‘n Besoek aan die Hemel

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek het hierdie getuienis van ‘n jong seun wat ek vandag vir julle gaan bring as aansporing om vas te hou en nooit moed op te gee nie.

Toe Leonard 10 jaar oud was het hy tydens ‘n piekniek in ‘n rivier verdrink. Ons het hospitaal toe gejaag met hom, maar ten spyte van ons en die dokters se beste pogings het dit 40 minute gevat hy weer op sy eie kon asem haal.

Die dokters het ons op die ergste voor berei deur te sê dat Leonard te lank sonder suurstof was en dat daar geen manier was wat hy weer normaal sou wees nie. Hy sou heel moontlik vir die res van sy lewe verstandelik gestrem wees omdat sy brein so lank sonder suurstof was.

Vir my was dit ‘n baie groot skok, want as sy ma het ek en Leonard ‘n baie unieke verhouding gehad net soos ek met my oudste seun, Jeremy, ook het. Ek het baie gebid, maar ook gewonder waarom die HERE so iets sou toelaat.

Bo alle verwagtinge en ten spyte van die feit dat Leonard vir 40 minute nie op sy eie kon asem haal nie, het hy ten volle herstel sonder enige breinskade! Selfs die dokters was verbaas gewees, wat hulle het nog nooit in hulle loopbane gesien dat iemand vir 40 minute sonder suurstof kon wees sonder om enige breinskade op te doen nie!

Maar Leonard was anders na die voorval en ek het hom gevra wat dit is. Die verhaal wat hy my vertel het, is so ongelooflik dat ek dit vandag met julle gaan deel!

“Terwyl ek onder die water was, was ek die hele tyd wakker, ma. Ek weet nie hoe nie, maar daar was sieklik hierdie ‘Rock en Roll Man’ wat langs my gestaan het,” sê Leonard.

“Rock en Roll Man?” het ek gevra.

“Ja, Hy het gelyk soos hierdie mense wat Rock en Roll musiek speel, met die lang hare; net hierdie man se hare was bruin en het net tot op sy skouers gehang,” verduidelik Leonard.

Ek sou later agterkom dat hy vir Jesus beskryf het. Is die verbeelding van ‘n kind nie wonderlik nie?

“Die Rock en Roll man het my hand gevat toe daar ‘n donker gat langs my oopgegaan het. ‘n Baie lelike monster het uit die gat gekom en wou my been gryp, maar die Rock en Roll Man het gesê ek moet hom in die tande skop. Eers wou ek nie, maar die Rock en Roll Man het weer gesê dat ek moet. Ek skop toe so hard as wat ek kan. Die monster het geskreeu en terug in die gat in geval. Die gat het toe toegegaan.”

“Die Rock en Roll Man het my hand styf vasgehou en ons het reguit in die lug opgegaan! Ma, ons het gevlieg! Al om die wolke! Het ma geweet dat die wolke soos watte is?” het Leonard gevra.

Vir iemand wat nog nooit in sy lewe gevlieg het nie, was die beskrywing baie akkuraat en ek het gesê dat ek geweet het.

“Ons het weer reguit op gevlieg tot in die ruimte. By van die planete verby en daarna het die sterre al hoe vinniger en vinniger by ons verby gegaan tot ons anderkant die ruimte was. Ons het in ‘n stad aangekom wat gelyk het of dit deurskynend was. Party van die huise in hierdie stad was so groot soos paleise; ander was weer kleiner! Die bome was groener as die wat ons hier het en die blomme was ook baie mooier en die pad was van goud, ma! Dit het vreeslik baie geblink!”

Daar was by my geen twyfel nie. My kind was werklik in die Hemel saam met Jesus, die Rock en Roll Man!

“Ek het gedink dat die Hemel net vir grootmense was, ma, maar daar is vreeslik baie babas met mense wat vir hulle sorg. Rock en Roll Man het gesê dat hierdie babas sal groot word as hulle ouers ook in die Hemel is.”

Hoe verduidelik jy vir ‘n kind dat die babas wat hy gesien het die is wat deur aborsie vermoor is?

“Daar was baie mense, ma en ek kon voel dat hulle my lief het. Ek wou werklik nie terugkom nie, maar die Rock en Roll Man het gesê dat my werk op aarde nog nie klaar is nie.”

“Wat het Jesus alles gesê” het ek hom aangepor.

“Hy het gesê dat daar ‘n Derde Wêreld Oorlog gaan wees, maar dat mense nie die oorlog moet vrees nie. Dis wat na die oorlog gaan gebeur wat hulle moet vrees.”

Ek het besef dat hy na die komende verdrukking verwys, maar ek wou meer weet: “Waar gaan ek dan wees?”

“Jy gaan hier in die Hemel by my wees, want Jesus gaan vir jou en baie ander kom haal as die oorlog begin.”

“Gaan Jeremy ook by ons wees?” het ek oor sy ouer broer gevra.

“Nee, Jeremy gaan by die weermag aansluit. Hy gaan aan die verkeerde kant baklei, maar hy gaan dit later agterkom en dan gaan hy na die regte kant oorkom,” het Leonard geantwoord.

“Wat het toe gebeur?” wou ek weet.

“Die Rock en Roll Man het gesê dat ek huis toe moet gaan en vir mense vertel alles wat ek gesien het. Ek wou nie, maar ek het wakker geword.”

Leonard is vroeër hierdie jaar oorlede weens hartversaking wat veroorsaak was omdat sy liggaam so lank sonder suurstof was. Hy was 13 jaar oud gewees, maar ek is geensins kwaad vir Jesus nie. Ek troos my daaraan dat hy nou by Jesus, die Rock en Roll Man is en dat ek hom binnekort weer sal sien as Jesus ons gaan kom haal.

Net soos hy voorspel het, het sy ouer broer Jeremy by die weermag aangesluit kort voor Leonard se dertiende verjaardag. Hy is nog steeds daar, maar ek weet ook dat alhoewel hy dit nie nou sien nie, hy wel die regte besluit gaan maak om vir Jesus as Salig Maker te aanvaar.

So baie mense het Leonard se begrafnis bygewoon dat daar nie plek vir almal was nie. Hy het net drie jaar tyd gehad, maar in daardie tyd het hy baie mense se lewens aangeraak, net soos ek weet hierdie getuienis ook sal doen!

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 464 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .