Wat op aarde begin het

Het Ek nie gesê dat julle net een meester kan dien nie en ‘n huis wat in homself verdeel is, kan nie bly staan nie?

Hierdie woorde is nou baie duidelik reg oor die wêreld! Die meeste het nou al kant gekies en vir hulle is die dag van afrekening voor hande. Die wat gesondig het by die wet, sal geoordeel word volgens die wet. Hy wat My en My woorde nie ontvang nie, sal geoordeel word volgens My Woord.

Terwyl die Kerk geslaap het, het ongeregtigheid posgevat en as gevolg daarvan baie sterk geword. Die wat My Woord verwerp het, sal nou maai wat hulle gesaai het en hulle sal rampspoed na rampspoed maai. Wee die wat in sonde wandel, want hulle sal naak voor My staan en hulle skaamte sal aan die wêreld bekend word.

Ek sal my wraak uitstort oor die wat kwaad doen. Kies nou wie jy wil dien, want die tyd is om! Kyk hoe Babilon val! Het Ek nie vir julle gesê die tyd is baie korter as wat julle dink nie? Die trompet geskal weergalm oor die wêreld. Die wat geestelike oë en ore het om te hoor het Ek gereed gemaak vir My koms. Vir julle sal My Koms nie ‘n verassing wees soos vir die wat geestelik blind is nie.

Julle wat die eerste vrugte is, is suiwer waarheid onder ‘n nuwe salwing van My Gees. Julle sal stap met ‘n bonatuurlike vrede met groot krag en outoriteit terwyl die wêreld in donkerte en vrees verval. Moet nie vir ‘n oomblik twyfel dat Ek in beheer is nie en dat dit Ek is wat nasies teen die grond slinger en nasies weer sal optel. Kyk en hou dop wat Ek op die punt is om te doen.

Vir die wat nie gereed is nie, sal My koms wees soos ‘n dief in die nag, want ‘n dief kom wanneer die eienaar van die huis dit nie verwag nie. Dit gaan ‘n groot skok wees vir die wat nie gereed is vir die Bruidegom nie. Hulle sal dan agterkom hoe genadig Ek was om so lank te wag vir hulle om gereed te maak, maar dat hulle nie gereed gemaak het nie.

Maar My genade gaan nog nie op ‘n einde wees nie. Ek gaan toelaat vir nog ‘n kans om die regte keuse te maak en vir altyd by My te wees. Die wat hulle nie gesteur het aan My waarskuwing nie en die wat omkant gevang is. Hulle sal ‘n tweede kans kry om My eerste te stel in hulle lewens. Die pad vorentoe vir hulle gaan baie moeilik wees en sommige gaan gemartel word vir My Naam.

Die wat die stelsel van die dier ontsnap, sal Ek vir ‘n tyd lank in die wildernis beskerm waar hulle verder getoets gaan word deur vuur heen. Moenie wanhopig word nie, want Ek het klaar ‘n pad gemaak vir julle. Julle sal groot dinge doen in My Naam en My Gees sal julle lei. Mense sal die waarheid wat julle spreek erken en weet dat dit van My af kom. Die realiteit van wie Ek is en My doel met die skepping sal dan finaal bekend word.

Van die wat agterbly sal van My af wegdraai en hulle harte verhard as hulle agterkom dat hulle nou alleen is. Nog meer sal die genade wat Ek aanbied sien en die tweede kans om tot inkeer te kom met beide hande aangryp. Hulle sal hulle self gereed te maak vir die tweede koms.

Julle wat nou al gereed is, My eerste vrugte, het geleer om te oorkom en julle self te dissiplineer. Julle is deur vuur gelouter en die resultaat van al die toetse wat julle deurgegaan het was ‘n hoër vlak van heiligheid en nederigheid. Julle is konstant besig om julleself te reinig wat wys op volwassenheid in die Gees. Julle beweeg van oorwinning tot oorwinning soos hulle na My soek en My bo alles stel. Ek is nou julle eerste liefde.

By julle was daar ‘n besnydenis van die hart en nou was julle daagliks Julle klere in My bloed tot vergifnis van julle oortredinge en is julle oorgegee aan My Wil. Baie van julle het duur betaal om daardie tipe intimiteit met My te kan bereik en julle is bereid om alles te verloor om dit te behou. Hierdie kwalifikasie onderskei julle van die wat My nie eerste stel nie.

Die eerste vrugte gaan die nasies saam met My regeer met ‘n yster staf omdat hulle vir My volle toegang en eienaarskap oor hulle lewens gegee het. ‘n Nuwe identiteit is aan hulle gegee omdat hulle bereid was om die wêreld en dit waarvoor dit staan prys te gee. Hulle wat sagmoedig van hart is, was bereid om alles prys te gee om erfgename van die nuwe verbod te word en daardeur My Bruid te word.

Ek het gesorg dat hulle olielampe altyd vol bly. Dit beteken nie dat hulle perfek is nie, maar eerder dat hulle werk na ‘n groter doel sonder om te wankel. Dis hulle taak om die leuens en die tradisies waaronder die kerk vir so lank al staan stukkend te breek en met waarheid te vervang.

Die uur is besig om te kom My geliefdes! Almal wat My in Gees en in Waarheid aanbid, stel julle gedagtes op My en My Koningryk en nie van dit wat op aarde is nie. Ek gaan die fondamente van die aarde skud totdat daar niks meer oor is om te skud nie. Ek is die alom verterende vuur.

Verstaan julle wat Ek probeer sê?

Daar is geen manier om dit want aan die kom is te ontsnap nie, behalwe deur My nie. Die wat die lewe hier haat sal die ewige lewe saam met My geniet. Saam met My sal jy nooit alleen wees nie. Moet daarom nie bevrees word nie; laat My wysheid jou lei en onderhou my gebooie. Vermy die pad van die goddelose, want die einde daarvan lei tot die dood.

Luister na My woorde. Bewaar dit diep in jou hart, want dit sal julle harte suiwer hou. Let op wat jy sê en let op na wat jy hoor. Van nou af vorentoe; bid dat jy waardig gevind mag word om dit wat kom te kan ontsnap en voor die Seun van die Mens te mag staan.

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 143 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .