Wie eerste is, sal laaste wees

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

In hierdie laaste oomblikke voor die wegraping is Jesus besig om baie hard te werk om baie van julle gereed te maak om saam te kan gaan.

Iemand se nou die dag vir my hoe moeilik dit vir daar die persoon is om toe te laat dat almal op hom trap, want dis nie regverdig nie. Dit het my laat dink dat die HERE baie keer die onregverdige in ons lewens toelaat om ons te leer hoe om meer soos Hy te wees. Naasteliefde is die sleutel waarmee ons Hemel toe sal gaan.

Die enigste manier hoe Jesus gaan weet wie Syne is as Hy gaan kom om ons te kom haal, gaan wees om te kyk wie van ons die meeste soos Hy lyk in optrede. Dis waarom Jesus hierdie “ongeregtigheid” van waar mense op jou trap toelaat sodat jy moet leer om die minste te wees om eendag die meeste te kan wees in die Hemel.

Ek gaan met julle die volgende storie deel wat ek op Internet gekry het. Dit gaan oor ‘n man wat ‘n laat bespreking op ‘n vliegtuig gekry het. Die gevolg was dat hy toe laaste op die vliegtuig geklim het en met ‘n sitplek oor die vlerk te vrede moes wees. Ook was daar geen plek vir sy hand bagasie in die rakke naby hom nie, maar net heel agter in die vliegtuig. Dit beteken dat nadat die vliegtuig geland het, hy sou moes wag vir almal om eers af te klim voor hy sy hand bagasie sou kon kry.

Eers was hy woedend daaroor en het hy gemurmureer hoe lank dit hom nou sou vat om van die vliegtuig af te klim, maar toe besluit hy om die ekstra tyd te geniet. Nadat hulle geland het en hy gewag het vir die passasiers om af te klim het hy iemand gehelp om op te staan en uit te klim. Daarna het hy die lugwaardin gehelp om om te ruim voor hy by sy bagasie agter uitgekom het.

Agterna het iemand gesê dat hulle gedink het hy werk vir die lugredery, maar dit het hom laat dink aan Jesus se woorde in Markus 9:35 “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.”

Julle weet, die Hemel is ‘n agterstevoor om plek van wat ons gewoond is hier op aarde en Jesus leer ons solank nou om te kan aanpas sodat as ons binnekort daar gaan wees, die aanpassing nie te vreemd gaan wees nie. Wees dus bly as Jesus jou nou al leer hoe om aan te pas en moenie te veel kla nie. Jesus het altyd ‘n doel met alles wat Hy doen, selfs al sien ons dit nie altyd nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 369 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , , .