Die Geheime mag van Liefde

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Mag Jesus ons die liefde, geduld en genade gee om elke dag ons lewens te leef soos Jesus dit van die begin af bedoel het.

Daar is geen beter geneesmiddel as liefde nie. Geen beter geneesmiddel wat kan oorwin teen teenstrydighede, misverstande, geskille en sondes van alle soorte soos liefde nie. Baie van julle het al geleer dat liefde die enigste manier is om situasies te hanteer wat op die afgrond staan en dreig om af te val. Die liefde is geduldig, vriendelik, is nie arrogant nie en verdedig nie sy posisie nie. Liefde vergaan nooit nie en dit versuim ook nie om te hoop nie. Al sien ons dit nie altyd nie, bring Jesus alles weer terug na liefde toe.

Die enigste uitsondering is die siele wat gekies het om te haat en niks met Jesus se liefde te doen wil hê nie. Hierdie is verlore siele wat nie kan saamstem met enige iets hemels nie. Hulle sal altyd alles wat nie hulle haat en bitterheid vergroot nie, tee staan. Dis waarom Jesus in Sy Woord sê, “laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie” (Efesiërs 4:26), want dit laat die saad van bitterheid toe om wortel te skiet en die hart te bederf. Die volgende oggend gaan jy teen meer baklei as net bittere gedagtes. Jy gaan teen vestings van satan baklei.

Daar is baie van julle wat in konflik is met julle families en selfs julle gades. Jesus het ons nooit geroep om so heilig te lewe dat ons ontoeganklike of afsydig moet staan teenoor hulle behoeftes nie. Gaan uit jou pad uit om vrede te maak met jou kinders, man, vrou of selfs jou skoonfamilie. As jy Jesus bo hulle stel, dan gaan jy maak dat hulle Jesus verag en niks met Hom te doen wil hê nie.

Ek praat nou nie van sonde nie. Moet nooit ingee as dit by sonde kom nie, maar staan teen sonde met ‘n ferme hand, nooit met harde veroordeling nie. Jy is die lig wat skyn in die duisternis en jy vat Jesus saam met jou oral waar jy gaan. Sy teenwoordigheid in jou lewe behoort vrede, geluk en broederlike liefde te bring, beslis nie harde oordeel nie!

Mag ek sê dat niks in ‘n huwelik so belangrik is soos om jou wederhelfte en ook jou familie te laat voel dat jy hulle liefhet en eer nie.

Ek sluit nie gebed en gesprek tussen man en vrou uit nie, maar pasop vir skinderpraatjies en oordeel. Hierdie is uiters giftige goed wat huwelike vernietig, want dit maak deure vir satan oop. Deure wat hy teen jou kan gebruik.

Sit Jesus eerste in jou hart, maar nie bo die behoeftes van jou familie nie. Baie keer wil jy eerder tot Jesus bid, maar dan soek iemand in jou gesin na iets. Gaan help daardie persoon. Jesus maak daardie toegewing sodat dit gebruik kan word, want dis soms meer oordeelkundige om te sorg vir die behoeftes van jou gesin as om jouself af te sluit en teruggetrokke te wees.

Niks draai mense van Jesus af weg vinniger as ‘n godsdienstig en eiegeregtig vrou nie. Dis vernederend en verkleinerend vir die man. In plaas daarvan dat die man met sy vrou kompeteer om net so ‘n heilige leefstyl te wil volg as sy, hardloop hy altyd in die ander rigting weg. Dis waarom Jesus in baie gevalle die waarheid en die regte rigting deur die mond van ‘n ongelowige man sal laat praat as deur die mond van die gelowige vrou.

Weereens bevestig ek dat dit nie nodig is vir jou om te komprimeer met sonde nie, maar daar is maniere om weerstand te bied deur liefde eerder as deur oordeel.

Dis belangrik dat jy die Gees van Jesus toelaat om jou man op te bou. Dis nie maklik om iemand op te bou wat Jesus nie volg met sy hele hart nie, maar deel van die rede waarom Jesus mense saam voeg is sodat jy jou man na Jesus kan lei deur jou optrede, hom te eer en om hom te komplementeer as hy na Jesus draai.

Dis waarom dit so belangrik is dat ons alles doen in ‘n gees van broederlike liefde. So baie mense het hulle huwelike totaal vernietig deur te godsdienstig te wil wees te veel dinge vir Jesus te wil doen. Al wat Jesus wil hê ons moet doen is om mekaar lief te hê. Wanneer mense gelief en geëer voel, trek jy mense na Jesus toe omdat jy toelaat dat strome van lewende water deur jou vloei, jou skoon was en jou voed.

Mense sal hierdie water in jou sien en dit begeer omdat dit liefde in die suiwerste vorm is. Hulle sal alles in hulle vermoëns doen om daarby uit te kom en die dag dat hulle dit regkry, sal hulle gereed wees om totsiens te sê aan hierdie wêreld met sy vlas liefde omdat hulle meer honger sal wees vir die ware liefde. Wees daardie liefde vir die mense om jou en moet nooit ooit enige iemand onwaardig voor Jesus laat voel nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 183 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .