Ek het die volgende getuienis op Internet gekry en ek wil die baie graag met julle deel.
Of dit ‘n droom was en of dit werklik was weet ek nie, maar ek het myself langs hierdie see bevind. Die watter was helder; so helder dat jy tot op die bodem kon sien. Daar was lewe in hierdie see, want oral het skole klein vissies in allerhande helder kleure rond geswem. Hulle het van tyd tot tyd onder die koraal wat helder oranje en pers was weggekruip net om weer uit te kom.
Die hemel was blou, maar ‘n ander soort blou as waaraan ons gewoond is. Jy kon die sterre net-net deur die blou onderskei en daar was ontelbaar baie gewees! Die lug was so vars! Dit was of elke teug asem jou laat juig het na die lewe. Dan was daar die gevoel van liefde en aanvaarding. Dit was of jy by die huis was, omring met al jou gunsteling dinge.
In die verte het ek ‘n huis gesien wat teen die water op ‘n soort van ‘n skiereiland gebou was. Die rotse teen die water was donker swart; so swart dat hulle eintlik geblink het in die lig van die son. Ek wou gaan kyk het na die huis en die volgende oomblik was ek binne in die huis. Alles in die huis was presies soos ek daarvan hou en ek het geweet dat die huis myne is.
Dit het by my opgekom dat as jy enige iets wil hê, jy net daaraan hoef te dink en dan word dit vir jou gedoen. Ek weet nie hoe dit gewerk het nie.
Ek het honger geword en wou iets gaan eet. Net soos voorheen het ek my skielik in die strate van ‘n stad bevind, maar dit was nie ‘n stad soos wat ons dit vandag ken nie. Daar was nie honderde koffie winkels en kleiner winkels wat gekompeteer het om ‘n bestaan te maak nie.
Ek het ‘n klein restaurant gevind wat soort van weggesteek was wat gelyk het soos die kelder verdieping van ‘n huis. Die linne op die tafel was perfek en sonder enige kreukels. Spyskaarte was op elke tafel en daar was mense in wit klere wat jou na jou tafel gevat het en jou bedien het. Hierdie kon Engele gewees het.
Ek het gaan sit en die spyskaart gevat. Al my gunstelinge was daarop, maar daar was geen prys langs enige van die disse nie. Dit het my bekommer, want ondervinding het my geleer dat as ‘n restaurant nie pryse langs sy disse lys nie, dan is die pryse van so ‘n aard dat jy dit nie kan bekostig nie.
Ek het begin wonder hoe ek dit gaan kan bekostig om hier te eet en ek het een van die kelners geroep om uit te vind wat die etes kos. Die kelner het gesê dat ek nie bekommerd hoef te wees nie, want alles is reeds betaal! Hier het ek wakker geskrik.
Liewe lesers, die prys is betaal! Jesus het die prys vir jou vryheid, die ewige lewe en jou gesondheid betaal op Golgota. As daar iemand is wat jou kan red van elke denkbare ding in hierdie wêreld, dan is dit Jesus! Niemand anders kan nie.
Al wat Jesus in ruil vra vir al hierdie dinge is geloof in Hom. Deur die geloof, sal jy die oordeel vryspring. Jy sal nooit ryk wees nie, maar jy sal altyd genoeg hê om van te lewe. Selfs al gaan dit hoe sleg, is Jesus altyd by jou. Hy sal jou nooit ooit verlaat nie. Wat ‘n vriend het ons in Jesus!
Prys die Wonderlike Naam van Jesus!
Dankie vir ‘n waarlik sonderlinge Boodskap van bemoediging! God se rykste seën aan u en u familie en, aan elke medegelowiges in Christus Jesus.