Het jy My lief? Laat my skape wei.

Mag Jesus julle versterk met bonatuurlike krag in al die besluite wat julle neem, want Hy het ons oneindig baie lief.

Jesus weet dat sommige van julle sukkel om weg te breek van wêreld af, want dit beteken jy vir jouself moet sterf. Om so ‘n die breek te maak kan baie moeilik wees, maar vir ander gaan dit makliker wees omdat dit kom in kleiner dosisse. Jesus ken elke siel en weet wat goed is vir elkeen van ons. By Jesus is geen kortpaaie nie, net gehoorsaamheid. Die vraag wat Jesus dus vra is: “Het jy My lief? Laat dan my skape wei.”

Baie mense besef nie dat Jesus omstandighede in hulle lewens toelaat omdat dit die volgende stap na heiligmaking is nie. Dis omdat hulle dink in terme van sukses, sekuriteit, vrede en geluk soos die wêreld wil hê ons moet dink.

Voor ons egter hierdie dinge kan hê: regte vrede, regte sekuriteit en werklike sukses, moet ons eers die ongetemde landskap wat ons eie opinie is oorwin. Ons weë is nie die God se weë nie, op dieselfde manier wat ‘n twee jarige kind se lewens keuses nie ons lewens keuses is nie.

As jy ‘n kind laat doen wat hy of sy wil, dan gaan jy in ‘n ommesientjie met groter probleme sit as wat jy ooit gedink het jy kan hê. Dis waarom Jesus vir ons ouers gegee het, want hulle ken die pad na ware sekuriteit. Net so ken Jesus wat ook ons Vader is die pad na ware sekuriteit.

Om groot te word is geen maklike taak nie. Jy val op meer maniere as wat jy kan opnoem. Op dieselfde manier is dit geen maklike taak om groot te word in die geestelike wêreld nie. Om nee te sê vir die vleeslike is net die een gedeelte van jou reis. Die ander is om jou kruis op te neem en Jesus te volg, maar jy kan nie vir Jesus volg voor jy nie nee gesê het vir die vleeslike nie. Wat soos dwaasheid vir die wêreld lyk is die toppunt van wysheid van Jesus. Om hardnekkig aan jou eie idees vas te hou is die toppunt van dwaasheid.

Daar is twee vlakke van gehoorsaamheid aan Jesus. In die eerste geval kies baie min mense om gehoorsaam te wees gebaseer op wat in die Bybel staan of die voorbeeld wat ander daar gestel word. In die tweede geval soek ‘n siel wat leeg is Jesus en as hy Hom vind, vra hy wat Jesus wil hê hy moet doen. Hierdie tweede geval is die beter manier omdat so iemand outomaties al die slaggate wat in die eerste geval sal opduik, vermy.

Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” (Spreuke 14:12)

Iemand wat sy lewe geheel en al in die hande van Jesus gee sal nie in enige slaggat val nie, maar om dit te kan doen, mag jy geen wil van jou eie of enige opinie hê nie.

Dis nie Jesus se wil dat enige een van ons moet swaar kry nie, maar tensy ons die weg van die Kruis volg, kan ons nie vertrou word met die gawes wat Jesus aan ons wil gee nie. Al wat sal gebeur is dat ons hierdie gawes sal besoedel met ons eie wil en dit so aan ander leer. Die houvas wat eie wil en intelligensie op die mens het, moet eers gebreek word.

As ‘n siel bereid is om dom te lyk vir die wêreld, maar optree uit geloof uit, dan kan hy vertrou word met die groter gawes van Jesus. Dis waarom die wat graag mense wil leer vermaan word, want hulle sal strenger beoordeel word as die wat nie leer nie.

Vir die wat wonder; Jesus toets ons voortdurend, want Hy wil sien hoe diep ons toewyding gaan. Daar kom ‘n tyd wat ons gaan uitblink vir Hom, maar eers gaan ons moet leer om die bekende te laat gaan en net op Hom te vertrou; dat Hy weet wat die beste vir ons is. Hierdie toetse gaan ons plasing in die hiernamaals bepaal en of ons bereid is om Jesus met ons hele hart te dien en of ons net vir Hom toegang tot sekere dele van ons hart gaan gee.

Is jy dus bereid om Jesus toegang tot jou hele hart te gee of gaan jy Hom net toegang tot ‘n gedeelte gee deur ‘n streep te trek en te sê: “Nie verder nie, HERE!” Dis die vraag wat jy vir jouself moet vra en eers as jy daardie keuse gemaak het, kan daar verder beweeg word. Onthou dat die vryheid van keuse ons s’n is en Jesus nooit sal inmeng met jou vryheid van keuse nie. Jy is dus die een wat moet besluit hoeveel van jouself jy vir Jesus wil gee of nie wil gee nie. Die keuse is joune.

Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!

(Visited 438 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .