Een minuut voor die wegraping

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hierdie is nie my boodskap nie, maar ek voel gelei om dit vir julle hierdie boodskap van Jesus af te bring.

“Almal word nou getoets, groot sowel as klein, en dit is nodig sodat die Kerk wakker gemaak kan word. Sommige gaan gesif word om julle te forseer om ‘n keuse te maak. So gaan daar onderskeid getref kan word tussen die Kinders van God en die kinders van die wêreld. Hierdie is die enigste manier om die koring van die kaf te sif.

Ek sal julle in die smeltkroes gooi om julle getrouheid te toets en om julle gereed te maak vir die wegraping wat net ‘n minuut ver weg is. Ek gaan julle raffineer soos ‘n mense silwer raffineer en toets soos ‘n mens goud toets. Hierdie toetse gaan nie maklik wees nie en julle gaan miskien ongerief ervaar, maar dis nodig om julle karakter en ook julle geloof op die proef te stel; ‘n geloof wat vir My meer kosbaarder is as goud. As Ek met julle klaar is, gaan julle so blink dat die wêreld sal kan sien dat julle Myne is!

Ek wil jou te versterk en jou aan moedig om in My te bly, maak nie saak wat gebeur nie. Roep My Naam aan en Ek sal jou antwoord. As die tyd kom, sal Ek jou met my hande van hierdie aarde aflig. Op daardie dag sal jy opgelig word soos ‘n arend wat opstyg om weg te vlieg. Daar sal niks wees wat jou sal kan terughou nie omdat dit My Wil is. Niks wat jy tot nou toe ervaar het sal soos dit wees nie. Alles sal nuut wees en jy sal deur nuwe oë kyk na ‘n nuwe wêreld. Op daardie oomblik gaan jy die blinkste vir My wees. Terselfdertyd gaan die kinders van satan hulle klimaks bereik. Dan gaan die veld gereed wees om geoes te word.

Ek sal julle wat kinderlik van gees is en die wat sagmoedig is saam met My oplig as die trompet weergalm. Moet daarom nie bang wees nie My geliefdes. Ek maak julle gereed vir daardie oomblik en dit gaan kom, dit kan jy verseker weet!. Die tyd is in My hande en alles gebeur soos wat dit beplan is. Niks op aarde gebeur sonder dat dit nie deel is van die perfekte Wil van My Vader nie.

Ek is die Koning van die Heelal. My voetstappe los ‘n pad en almal wat die pad van My voetspore volg, sal weet waarheen om te gaan. My skape is in My kraal en hulle sal nie uitbreek nie. Daar is nog net een minuut oor voor die wegraping.

Julle moet verstaan dat tyd in die Hemel en tyd op die Aarde is nie dieselfde nie. In die Geestes wêreld gebeur dinge baie vinniger, maar nou is beide wêrelde gesinkroniseer sodat alles op dieselfde tyd gebeur soos dit moet wees volgens die Wil van My Vader.

Die engele volg My opdragte sonder vrae en hulle hou die mens dop om te sien wat hulle doen. Wat julle betref, moenie ophou om die voetspore wat ek gelos het te volg nie. Daardie voetspore is duidelik. Volhard daarin en moenie van die pad afwyk nie. Moenie links of regs afdraai nie. Die wat volhard, sal My op die beplande tyd in die lug ontmoet. Ek sal My hand uitstrek en jy sal opgelig word om My tegemoet te kom in blydskap en geluk soos wat jy nog nooit gevoel het nie.

Verstaan dat Ek is wie Ek sê Ek is. Ek is die perfekte skaapwagter en Ek maak geen onderskeid tussen die wat aan My behoort nie. Ek lei my skape na waters waar rus is, maar sommige van My skape is rebels en hulle hardloop van My af weg, want hulle besef nie dat Ek die liefdevolle skaapwagter is wat My lewe vir hulle sal gee nie.

Wees daarom nie bevrees wees nie, klien kuddetjie, want Ek kom gou! Die tafel is gereed. Binnekort gaan ons ontmoet, want die tyd vir ons om te ontmoet het uiteindelik aangebreek! Glo in My en Vertrou My. Ek kom gou!”

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 119 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .

One Comment

  1. Amen! Loof en prys die Almagtige en Heilige Naam van onse Here Jesus Christus! Dankies vir die Kosbare Boodskap van bemoediging!

Comments are closed.