Baie mense dink Jesus met ‘n Bybel agter ‘n lessenaar sit, gereed om ons te oordeel, maar kom ons kyk vandag na hierdie vraag.
Kom ons begin deur te sê dat Jesus geen belang het om jou te oordeel nie. Die teenoorgestelde is eintlik die waarheid! Jesus is nooit formeel of op ‘n afstand van ons af nie, maar alomteenwoordig en die hele tyd by ons!
As jy in die veld stap, dan is Jesus daar by jou met sy veld klere aan. As jy in jou beste pak klere staan in ‘n vergadering voor jou base om ‘n nuwe konsep aan hulle te verduidelik, dan is Jesus daar met sy beste pak klere aan. As jy Jesus se teenwoordigheid soek, dan hardloop Hy om by jou te wees. As jy seerkry, is Hy daar om jou te troos!
Dis hoe Jesus wil hê ons moet Hom sien. Ja, hy is die Magtige GOD wat die Hemel, Aarde en die sterre uitspansel gemaak het, maar Hy is ook die selfde HERE wat aarde toe gekom het en bereid was om gebind te word deur dieselfde beperkings as ons net om ons siele te red en vir ons die ewige lewe te kan gee! Jesus het dit gedoen sodat ons nader aan Hom kan wees, kan verstaan hoe diep Sy liefde vir ons is en Hom kan aanvaar as ‘n werklikheid in ons lewens.
Daar is so baie wat sukkel om te verstaan dat Jesus ons metgesel wil wees… Jesus wil deel in ons lewens en in alles wat ons doen. Jesus wil baie graag alles geniet wat ons geniet. Net soos ons droom Jesus ook om vry te wees soos ‘n arend, maar terselfdertyd vermurwe Sy hart ook net soos ons s’n as Hy ‘n moeder eend sien stap met haar kleintjies agter haar aan.
Jesus het nie net die aarde en alles wat mooi is gemaak om ons in die middel te sit en dan te bestudeer soos wetenskaplikes kieme onder ‘n mikroskoop sal bestudeer nie. Nee! Jesus het die aarde en alles wat mooi is gemaak om saam met ons te geniet. Saam met ons te verken en saam bly te wees daaroor. Jesus is ‘n kunstenaar en watter kunstenaar is nie verheug oor sy kunswerke nie?
Jesus hou van musiek, wiskunde, wetenskap, allerhande tale, in kort, alles wat die skepping kan bied, hou Hy van. Dis tog waarom Jesus dit gemaak het en watter kunstenaar skep nie iets wat hy of sy van hou nie! Staan daar dan nie so in die Bybel geskryf nie: “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed.” (Genesis 1.31)
Daarom kom Jesus nou na ons toe in hierdie laaste van dae en Hy maak Homself bereikbaar vir ons. Hy wil hê dat ons Sy Hand moet vat en Hom saam moet neem oral waarna ons gaan en in alles wat ons doen. Jesus wil ons by die hand vat en saam met ons deur die goeie en die slegte van die lewe gaan. Liewe leser, vat Jesus oral saam waar ook al jy mag gaan!
Die tyd vir ‘n werklike verhouding met Jesus is nou! Hierdie is nie die tyd om nou styf en formeel te wees nie. Toe David in die veld was saam met sy skape, was dit die tyd wat hy die naaste aan Jesus was. Hulle het gesels soos ou vriende. Dieselfde met Moses. Jesus het nie net met hom gepraat deur die kolom van vuur nie. Moses het met Jesus gepraat oor alles. Hy het sy lewe met Jesus gedeel soos ‘n man sy lewe met sy vrou deel.
Daar is niks wat vir Jesus meer plesier gee as om erken te word vir wie Hy is nie en om vertrou te word dat Sy liefde nooit sal ophou nie, ongeag wat gebeur nie. As ons hierdie siening gaan begin uitleef, dan gaan ons die mense om ons begin affekteer en hulle gaan ook honger word om ‘n soortgelyke verhouding met Jesus te hê. Iets soos dit is uiters aansteeklik, want mense voel vrede en gemak in die teenwoordigheid van Jesus.
Daar is kere wat Jesus van ons verlang om ons harte na Hom op te lig en dit mag dalk ‘n bietjie meer formeel wees as normaal, maar in die algemeen wil Jesus hê dat ons Hom as bereikbaar moet sien, baie gewillig om ons lewens en alles wat daarin is te deel.
Ek kan julle verseker dat Jesus sake vinnig regstel as ons die pad byster raak en oortree, maar dan doen Hy dit uit liefde uit en omdat Hy wil keer dat ons afvallig raak. Regstellings word net gedoen as dit absoluut nodig is en ons moet dit sien as liefdevolle tug. Die res van die tyd is Hy Jesus; ons Jesus en ons vriend. Die een wat al ons weë ken en die een wat verlang om ‘n aktiewe deel van ons lewens te wees!
Daarom, wil ek julle vandag vra: Neem vir Jesus saam met julle waar ook al julle mag heengaan. Hy is versot daarom om die wêreld te sien! Vat Hom saam in jou motor as jy ry. Vat Hom saam as jy iewers heen stap en gesels met Hom. Jy sal verbaas wees oor die antwoorde wat jy gaan kry!
Mag die HERE hierdie boodskap asook elkeen van julle seën! Prys Sy Wonderlike Naam!