Die Oordeel Kom!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

My liewe kinders, moenie bevrees wees nie. Dis waarom Ek vir julle sê wat gaan gebeur voor dit gebeur sodat julle nie bevrees moet wees as julle dit sien gebeur nie. -Jesus Christus

Dis nou al ‘n geruime tyd dat Jesus vir my hierdie boodskap gee. As ek my Bybel oopslaan, dan is dit by een of ander Goddelike oordeel wat uitgespreek is omdat die mense van daardie dorp of stad nie wou luister na die stem van die HERE nie. Sien ons nie dieselfde vandag nie?

Vandag word wette afgevaardig sonder dat die HERE enigsins daarin geken word. Daar het Amerika nou hulle aborsie wette verander sodat babas tot in die derde trimester geaborteer mag word! Vir die wat onkundig is, teen daardie tyd is die baba al ten volle gevorm en het dit die beeld van ‘n mens!

Die wet sê egter dat iets wat ongebore is, nie ‘n lewe is nie en daarom ook nie moord nie. Ek sal dit uiters lagwekkend vind as my hart nie so swaar was nie, want daar het die wetenskaplikes mikroskopiese sel lewe op Mars gevind en geskreeu dat hulle lewe gevind het… Wat is ‘n baba in die derde trimester dan? Is dit dan nie ook lewe nie?

Jesus is baie kwaad oor wat op hierdie aarde aangaan; dit kan ek julle verseker! Dis waarom die oordele wat gaan kom die ergste gaan wees wat hierdie wêreld nog ooit aanskou het. Soos die Bybel sê, as daardie tyd nie verkort was nie, sou geen vlees gered kon word nie… (Mattheus 24:22)

Niemand weet wanneer daardie tyd gaan kom nie, maar ons weet dat dit naby is. Hierdie is die laaste van die laaste dae! Maak julle oë oop! God se tydberekening gaan absoluut perfek wees en daar gaan geen beter tyd vir die wegraping wees as juis op daardie oomblik wees nie. Daarom, kyk op, want jou verlossing is naby! (Lukas 21:28)

Maak nie saak wat julle in die media sien gebeur nie, hou vas aan die Woord van God, want dit gaan die enigste standvastigheid wees wat daar gaan wees. Die Woord sal jou nooit ooit vaal nie! Hou daarom vas wat jy het!

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 35 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .