Vandag se boodskap is ‘n getuienis van een van ons gereelde lesers en wat met hom gebeur het, maar kom ons stel hom aan die woord.
“My naam is Johan en in Augustus het ek een aand onbedaarlik begin bloei; in so ‘n mate dat ek in die hospitaal opgeneem is. As ek nou daaraan dink, moes ek nie vandag in staat gewees het om my getuienis te gee nie. ‘n Normale mens se bloedtelling is 11.5 as dit op sy laagste is, maar myne was 4.5!”
“Ek was so vinnig in die hospitaal opgeneem dat daar nie eers tyd was om my Bybel te vat nie! In die hospitaal het hulle die bloed vloeiing gestop en vir my ‘n bloed oortapping gegee om my bloedtelling weer op te kry tot normaal.”
“Later by die huis het ek my Bybel gevat en met Jesus begin praat. Ek het Hom gevra of ek nie maar huis toe kan kom nie en Hy het met my uit die Bybel begin gesels deur vir my te sê dat Hy my gespaar het sodat ek die volgende boodskap aan almal kan uitdra.”
“Terwyl ek daar met my Bybel gesit het, het Jesus gesê: Ek kom, Ek Kom! Selfs toe ek in die hospitaal was het Jesus met my gepraat en gesê dat ek vir almal moet sê dat Hy gaan kom!”
“Omtrent daardie tyd het die storie oor die wegraping van die 23-34 September uit gekom en ek is jammer om te sê dat ek daarvoor geval het; deels oor die boodskap wat ek gekry het dat Jesus gaan kom. Soos ons nou weet, het niks gebeur nie, maar toe kom die storie van die tien maagde by my op.” (Mattheus 25:1-13)
“Soos julle weet het al tien van hulle het gesit en wag vir die bruidegom om te kom, maar toe die bruidegom talm om te kom, het die olie in die helfte van die meisies se lampies min geword. Hulle wou toe olie by die ander leen, maar laasgenoemde het gesê dat hulle eerder olie by die verkopers moes gaan koop, wat hulle dan ook gedoen het. Soos ons weet, het die Bruidegom gekom terwyl hulle weg was.”
“Dit maak ‘n mens bang as jy besef dat net die helfte van die meisies gereed was om die Bruidegom te ontmoet… Baie was gereed om Jesus te ontmoet op 23-24 September, maar die Bruidegom het getalm om te kom… Nou is baie terug na hulle lewens toe: een na sy stuk grond wat hy gekoop het, ‘n ander na sy eie handelsaak en ‘n ander na ‘n paar osse wat hy gekoop het… As Jesus vandag sou kom, hoeveel sal gereed wees?”
Liewe leser, sal jy gereed wees? Jesus gaan kom en binnekort. Tot die wêreldlinge wat nie gered is nie, weet dat iets aan die kom is, maar die Kinders van God leef met klappe oor hulle oë omdat hulle die waarheid in wil raaksien nie… Nou vra ek weer: is jy gereed of is daar nog iets wat jy moet gaan regmaak? Indien dit so is, moet dan nie langer uitstel nie. Niemand van ons weet wanneer Jesus gaan kom nie; daarom moet ons sorg dat ons ten alle tye gereed is! Onthou Jesus se woorde in hierdie getuienis: “Ek kom; Ek kom!”
Ek gaan afsluit met Jesus se woorde in Mattheus 25:13 “Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.”
Mag die HERE hierdie boodskap aan almal wat dit lees se harte seën!
