Die Dag van die Here kom gou!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Liewe lesers, ons tyd op hierdie aarde is baie min; minder as wat ons dink.

Baie ellende word op die oomblik teruggehou as gevolg van die gebede van Christene en as gevolg van hulle gebede word die einde teruggehou. Maar God die Vader kan enige tyd besluit dat die tyd om is en dan SAL die wegraping plaasvind, of jy nou gereed is of nie.

Jesus sê: “Wees-gereed-dat-Ek-jou-enige-oomblik-kan-vat!”

“Ken die toestand van jou siel voor My. Weet dat jy skoon en gereed is om voor My te verskyn. Spandeer tyd in gebed saam met my en hou op om doellose dinge na te jaag. Moenie wag vir die einde voor jy dinge met My regmaak nie. Moenie dat jou bene oor die verkeerde kant van die draad hang nie. Wees stewig geplant op die goeie grond en moenie met sonde speel nie.”

“Sommige van julle is al lank hier en in daardie tyd het Ek julle gereedgemaak vir hierdie dag, maar sommige van julle is nog steeds nie gereed nie. Baie van julle is geheel en al opgevang in die wêreld en julle het geen idee wat met jou kan gebeur binne die volgende minuut nie. Daarom  is julle nie gereed nie. Dis goed om voorbereid te wees om die onvoorsiene, maar meer belangrik is jou verhouding met My, want dan het jy iets om aan vas te gryp en jy het sekerheid oor waar jy heengaan.”

“Maar baie stel uit tot dit te laat gaan wees. Moenie gras onder jou voete laat groei deur vergifnis vir jou sonde te vra nie en moet nooit dink dat môre nog ‘n dag is nie. Jou lewe kan enige oomblik eindig en as jy uitgetel het om vergifnis te vra sal jou siel in gevaar wees!”

“My geliefde Kinders, Ek wag elke aand om tyd saam met julle deur te bring en om julle te oortuig van die liefde wat ek vir julle voel. Baie van julle vermy My omdat julle nie verstaan hoe lief ek julle het nie. Dis ‘n liefde sonder oordeel of enige voorbehoud. Ek ken jou tekortkominge maar jy is nog steeds baie kosbaar vir my. ‘n Skepping was sy Skepper erken! Ek wil by jou wees en Ek wil tyd saam met jou spandeer!”

“As jy dit verstaan, dan sal jy nie jou voete so sleep om in gebed te kom nie. Jy sal ook nie bang wees om aan jou foute te werk nie, want Ek sal vir jou sê: Kom, laat ons saamwerk, want hierdie dinge is te veel vir jou om te hanteer. Laat ons hande vat en saam daaraan werk. Dis my begeerte, tog distansieer jy jou van My omdat satan jou aankla deur jou ou sonde oor en oor op te bring en jou vals te beskuldig.”

“Al wat vir My saak maak is dat ons tot ‘n vergelyking kom en jy jou plek in My hart vind. Daar gaan jy veilig wees om nooit weer versoek te word nie. Dis jou erfdeel en dis waarvoor Ek op die kruis gesterf het om vir jou te bewerkstellig! Moet dus nie tyd mors om vergifnis te vra nie, want ek staan met ope arms en wag.”

Prys die Wonderlike Naam van Jesus!

(Visited 105 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .