In die skadu van die verdrukking

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Daniel sê vir ons in hoofstuk 9 vers 27 dat die sewe jaar verdrukking sal begin nadat die Antichris ‘n verbond van vrede met baie sal sluit, insluitende Israel.

“ En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.” (Daniël 9:27)

Hierdie verse is nog nie vervul nie, maar 2 Tessalonisense 2:1-10 sê vir ons dat die afvalligheid in Christus eers moet kom en dan die wegraping voor die Antichris ontmasker kan word. Die afvalligheid in die kerk is reeds hier. Kyk maar na die volgende kommentare soos op Internet gepos en julle sal verstaan: “Ek het verlang na die terugkoms van Jesus… waar is Hy?”, “Ons is nou in 2020 en nog niks het gebeur nie!”, “Maak my glo; ek daag jou uit!”, “Ek het mense soos jy geglo vir vyf jaar… VYF JAAR!”

Al wat oorbly om te gebeur is die wegraping; die verwydering van ons wat terughou en dan sal die Antichris ontmasker kan word en die tyd van God se wraak op aarde begin. Maar aangesien hierdie dinge nog nie gebeur het nie, weet ons dat die verdrukking nog nie begin het nie. As die wegraping dan nog nie begin het nie, waarom sien ons dat so baie dinge wat in die verdrukking gaan gebeur dan nou gebeur?

Alhoewel die verdrukking het nog nie begin het nie, maar ons sien die skaduwee daarvan wat al hoe langer en donkerder word soos die bandeloosheid van die mens toeneem. Hier is ‘n paar voorbeelde van wat dit beteken om in die skaduwee van die verdrukking te leef.

Corona Virus: Openbaring 6:8 lys pessiektes as ‘n bydraende faktor in die dood van meer as ‘n biljoen mense. Hierdie is die vierde van die seël oordele wat oor die aarde gaan kom. Die Corona Virus pas perfek in hierdie scenario in, want daar word geskat dat daar reeds 50 duisend mense dood is as gevolg van hierdie virus. Dit is waar dat 50 duisend mense by verre minder is as die 50 miljoen wat na die eerste wêreld oorlog dood is aan die Spaanse Griep, maar as daar nie nou opgetree word nie, kan die sterfte syfer aan die Corona Virus baie vinnig die van die Spaanse Griep oorskry.

Brande in Australië: Mens hoef maar net na die foto’s en die video’s van die brand in Australië te kyk om ‘n idee te kry van hoe dit gaan lyk gedurende die eerste van die Trompet Oordele soos in Openbaring 8:7 beskryf “En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.” Hierdie brand wat maar net ‘n voorsmakie van dat wat gaan kom…

Sprinkane: Berigte in koerante vertel van biljoene sprinkane wat oor Oos Afrika en Suidoos Asië trek. Dit het ‘n geweldige invloed op die lande van Kenia, Saoedi-Arabië, Pakistan, Indië, Somalië en Etiopië. Hierdie gebeure het die Verenigde Nasies ‘n waarskuwing laat uitstuur dat hierdie plaag moontlik kan lei tot die dood aan hongersnood van miljoene mense. Jesus het ons in Mattheus 24 gewaarsku dat hongersnode een van die tekens gaan wees van Sy terugkeer. Volgens Johannes se beskrywing in Openbaring 6:8 weet ons dat hongersnood een van die oorsake gaan wees van die dood van meer as ‘n biljoen mense.

Alsem: Openbaring 8:10-11 waarsku ons dat daar ‘n meteoriet op die aarde gaan val met die naam van Alsem en dit gaan ‘n derde van die water op die aarde bitter gemaak om te dink sodat baie mens daarvan sal sterf. Hierdie meteoriet het niks te doen met die als plantjie wat in Afrika voorkom en algemeen gebruik word as ‘n genees middel nie. NASA stuur gereeld waarskuwings uit van meteoriete wat baie naby aan die aarde verbyskiet teen snelhede van meer as 57,000 kilometer per uur. Die eksperts in hierdie gebied sê vir ons dat as gevolg van die spoed en grote van hierdie meteoriete, dit die potensiaal het om hele kontinente te vernietig as dit die grond sal tref.

Krag van die dwaling: In 2 Tessalonisense 2:11 skryf Paulus van die kragtige dwaling wat God aan die mense sal stuur wat weier om in Hom te glo. Dit mag dalk lyk asof hierdie reeds gebeur het, veral as mens kyk na die leuens wat versprei word en hoe mense dit glo. Mense het blind geword vir die waarheid; vir Bybelse sowel as algemene waarheid.

Een Wêreld Geloof: Pous Francis het die 14de Mei 2020 afgesonder, dieselfde dag waarop Israel hulle onafhanklikheid vier, as die dag wat hy die wêreld gaan vra om oor te skakel na ‘n een wêreld geloof stelsel. Dit pas in by die pous se herhaalde versoeke vir ‘n Een Wêreld Mag en ‘n Een Wêreld Godsdiens. Dit laat ‘n mens wonder of die pous besef dat hierdie versoeke in lyn is met Bybelse Profesie vir ‘n Een Wêreld Regering en ‘n Een Wêreld geloof gedurende die verdrukking…

Ek kan nog baie ander dinge bylas soos die groot aantal oorloë, gerugte van oorloë, aardbewings, vulkane, die Christene wat vervolg en doodgemaak word, die absolute verwerping van alle wet en orde en nog baie ander dinge by hierdie lys van tekens voeg. As net een of twee van hierdie dinge wat genoem word waar is, dan kan mens verstaan dat iemand sal dink dat die verdrukking nog ver is, maar die feit dat daar so baie dinge is wat nou waar word en ‘n mens kan die skadu van die verdrukking net nie meer wegredeneer nie. Dis krisis op krisis op krisis. Nog nooit was die wêreld deur soveel krisisse gelyk getref en so baie na mekaar nie!

Wat sê al hierdie dinge vir ons? Dat dit verby die tyd is om wakker te word! Hierdie is die laaste uur, want wat ons nou sien is flitsende rooi ligte en alarms wat afgaan om ons te waarsku net hoe naby die koms van die HERE is en hoe min tyd ons werklik het! Hierdie dinge wat nou gebeur is nie by verre op die skaal wat in Openbaring aan ons gewys word nie, maar dis nie die doel van wat nou gebeur nie. God wil hê dat ons moet wakker word, kyk en oplet, want hierdie is ‘n herinnering van wat binnekort gaan kom.

Hierdie skaduwee wys aan ons net hoe aaklig dinge gaan word in die verdrukking. As jy nog nie wakker is nie, liewe leser, word dan wakker. Maak jou saak met God reg! Bekeer jou van jou sonde en laat jou skoonwas in die Bloed van die Lam tot vergifnis van sonde! Dis nog nie te laat nie, maar binnekort gaan dit wees.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!