Waarom sukkel sommige mense so om ‘n oorgawe te maak?

Sommige mense sukkel vreeslik om hulle harte aan Jesus te gee ten spyte van ons beste pogings en dis uiters frustrerend!

Om te kan verstaan waarom, gaan ek dit so verduidelik: ons almal hou van verwerkte vlies soos worsies, salami, polonie, noem maar op. Dis soos iemand wat ek geken het wat eendag vir my gesê het hy sal nooit daardie goed eet nie, want hy het in ‘n fabriek gewerk waar hulle dit maak het en dit was sy werk om… en daar het ek hom onderbreek, want ek wou dit nie weet nie. Ek wou graag aanhou om my worsies, salami en polonie te eet omdat ek daarvan hou. Ek wil aanhou om wors te eet en ek wil aanhou om te dink dat die wit stukkies in die wors eintlik vitamiene is! Ek stel nie belang om die waarheid te weet nie!

Dis presies soos baie mense se geestelike lewens daarna uitsien. Hulle hou van hulle geestelike lewens soos dit is. Hulle is nie gereed om die Wil van die HERE te doen of die waarheid te hoor nie. Dis waarom hulle vir die HERE sê: “Moenie vir my sê wat Jy wil hê ek moet doen nie. Laat ek op my manier aangaan en doen wat ek dink Jy graag wil hê. Ek wil graag aanhou glo dat Jy my geroep het om hierdie gemaklike lewe te lei en as ek in die Hemel kom, hopelik is dat dan daar meer gemaklik as nou. Ek weet dat die Bybel sê dat ons nie geroep is tot ‘n gemaklike lewe nie, maar ek wil graag aanhou glo dat dit so is, net soos ek graag wil glo dat alle verwerkte soorte vleis eintlik goed is vir my.”

Om alles vir Jesus prys te gee is geen maklike taak nie. Om vir Jesus te sê: “HERE, neem my lewe, Heilige Gees lei my enige plek?” As jy dit reeds gedoen het, wees dan baie dankbaar, want dit word elke jaar al hoe moeiliker om te doen! Dis maklik om alles vir die HERE te gee as jy niks het nie, maar baie van hierdie mense het kinders, huise en motors wat betaal moet word. Hulle is nou meer gevestig en dis moeiliker nou as wat dit was toe hulle uit die skool uit gekom het en niks gehad het nie.

Ek weet dat Jesus dit absoluut werd is en ek praat nie wat hierdie mense doen goed nie. Ek wil maar net hê dat julle wat so sukkel met die wat julle ken en voor lief is moet verstaan en dan moet weet waarom party mense so moeilik ‘n oorgawe maak.

Hierdie laat my so dink aan die gelykenis van die ryk jong man in Lukas 18:18-24. Ons veroordeel hierdie mense so maklik omdat hulle nie die regte besluit kon maak nie, maar gaan dink bietjie aan hulle omstandighede. Dis maklik om na ‘n plakkerskamp te gaan en vir die mense daar wat niks het nie te gaan sê die HERE het iets beter vir jou ingedagte. Los alles wat jy het en volg Hom. Dis egter nie so maklik om na ‘n ryk woonbuurt te gaan en vir ‘n familie wat lyk of hulle alles het te gaan sê; los alles wat julle het en volg die HERE nie!

Die waarheid vir hierdie mense is dat baie van hulle maar net te bewus is wat alles in verwerkte vleis gesit word. Miskien weet hulle nie presies wat alles daarin is nie, maar hulle weet genoeg om te besef dat dit nie goed is vir hulle nie. Hulle weet maar net te goed dat die wit stukkies in wors nie vitamiene is nie! Maar hulle probeer om nie daaraan te dink nie. Hulle weet dat die HERE hulle geroep het tot baie meer. Sommige kan dit selfs aanvoel, maar hulle geniet die lewe so baie, dat hulle nie daaraan wil dink nie.

Jesus het gesê dat dit makliker vir ‘n kameel is om deur die oog van ‘n naald te gaan as wat dit is vir iemand wat ryk is om in die Koningryk van die Hemele te kan ingaan en nou verstaan julle waarom. Glo my as ek vir jou vandag sê dat alles wat jy sê en doen ‘n impak op hierdie mense se lewens het. Baie van hulle sien dit nie nou nie of hulle verstaan dit nie, maar na die wegraping gaan dit wat jy nou doen vir hulle die pad na die ewige lewe wys. Wees daarom geduldig, want jy saai nie verniet nie.

Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!

(Visited 159 times, 1 visits today)
Tagged , , , .