Moet nooit aanneem nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Jesus wil hê dat ons Hom altyd eerste moet stel, maar as ons probeer, dan is daar afleidings wat ons aandag af trek.

Jesus wil hê dat julle moet weet dat Hy daar is vir ons en dat Hy ons oneindig baie lief het. Ons moet daar wees vir mekaar en ons moet niemand toelaat om die plek wat ons vir Jesus in ons lewens het, in te vat nie. Ander is daar om ons aan te moedig, maar nie om Jesus se plek in te neem nie. Ons het ‘n persoonlike verhouding met Hom en Hom alleen.

Moet nooit enige iets aanneem as van self sprekend as ons met siele werk nie. Moet ook nooit aandring nie. Laat Jesus toe om op Sy manier met ‘n siel te werk. Laat Jesus Sy spasie in die harte van ander toe. As jy nie gemaklik is met ‘n rigting nie, moet dit dan nie doen nie. Wag eerder vir Jesus om dit te bevestig. As jy geen bevestiging kry nie, dan sal jy gespaar wees van al die moeite wat gepaard gaan om ‘n verkeerde rigting in te slaan, maar wanneer Jesus dit bevestig, dan gaan jy meer seker wees dat dit die regte rigting is.

Moet nooit jou perke oorskry en Jesus se plek in ‘n siel se hart probeer oor vat nie. As ‘n siel weerstand bied teen ‘n rigting, dan gebeur een van twee dinge. Die rigting is verkeerd of die persoon bied weerstand teen Jesus omdat hy of sy nie in daardie rigting wil ingaan nie. Selfs al bevestig Jesus die rigting later as reg, sal daardie persoon dit nie herken nie omdat dit teen sy of haar wil is. Jesus forseer nooit Sy wil op enige iemand af nie. In elke geval, moet ons wag op Jesus. Dieselfde geld vir die ander persoon, selfs al is hulle verkeerd. Dit is waar nederigheid inkom. Onthou: Jesus is die enigste een wat nooit verkeerd is nie.

Baie ouderlinge in baie kerke het hulle perke oorskry omdat hulle nie hulle rolle verstaan dat hulle daar is om te bevestig nie. Hulle wil vir siele die regte pad wys en beveel om sekere dinge te doen of nie te doen nie en dat hulle manier van doen die enigste “regte” manier is. Almal anders is verkeerd behalwe hulle…

Dis Jesus se werk om te oordeel en om siele dinge te laat doen of nie te doen nie. Wees dus versigtig hoe julle sake hanteer, geliefdes. Moet nooit aanneem wat Jesus se wil in enige iemand se lewe is nie. Nederigheid, sagmoedigheid en geduld is altyd die deugde wat nodig is wanneer mense vrae vra oor die belangrike kwessies in hul lewens.

Sedert die begin van tyd het Jesus nog altyd deur die gewetes van die mens gewerk. Dis nie nodig vir enige iemand om vertel te word wat reg en wat verkeerd is nie, want hulle weet dit reeds in hulle harte. Ons is daar om hulle dit te help agterkom en om bevestiging van Jesus te kry. Moet nooit aandring daarop dat jy al die antwoorde het nie. Trots is ‘n gruwel in die oë van Jesus en rig net soveel skade aan siele aan wat sag van geaardheid is as te veel drukking wat verkeerd toegepas word.

Ons is daar as herders om mekaar te lei en te beskerm en om ander te leer hoe om Jesus te vind, maar nooit om Jesus se plek in te neem nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 148 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .