Vandag wil Jesus jou leer om te navigeer deur op Hom te vertrou selfs al spoel die water oor jou kop en voel dit vir jou of jy gaan verdrink.
Jesus is maar net te bewus van al die gevalle waar die noodlot op jou afgekom het soos ‘n groot brander; totaal onvoorbereid. Maar nou wil Jesus hê dat jy ten volle in Hom in moet vertrou, want Hy wil jou in die Gees vervoer na die mooiste plekke waar daar vrede, geluk, sterkte en stabiliteit is in Sy teenwoordigheid. AMEN!
Jesus wil vir jou rus gee en Hy gaan jou uit jou omstandighede uit lig en jou in ‘n posisie plaas waar jy Sy vrede kan voel. Hy gaan jou laat verstaan dat Hy in beheer is ongeag wat gebeur en dat jy ten volle veilig is in Sy teenwoordigheid.
Die afgelope tyd het baie lede van die liggaam van Christus in onbekende gebiede inbeweeg. Plekke waar hulle nog nooit voorheen was nie. Daar is ook nie leiding hoe om in hierdie plekke oor die weg te kom nie, behalwe ‘n diep wete dat jy op Jesus kan vertrou selfs al loop jy blind.
Baie van julle volg op hierdie oomblik Jesus al dieper en dieper in onbekende plekke in. Plekke waar jy nog nooit was nie, maar jy kan die leiding van die Gees voel en jy het geleer om Hom te vertrou, selfs al weet jy nie waarheen Hy jou lei of wat dit is wat Hy wil doen nie. Honger en desperasie om meer van Jesus te weet is al wat jou aan die gang hou, selfs al probeer satan sy beste om jou van die pad af te kry.
Jou deursettingsvermoë gaan jou nie net die grootste bevordering in jou lewe gee nie, maar ook ‘n nuwe vlak vir intiemheid met Jesus laat bereik wat jy nog nooit ervaar het nie. Hierdie nuwe vlak van intimiteit is die antwoord op die honger wat jy aanvoel om Jesus beter te leer ken! Hierdie nuwe vlak van intimiteit gaan die plek wees waar jy alles in beheer van Jesus gaan plaas, wetend dat jy veilig is selfs al weet jy nie waarheen die Gees met jou op pad is nie; wetend dat niks met jou sal gebeur sonder die Wil van die HERE nie! Die water gaan oor jou kop spoel, maar jy gaan veilig wees deur jou hand in die hand van Jesus te hou! Jesus gaan jou leer om jou bekommernisse te laat gaan en Hy gaan jou vashou terwyl Hy jou vorentoe trek na een van die grootste bevorderings in jou lewe. “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.” (Efesiërs 3:20)
Jesus maak gereed om ons drome te vervul; al daardie drome wat jy as kind gehad het, maar nog nooit kon vervul nie. Jy gaan leer dat God se Wil jou drome insluit, maar jy gaan moet leer om volkome op Hom te vertrou en om alle beheer in die hande van Jesus te laat dat Hy Sy Wil kan uitvoer! Hy gaan jou Sy getrouheid wys; Sy gretigheid om in oorvloed te gee; Sy krag; Sy gelykheid; Sy guns en Sy goedertierenheid! Jy gaan oor jou kop toegegooi word in die Goedheid van die HERE!
Soos jou fokus verskuif en jy laat gaan, gaan Jesus jou na ‘n nuwe vlak van vertroue en vryheid in Hom neem wat jy nog nooit geken of ervaar het nie. Soos jy beheer in Jesus se hande oorgee en jy aankom in die plek waar Jesus jou wil hê, sal Hy jou versterk. Selfs al skreeu satan en sy magte, gaan jy nie beweeg, geïntimideer of deurmekaar word nie, maar jy sal vorentoe beweeg met oortuiging en satan en sy magte maklik verslaan met die krag van die Gees.
Mag die HERE jou seën in hierdie nuwe wêreld en so ook hierdie boodskap!
Prys Sy Wonderlike Naam!