Jesus sien hoe ons aangeval word met leuens, verwyte en beskuldigings asook hoe ons uithou om dan met bonatuurlike krag terug te kan baklei.
Jesus sien hierdie dinge raak en Hy wil hê dat ons moet weet dat Hy elke aanval van ongeregtigheid op Sy Kinders teen die vyand gebruik. Hou dus moed en moenie moed opgee nie!
Die eerste ding wat ons wil doen as ons valslik beskuldig word is om uit te roep in woede en onsself te wil verdedig, maar dit is presies wat satan wil hê jy moet doen. In plaas daarvan, volg Stefanus se voorbeeld in Handelinge 7:60 en vergewe die wat jou te na gekom het. As jy dit doen, bewys jy nederigheid en bewys jy dat die een wat in jou is, reeds die wêreld oorwin het! Nederigheid, liewe leser, is baie meer werd by Jesus as enige iets anders!
Dit is waar dat die wag op die koms van Jesus uitmergelend is, maar weer eens is daar ‘n rede daarvoor. En hierdie rede is, dat daar nog siele is wat gered moet word. Dink ‘n bietjie so daaraan: as die wegraping vroeër plaasgevind het, hoeveel van ons sou dan gered gewees het? Maar nou, omdat Jesus vertoef om te kom, kan nog baie gered word wat nie andersins gered sou word nie.
Stel jouself ‘n dyk voor wat ‘n meer vol van allerhande sonde terughou. Onder hierdie dyk is daar baie huise, skole, speel gronde en ander plekke vol lewe. Hierdie dyk is besig om oud te word en as dit moet meegee, dan sal alles onder die dyk verspoel. As ‘n kraak verskyn, dan kom ‘n siel en sit hy sy vinger daarin om die dyk weer te seel. Dis wat ons nou besig is om te doen. Ons seel die krake vir Jesus!
Hierdie dyk is al vir baie jare gereed om mee te gee, maar besorgde Christene het gekom, saam gestaan en hulle vingers gebruik om die water te keer. Op die manier is die ramp van die dyk wat ingee al ‘n paar keer uitgestel, maar die dyk is nog steeds besig om krake te onwikkel. Ons is nou op die stadium waar die water al onder deur die dyk begin sypel en die grond om die voete van die mense verander in glyerige modder. Ten spyte van ons beste probeerslae, is dit net ‘n kwessie van tyd voor die grond onder die voete van die wat terughou gaan meegee en niks meer gedoen gaan kan word nie. Die dyk gaan bars en alles stroom af gaan weggespoel word. Dis ‘n wiskundige feit!
Dis die punt waar ons nou is. Besorgde christene, gebed stryders asook ander het aangehou om weerstand te bied, maar al hoe meer en meer krake vorm en die water kom al hoe meer deur. Sodra die krake bymekaar kom, gaan dit gate vorm waar meer water deur gaan kan kom. Daarna gaan daar niks meer wees wat gedoen kan word nie.
Ons verlossing gaan skielik en sonder waarskuwing kom. Dis waarom Jesus al hierdie boodskappe met ons deel; om ons gereed te maak sodat ons staande kan bly as die tyd kom terwyl ander val. Daar is vir ons geen manier om die veranderinge wat gaan plaasvind nou al te kan begryp nie, maar as dit gebeur, sal ons totaal afhanklik van Jesus kan wees en ons sal kan vertrou dat Hy ons daar deur sal kan kry. ‘n Intieme verhouding Jesus, om Sy stem te herken (Johannes 10) en Sy wense uit te voer is die sleutel. Dis waar ons verlossing is: om aan Jesus vas te klou en die pad wat hy vir ons uitgelê het te volg!
Terwyl ons wag, vra Jesus dat ons getrou sal wees in ons roepinge. As jy nie ‘n roeping het nie, doen dan goed aan jou naaste om jou. Wees lief vir jou naaste, selfs al maak hulle jou so bitter seer… Bid vir jou vyande, selfs al verdien hulle dit nie. Jaag ‘n dieper verhouding met Jesus na; Hy sal jou nie teleurstel nie en jou beloning sal groot wees!
Prys die Naam van Jesus!