Hoe onderskei mens ‘n vals lering/profeet?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Iemand het my gevra hoe ‘n mens ‘n vals profeet of ‘n vals lering kan uitken as jy nog jonk in die Gees is, want beide klink reg.

Hierdie is ‘n baie interessante vraag, want hoe weet jy as jy jonk in die Gees is. Vir die van julle wat ouer en meer gevorderd is in die dinge van die HERE, sal nou sê dat dit maklik is, want jy vertrou die leiding van die Gees. Julle sal natuurlik ook reg wees, maar ons praat nou van die wat jonk in die Gees is.

Die maklikste manier om ‘n vals profeet uit te ken is om jou Bybel te ken! Ek bedoel nou nie vers vir vers en hoofstuk vir hoofstuk nie, maar jy gaan ‘n algemene begrip moet hê van wat daarin staan, selfs al weet jy nie presies waar dit staan nie. Die tweede manier is om die Gees van die HERE te vertrou en daarmee saam jou gevoel. Die derde manier is deur pure ondervinding!

Die eerste keer wat ek met ‘n vals lering te doen gekry het was in ‘n kerk wat ek bygewoon het. Ek was op daardie stadium tussen kerke, want die vorige kerk wat ek in was het hulle deure toegemaak weens finansiële redes. Ek was op daardie stadium al lank ‘n Kind van God, maar die leiding van die Gees was vir my nog ‘n vreemde konsep. ‘n Nuwe leraar het by die kerk aangesluit en hy het die geleënheid gebruik om oor sonde te praat. Sy preek het gegaan oor dit wat in jou ingaan, jou onrein maak. Dit was meer as ‘n gevoel as kennis, maar iets het vir my gesê dat hierdie boodskap nie reg is nie. Hoe meer ek geluister het, hoe meer het ek gevoel dat iets net reg is nie! Ek het om my rondgekyk en gesien hoe die mense almal aan sy lippe hang. Dit was nog meer frustrerend, want was ek dan die enigste een hierdie snaakse gevoel gehad het en dat was om op te staan en uit te loop. Ek het met geredeneer dat dit onbeskof was om te doen, maar die gevoel het net al hoe sterker geword tot ek ingegee het en uitgestap het. Ek het lank daarna gewonder of ek die regte ding gedoen het, maar vandag weet ek dat dit reg was, want die Bybel leer ons dat dit nie is wat in die mens ingaan wat hom onrein maak nie, maar wat uit hom uitgaan! (Mattheus 15:11)

Om op die Gees te vertrou is baie beslis die beste metode. Mense noem dit hulle “gut-feeling” en dis presies hoe dit baie keer voel! Jy weet net iets is nie reg nie, selfs al kan jy nie jou vinger daarop lê nie!

My tweede ondervinding was met ‘n boek wat ek by ‘n baie bekende Christelike Boekwinkel gekoop het. Die boek was ‘n getuienis van iemand se besoeke in die Hemel en ook hulle ontmoetings met Jesus. Die eerste paar hoofstukke was vreeslik interessant en ek het dit terdeë geniet, veral die beskrywings en om te weet dat ons hoop nie verniet is nie. Daarna het die boek ‘n wending geneem, maar ek het aanhou lees. Toe ek twee derdes van die boek klaar gelees het, was ek so deurmekaar dat ek aan my eie verlossing begin twyfel het! Dit wat in die boek beskryf word is nie wat die Bybel vir ons leer nie, en dit was baie duidelik! Wat bekommerd was, was dat die skrywer geskryf het dat hulle uit verskeie kerke verban was as gevolg van hulle sieninge en dis die rede vir die boek! Hierdie moes vir my klaar genoeg getuienis van ‘n vals lering gewees het… Ek het die boek weggesit en vir ‘n lang tyd daarvan vergeet totdat ek en die leraar van die kerk wat ek by aangesluit het eendag daaroor gepraat het. Hy het gevra of ek die boek vir hom sal leen en ek het dit die volgende Sondag vir hom gevat. Hy het die Sondag daarna na my gekom en vir my gesê dat hierdie persoon probeer om hulle eie weergawe van die Bybel te skryf en dat ek dit nie moet glo nie. Hy het ook aan my die uitgewer se opsomming wat agter in die boek was gewys en daarin skryf die uitgewer dat hierdie boek ‘n werk van fiksie is en nie geglo moet word nie!

Mens se eerste vraag is, waarom Jesus sulke dinge toelaat en die antwoord is baie maklik: sodat ons moet leer! Ek het twee baie duur lesse uit hierdie twee ondervindings geleer en vandag kan ek ander help daarmee en ek kan hulle waarsku om op hulle hoedens te wees vir die wolwe in skaap klere! Nie almal wat sê “Jesus, Jesus” is opreg nie. Vir baie gaan dit net oor die geld wat hulle maak, want dis die god wat hulle aanbid. Vir ander gaan dit oor die faam en die bekendheid, want dis die god wat hulle aanbid!

Jesus sê dat as Kinders van die Aller Hoogste moet ons versigtig wees soos slange en opreg soos duiwe! (Mattheus 10:16) Wees versigtig na wie julle luister en wat julle lees. Gebruik die leiding van die Gees. Ondersoek alles, maar behou dit met die oog op wat nuttig is!

Mag Vader Jesus julle seën en so ook hierdie boodskap aan almal wat dit lees se harte! Prys Sy Heilige Naam!

(Visited 214 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .