Jesus is nie ‘n slawedrywer nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Jesus wil hê dat ons Hom eerste moet stel in alles wat ons doen; ook met jou oggend gebed. Ek weet dat van julle sukkel om te verstaan, daarom gaan ek dit verduidelik.

In Prediker 3:1 lees ons “Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd.” Daar is ‘n tyd om jou huis skoon te maak en ‘n tyd om jou gesin te versorg. Jesus staan geensins die hele tyd agter jou met ‘n sweep en sê “STAANOP, KOM HIER, LOS DIT” nie. Jesus weet dat ons verpligtinge het en Hy het aanpassings daarvoor gemaak. Ons is Bruide van die Koning van die Heelal en geen Koning met daardie gesag gaan tevrede wees as Sy Bruid Hom los om eers aandag te gee aan ‘n vuil vloer of vuil skottelgoed nie!

Jesus wil hê dat ons op ons eie heel eerste in die oggend na Hom toe moet kom omdat ons Hom lief het. Toe Jesus vir ons gesê het om die huiswerk tot laaste te los, was dit omdat Hy wou hê ons moet vars wees en vry van die dinge van die wêreld as ons na Hom toe kom. Hy wil ons aandag heel eerste hê, voor ons aan wêreldse dinge aandag gee.

Nou wil Jesus ‘n aanpassing maak. Hy weet dat ons Hom gebêre het vir laaste sodat wanneer ons bid, daar niks meer was wat ons aandag kon aflei nie. Alhoewel die konsep reg is, is dit nie altyd prakties uitvoer baar nie. Sommige van julle sou opgelet het hoe julle lysies van dinge wat julle in ‘n dag moet doen skielik langer en langer geword het. Raai wie sit agter daardie een?

Dis waarom Jesus wil hê dat ons in die oggend eerste na Hom toe moet kom. Hy wil hê dat die tyd wat ons saam spandeer intiem en soet moet wees en nie onder enige druk nie. Satan probeer sy uiterste bes om ons verhouding met Jesus te versuur met onuitvoerbare versoeke. Almal van ons is baie gesteld daarop om Jesus gelukkig te hou en dit maak ons vatbaar vir deurdagte demone wat jou alles gaan laat bevraagteken wat jy doen. Dit is nie hoe mens ‘n verhouding met Jesus het nie, want Jesus se las is lig. Moenie dat die vyand jou anders oortuig nie, want hulle sal alles wat Jesus sê vat, dit totaal uit verhouding opblaas en jou dan laat lei aan vals skuldgevoelens.

Wat Jesus van ons verlang is baie eenvoudig. Kom na Hom in gebed, spandeer tyd saam met Hom en luister na Sy woorde. En doen dit eerste ding in die oggend, maar as jy take het wat gedoen moet word vroeg in die oggend, doen dit dan met liefde vir Jesus in jou hart. Moenie dat satan jou skuldig daaroor laat voel nie.

Jesus ken ons en Hy weet maar net te goed wie van ons genesing nodig het. Hy weet wie van ons in ons binneste lei en Hy ken ons vrese vir die toekoms. Hy wil hê dat ons moet weet dat Hy voorsiening gemaak het vir ons. Hy is met ons, elke dag; nie met ‘n sweep in Sy hand nie, maar met liefde vir ons. Liefdevolle arms wat ons wil omvou, ons wil troos en na ons hartklop wil luister. Vertrou op Hom om die regte ding te doen.

Soek Jesus eerste in alles wat jy doen. Moenie op jou eie oor die weg probeer kom nie. Versoekinge gaan daar altyd wees, maar ons sal ook vooraf gewaarsku word voor die versoekinge kom. Wees dus aangemoedig: Jesus kan wonderwerke deur elkeen van ons doen en duisende siele vir Hom aanraak as ons Hom sal toelaat.

Verstaan julle nou? Onthou dat Jesus jou meer lief het as wat jy ooit sal kan besef. Moet dus nie dat satan so met jou speel deur jou onnodig skuldig te laat voel nie. Prys die Naam van die HEER!

(Visited 53 times, 1 visits today)