Wat sê die Bybel oor tatoeëring?

Hierdie is ‘n vraag wat elke Kind van God die een of nader tyd vra en dit bly ‘n interessante onderwerp om oor navorsing te doen.

Behalwe vir ‘n enkele vers in Levitikus 19:28 “Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.”, sê die Bybel eintlik niks oor tatoeëermerke nie!

Dis eerstens belangrik is om in gedagte te hou is dat die boek Levitikus ongeveer 1300 voor Christus deur Moses geskryf was. In daardie jare was afgode-aan-biddery ‘n groot ding en die algemene gebruik onder die wat afgode aanbid het, was vir mense om die vel te sny en merke aan te bring om die guns van die gode daardeur te verkry. Die volk van God is veronderstel om ‘n heilige nasie te wees, wat die Here volg en niks anders nie. Ek is die Here word bygevoeg by die vers in Levitikus om dit duidelik te maak dat so ‘n daad om jou te laat sny die heerskappy van die God van Israel sou ontken.

Dis tweedens net so belangrik om te onthou dat die boek van Levitikus geskryf was om die Kinders van Israel anders te maak as die res van die wêreld en om hulle in bewaring te hou vir die koms van Messias en dis waarom hierdie boek so baie reëls bevat oor hoe die Israeliete moet optree en hoe nie. Ons moet ook onthou dat ons nie Israeliete is nie en ons sal ook nooit wees nie. Ons vorm deel van die groep wat die Bybel die heiden nasies noem. Ons het genade in die oë van die HERE ontvang omdat ons Jesus as die Seun van God aanvaar het en in Hom glo en nou het ons nou die reg om Kinders van God genoem te kan word! Prys die Naam van Jesus!

Omdat ons nie Israeliete is nie, is dit ook belangrik om te weet dat die ou Testament en die bepalings daarin nie op ons van toepassing is nie. Paulus het hom op verskeie geleenthede uitgespreek teen mense wat die ou Testamentiese wette onder hou en hoe dit nie vir ons as Kinders van God bedoel is nie. Paulus se belangrikste argument teen die onderhouding van die ou Testamentiese wette is in Galasiërs 5:2-4 waar hy gesê het dat enige iemand wat die Wet van Moses onder hou deur hom te laat besny, verwyder gaan wees van Christus. Vir so iemand sal Christus en Sy dood aan die Kruis geen betekenis hê nie! Eina!

Verstaan julle wat hier gesê word? Mense kies so maklik watter ou Testamentiese wette hulle wil of nie wil onderhou nie en dan oordeel hulle ander wat dit nie wil onderhou nie, maar hulle besef nie watter gevaarlike paadjie hulle loop nie en dit is om hulleself te verwyder van Jesus nie. Jesus het vir ons ‘n nuwe wet gegee om te onder hou en dit staan in Mattheus 22:37 – 40 [37] En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. [38] Dit is die eerste en groot gebod. [39] En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. [40] Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.”

Vir die Kind van God is dit enigste wet waaronder ons moet staan en dis naasteliefde en die liefde vir die HERE. Niks anders maak saak behalwe hierdie wette nie. Iemand wat naasteliefde toepas, sal in elke geval die Tien Gebooie outomaties nakom, want iemand wat sy naaste lief het, sal nie egbreek, steel of moor nie. Verstaan julle?

Kom ons gaan nou terug na die kwessie van die tatoeëermerke en dan gaan julle sien waarom alles wat ek hierbo genoem het so belangrik is.

Die groot vraag is waarom mense tatoeëermerke wil hê en die antwoord op hierdie vraag is so wyd soos sosiale invloed om aan ‘n sekere groep te wil behoort tot om in opstand te kom teen ouers en owerhede of sommer net mense wat nie tevrede is oor hoe hulle lyk nie. Sommige sien dit as ‘n manier om “cool” te wees of om uiting te gee aan hulle individualiteit omdat hulle van lyf kuns hou. Gelukkig het God ons gesonde verstand gegee om self oor hierdie kwessies te kan besluit, en daarmee kan ons ‘n lang pad kom.

Onthou egter dat ‘n tatoeëermerk permanent is en baie moeilik is om te verwyder sonder permanente skade. As jy dus ‘n tatoeëermerk wil laat aanbring gaan jy moet besef dat jy dit nie oor ‘n paar maande gaan kan verwyder soos mens ‘n vuil kleding stuk uittrek om dit te was nie. As jy dus later uitvind dat die tatoeëermerk nie meer “cool” is nie of dat jy nie meer aan die groep wil behoort vir wie die tatoeëermerk staan nie, dan gaan dit baie moeilik wees om te verwyder. Dieselfde geld vir diegene wat van lyf kuns hou of nie tevrede was oor hoe hulle gelyk het nie.

Moet egter nooit vergeet dat jy nog steeds God se skepping is nie. Skoonheid standaarde in die wêreld bly verander maar God se liefde vir jou sal nooit verander nie. Jesus sê in Jesaja 49:16: Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; en daarom behoort jy aan Jesus; tatoeëermerk en al!

As jy nie ‘n tatoeëermerk het nie, maar dit oorweeg, gaan soek jou vertroue in God se goedkeuring en die liefde van jou vriende. Dit is gesonder vir jou hart as om ‘n tatoeëermerk te kry!

Rebellie teen owerhede en ‘n begeerte om jou individualiteit uit te druk is dikwels deel van grootword. Maar wees versigtig. As jou ouers seergemaak sal word as jy ‘n tatoeëermerk kry, is dit nie die moeite werd nie. Soms sal jy keuses moet maak waarmee jou ouers nie saamstem nie, terwyl jy grootword en jou eie manier in die lewe soek. Maar selfs waar ons nie saamstem nie, moet ons altyd probeer om ons ouers te respekteer en nie konfrontasie soek oor dinge wat nie belangrik is nie, soos ‘n tatoeëermerk.

As dit die uitdrukking van individualiteit is wat jy wil hê, oorweeg of daar ‘n minder permanente manier is waarop jy jou individualiteit kan uitdruk. Kry vir jou ‘n tydelike tatoeëermerk. Kleur jou hare. Verander jou mode. Kry ‘n paar “funky” bykomstighede. Al hierdie dinge kan jy weer verander soos jy verander. En onthou, jou voorkeure en sin vir mode sal verander soos jy ontwikkel! As jy 20 jaar gelede na foto’s van jou ouers se mode- en haarstyle kyk en dink aan hoe vreemd hulle lyk, onthou dit is hoe jy oor jou tatoeëermerke mag voel, behalwe dat jy daarmee opgeskeep sal wees vir die res van jou lewe!

Miskien hou jy van lyf kuns, maar onthou dat die tatoeëermerk gaan verander soos jou vel verander. Dit gaan rek en sak soos jy ouer word, en wat nou mooi lyk, sal dalk nie so mooi lyk as jy eers verby 40 is nie.

Dalk het jy redes wat ek nie hierbo genoem het nie. Wat ook al jou motivering, jy het vryheid in Christus om met wysheid self keuses te kan maak. Gebruik die sin wat God jou gegee het, maar onthou dat jou liggaam die woonplek van die Heilige Gees is, so eer God met jou liggaam! (1 Korintiërs 6:19-20)

As jy klaar ‘n tatoeëermerk het, dan hoef jy dit nie spesiaal te laat afhaal om ‘n Kind van God te kan wees nie. Jesus is vir jou lief, net soos jy is en jy behoort aan hom, tatoeëermerk en al! Moenie toelaat dat mense jou oordeel nie, want hulle het geen reg om dit te doen nie. Wat God dink is wat saak maak en nie wat mense dink nie! So laat mense praat as hulle wil. Jou tatoeëermerk is ‘n saak tussen jou en God en dit behoort niks te verander aan hoe jy oor Jesus voel en die Prys wat Hy vir jou op Golgota betaal het te verander nie. Onthou dat Jesus kyk na die bedoeling van die hart en nie na die uiterlike nie en Hy wil nie hê dat ons ander moet oordeel oor hulle voorkoms nie; so hou op daarmee!

Ek gaan afsluit met ‘n gedeelte wat Jesus aan my gegee het soos in Romeine 14:1-6 opgeteken [1]  En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie. [2]  Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. [3]  Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem. [4]  Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.”

Jy wat mense met tatoeëermerke oordeel; onthou dat God magtig is en so iemand staande kan hou. Moet dus nie oordeel nie, want jy het geen reg om ‘n kneg van die Aller Hoogste God te oordeel nie!

Mag die HERE hierdie boodskap aan almal wat dit lees se harte seën!

(Visited 1 098 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , , , .