As Kinders van God hou ons daarvan om sonder te klassifiseer in groot sonde wat van weggebly moet word en klein sondes wat minder erg is om te pleeg…
Ons hou ook daarvan om te dink dat Jesus sal verstaan as ons aanhou sondig, want Hy is mos ‘n God van liefde en ‘n God van liefde sal mos nooit een van Sy Kinders tot die hel verdoem nie…
Liewe leser, dis waar jy die grootste fout van jou lewe maak as jy so dink. Satan is besig om met jou kop te sokkel, want Jesus word gebind deur dieselfde reëls as ons as dit by sonde kom. Daar is nie iets soos ‘n groot en ‘n klein sonde nie. Dis nie die grootte van die oortreding wat saak maak nie, maar die daad self wat op ongehoorsaamheid teen God neerkom. Iemand wat sondig is ongehoorsaam aan God en dis die groot en die klein daarvan!
Dis soos om vir iemand te sê dat hy moet wegbly van die groot bottel vol gif af, want dit sal hom doodmaak, maar die klein botteltjie vol gif is veilig om te drink! Gif is gif en beide sal jou dood maak. Die grootte van die houer is irrelevant! Verstaan julle.
Hierdie afgelope tyd het die Gees gereeld vir my die gedeelte oor die Onregverdige Bestuurder gegee in Lukas 16:1-13. Aanvanklik het ek gedink dat ek iewers iets verkeerd gedoen het dat ek hierdie gedeelte aanmekaar kry, maar toe begin ek verstaan wat dit is wat die Gees wil hê ek moet oor praat en dit is soos onder.
“Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” (Luk 16:13)
Liewe lesers, ons kan ons nie meer besig hou met sonde nie en nou praat ek van doelbewuste sonde! Die soort waaroor jy ‘n keuse het of jy dit wil doen of nie. Die uur daarvoor is nou te laat. Jesus se koms vir Sy Bruid is hier! Waar gaan Hy jou vind as Hy kom? Getrou en biddend op jou pos of gaan Hy jou in die wêreld vind besig om klere te koop sodat jy mooi van buite kan lyk?
Ek het reeds voorheen vir julle gesê dat geen mens ooit perfek sondeloos gaan wees nie en ek was ernstig toe ek dit gesê het, want dis waar. Ons kan egter perfek berouvol wees en dis waarom dit so belangrik is om gereeld vergifnis vir ons oortredings te vra. Dit beteken egter nie dat ons moet aanhou sondig net omdat ons gereeld vergifnis vra nie. Iewers gaan ons ‘n streep in die grond moet trek en besluit watter meester ons wil dien!
Verstaan julle wat ek probeer sê? Ek hoop regtig so! Ons almal sondig per ongeluk; ek ook, want niemand van ons is perfek nie! Ons is mense en ons is swak, maar doelbewuste sonde, dis ‘n perd van ‘n heeltemal ander kleur! As Kinders van God kan ons nie meer betrokke wil wees by doelbewuste sonde nie, want soos Jesus gesê het; ons kan nie twee here dien nie!
Dus, liewe leser, besluit watter meester jy die liefste het. As dit vir Jesus is, gaan dan heen en sondig nie meer nie.
Mag die HERE hierdie boodskap seën!
Amen! 👏🏻🙌🏻🙏🏻
Ons het inderdaad in die vlees saam met Jesus Christus gesterwe – wanneer ons in die gees lewe, Dra die Heilige Gees ons – dat ons nie na die vleeslike begeertes hunker en daarin wandel nie. Daarom roem ek totaal in en op Jesus Christus vir daardie oorwinning! Want sonder die Heilige Gees wat my dra en lei kan ek NIE dáárdie stryd nie voer, nog oorwin nie! Dis my persoonlike ervaring…
Álle Roem, Lof, Eer en Dank in en aan Jesus Christus Alleen – Sý Bloed en Gees het my Bevry van die ellendige bestaan in die sondige vlees. Ons moet net IN Hom volhard in die Stryd – totdat Hy weer Kom en ons finaal gaan Nuut Maak!
Baie dankie vir u bemoediginde boodskappe – God se rykste seën aan u en u familie 🙌🏻