle.

Die swaarkry wat ons voel is direk in vergelyking met dit wat die vyand voel, maar vir hulle is dit net baie erger. Ons ontberinge word gebruik om die vyand se planne te vertraag en deurmekaar te krap sodat hulle die hele tyd moet vaal. Ongelukkig verstaan hulle dit nie en hulle hou ook nie op met probeer nie.

Vermenigvuldig dit nou met al die Christene om die wêreld en julle sal verstaan wat se mag van teenstand teen satan se planne ons van praat! Dis waarom die kerk van die HERE weggeraap moet word voor die Antichris sy planne ten volle kan laat geld. Alles hang af van daardie voorval en ons hou op hierdie oomblik die mag van donker terug.

Die HERE sê dat ons nie terneergedruk moet word met die gewig wat ons dra nie. Hy het ons voorberei vir hierdie uur en ons sal triomfeer oor die donkerte. Hy sal volbring alles wat Hy belowe het oor elkeen van ons lewens. Hy sal voorsien wat ons nodig het om die volgende stap te kan neem.

Moenie jou oggend gebed afskeep nie. Drink van daardie fontein in die oggend voor jy probeer om jou dag aan te pak en jou dag sal baie meer gladder verloop. Moet ook nie jou nagmaal agterwee laat nie. Hierdie is die twee grootste vorms van beskerming wat jy kan kry en dit sal die vyand se planne vir jou vir die dag ernstig laat kort sluit!

Jesus gaan voort: “My kosbare kinders, moenie toelaat dat die vyand jou geloof ondermyn nie en moenie moedeloos  raak nie. Kom eerder na My toe vir jou krag. Verstaan, dat met elke stryd wat jy veg, die vyand vertraag word. Hou vas aan My met al jou krag en as dit lyk asof jy dit nie meer kan hou nie, onttrek jou vir eers na My toe sodat ek jou vrede kan herstel. Ons sal die oorwinning in alle dinge hê. Wat ek belowe het, sal Ek doen.”

Prys die wonderlike naam van Jesus!

image_pdfLaai afimage_printDruk