Hoe satan in ons vrese speel

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Jesus laat toe dat dinge oor ons kom en ons kan leer daaruit. Dis die leerskool van die HERE daardie in aksie.

Ek is die laaste ruk deur vreeslike vrese oorval: Ek het gevrees dat my geliefdes in die wegraping agter gaan bly. So ‘n vrees is natuurlik ongegrond, want as jy gered is met die Gees van die HERE in jou en jy word deur die Gees gelei, dan is daar geen rede vir vrees nie. Ek weet dat die werk wat ek onder julle asook my geliefdes gedoen het, meer as net kwalifiseer, dus is hierdie vrees totaal ontneem van enige waarheid.

Satan bly maar satan en ook die vader van die leuen en hy sal aanhou om jou iets te wys wat amper soos die waarheid is. Let op: amper soos die waarheid, maar nie die waarheid nie! Ek het hierdie vrees met iemand bespreek en die persoon sê toe vir my dat satan besig is om in my vrees in te speel! Emmer koue yswater oor my! Sjoe!

Daardie aand gee Jesus vir my Romeine 8:1 “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Sien julle hoe satan met ons speel? Ek weet daar is van julle wat dit ook mee gebeur en dis waarom Jesus toegelaat het dat dit met my moet gebeur sodat ek hierdie boodskap vandag het om vir julle te bring.

Pasop vir satan! Hy is ‘n leuenaar en ‘n liegbek! Die Bybel sê hy is die vader van die leuen en dat daar geen waarheid in hom is nie.

Vat daarom jou vrese en bind hulle in ‘n klein bondeltjie en werp hulle van jou af weg! Hierdie vrees kom nie van die HERE af nie. Satan is besig om jou aan te val en hy doen dit op die mees slinksste manier denkbaar, deur jou gedagtes!

Mag die HERE hierdie boodskap in julle harte seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , , .