Jesus, Koning, help ons om sin te maak van die dinge wat besig is om met die wêreld te gebeur. Dis moeilik om te verstaan hoe U dinge doen omdat U wee nie ons wee is nie.
Het julle al opgelet na die toestand van die wêreld vandag? Super storms en sewe punt aardbewings is aan die toeneem en dit word met elke voorval al hoe erger. Mens kan nie help om die gevoel te kry dat dinge binnekort al hoe erger gaan word en dat ons nie meer hier gaan wees om dit te sien nie.
Die wat gered is baklei al lank om die skip op koers te probeer hou en om die fondament te bou vir die wat gaan agterbly om deel van die groot siele oes te wees. Nou is die tyd vir hierdie werkers om huis toe te gaan amper hier. Die wat gaan agterbly gaan dan kan groei in volkome heiligheid, want dis wat gaan nodig wees om deur hierdie moeilike tyd te kom.
John Ankerberg, die Amerikaanse evangelis, het ‘n studie gedoen het oor die Romeinse, Griekse en ook die Joodse weermagte van die Bybelse tyd. In daardie tyd het hulle ‘n basuin geblaas as die oorlog verby was wat aan die soldate aangedui het dat die oorlog verby was. Die doel van die basuin was om aan te dui dat jou werk verby is en dat dit tyd is om huis toe te gaan en te rus. Ons wat die soldate van die HERE is, is gewikkel in ‘n geestelike oorlog. Wanneer die wegraping plaasvind en die basuin blaas, gaan dit die teken wees dat ons geveg in die geestelike oorlog verby is. Dis tyd om saam met die HERE te gaan en te gaan rus in die Hemel by Hom. Hierdie is sekerlik ‘n baie insiggewende verduideliking oor die wegraping en die betekenis daaragter. Jou werk is verby, dis nou tyd om te gaan rus, want jou aflos is hier.
Op die oomblik is daar drie kampe in die geloof: die wat sonder twyfel glo in God, die wat draad sit en nie kan besluit of hulle wil glo of nie en dat is daar die wat glad nie glo nie. Maar na die wegraping gaan daar geen grys areas meer wees oor die waarheid en die egtheid van God se Woord nie. Daar gaan dan net twee kampe wees: die wat glo en die wat nie glo nie. Die wat draad gesit het voor die wegraping, gaan opstaan en hulle plekke volstaan wanneer hulle gaan besef dat die Woord van die HERE die waarheid is. Hulle gaan rotsvas staan op alles wat in die Woord van God geskryf staan tot die laaste jota!
Sommige van die wat die geloof gaan opneem gaan ongelukkig terugval in die wêreld in. As jy een van die is wat agtergebly het en staan op die Woord van die HERE as die een absolute waarheid, gaan jy jou vleeslikheid onder beheer moet kry. Satan gaan jou sonder genade aanval en as jy jou vleeslike begeertes nie onder beheer kry nie, gaan jy nie bly staan as die merk af geforseer word nie.
As jy die merk gaan aanvaar omdat jy nie op die HERE vertrou het nie, gaan jy jou geliefdes nooit weer sien nie, want jy sal vir ewig in die hel gemartel word. Hierdie dinge word genoem sodat jy jou prioriteite in orde kan kry dat as die tyd kom, jy die regte keuses kan maak. Sommige sal sterf vir hulle geloof, maar dit sal ‘n bevryding wees, want dan sal jy saam met die HERE in die Hemel wees. Dis waar dat die lewendes die dooies sal beny, maar moenie sterf met die merk nie!
Wat gaan jy nodig hê om te bly staan in hierdie tyd? Eerstens, ‘n verhouding met die HERE. Nie net ‘n vinnige gebed en dan aangaan met jou lewe nie, maar ‘n verhouding met die HERE deur jou Bybel sodat die HERE aan jou kan oordra wat reg en wat verkeerd is. Die wat gaan oorleef gaan die wees wat gehoorsaam gaan wees. Sonder die leding van die HERE gaan jy nie oorleef nie. Onderskeiding gaan die sleutel tot sukses wees, veral as die vals profete kom en die wat jou gaan verraai aan die magte van die wêreld.
Baie van julle gaan in hierdie tyd wonder of julle gereed is net soos die wat nou lewe wonder of hulle gereed is om saam met die HERE te gaan. Ek kan julle net verwys na die volgende vers wat dinge vir my duidelik gemaak het: Johannes 8:51 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.” Hierdie vers verduidelik alles, want dit gaan oor die wil om die Woord van die HERE in jou hart te bewaar en dit met alles wat jy het uit te leef! Dis wat jou siel veilig gaan hou. Dit gaan nie oor hoeveel keer jy vaal nie, maar die wil om die Woord uit te leef.
Die wat gaan agterbly gaan ‘n weermag van gelowiges wees wat skouer teen skouer gaan staan teen die Antichris en sy magte. Sommige gaan voel asof hulle groot lafaards is, maar die HERE sal julle toerus met krag wat julle sterk sal maak. Julle gaan die kerk van die HERE aan die gang hou tot Hy gaan terugkom om vir ‘n duisend jaar oor hierdie wêreld te regeer.
Hou vas wat julle geleer is en onthou dat naaste liefde die sleutel tot sukses is! Die HERE is met julle, altyd!
Prys die Groot en Almagtige Naam van die HERE!