Om in God se wil te leef

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Mag die wil van die HERE in ons lewens ons enigste begeerte wees.

As ons in woede reageer in enige situasie, dan het jy so pas ‘n deur oopgemaak vir ‘n demoon, sy saad van bitterheid en al die skade wat daardie demoon mag aanrig. Hy gaan jou misbruik en die binnekant van jou hart swart smeer. Van daar af pomp jou bloed die onheil na elke deel van jou liggaam.

Dis waarom dit so belangrik is om dadelik na Jesus toe te gaan as jy geval het. Gaan na ‘n plek waar jy privaat kan wees en kniel uit voor Jesus. As dit nie moontlik is vir jou om te kniel nie, kniel dan ten minste in jou hart. Julle sal nie glo watter deurbrake jy kan maak as jy hierdie getrou nakom nie. Moet niks onderneem voor jy nie jou hart skoongemaak het van enige sade van bitterheid nie en vra die Heilige Gees om aan jou te wys wat daar is wat nie daar moet wees nie.

Soos ons nader aan Jesus beweeg en altyd op Hom staatmaak, sal ons agterkom dat ons lewens pad al hoe meer reguit word. Die werk van jou hande sal meer en meer geseën wees. Ons maak Jesus ongelooflik bly as ons so op Hom vertrou. Dit maak ons klei in die hande van die Meester en kan hy ons vorm volgens Sy wil. Baie slaggate van die vyand wat ons van koers af kan dwing word so vermy. Om op hierdie manier te leef in vrede is die toppunt van die Christelike pad. Dis sonder twyfel die belangrikste vir Jesus naas broederliefde.

Baie kan nie Jesus se wil in hulle lewens nie bespeur nie omdat hulle nie bereid is om van hulle agendas ontslae te raak nie. Wanneer hulle suksesvol is om Jesus se wil te bespeur, dan vra Jesus iets van hulle en skielik voel hulle bedreig en onseker oor hulleself. Dan skielik kan hulle nie meer Jesus se wil voel of bevestiging kry oor die dinge wat hulle pla nie.

Natuurlik is die vyand bewus hiervan, die opportunis wat hy is, en vat hy volle voordeel daaruit! Hy gooi meer demone van verwarring in die warboel in en baie gou is die arme persoon so deurmekaar dat hy op die raad van familie, vriende en kerk mense staat maak in plaas van Jesus se raad, omdat hierdie mense nie sy sekuriteit sal bedreig nie.

Op hierdie manier kruip ons vir jare vir Jesus weg, maar as ons vroeër agtergekom het wat aangaan, kon ons nou al baie verder in die Koningryk gewees het. Jesus oordeel jou nie, geliefde, maar hierdie is feite. Gelukkig gee Jesus nooit op op enige iemand nie.

Jesus kan nie ‘n siel op sy lewenspad lei alvorens hy nie volle beheer aan Hom oorgegee het nie. So baie maak staan op hulle sosiale status in die lewe. Hulle is tot die dood toe bevrees om afgegradeer te word na bedelaar status toe. Ek sê vandag vir julle dat niemand op hierdie aarde of in die Hemel ‘n groter status het as een wat ‘n bedelaar vir Christus is nie.

Ongelukkig is die gedagte om ‘n niemand te word, wat van nêrens af kom en nêrens heen op pad is nie, vir baie ‘n vreemde konsep wat moeilik is om te aanvaar omdat die sekuriteit wat die wêreld bied ‘n realiteit is vir baie. Wat hulle mis, is die mees gekoesterde status wat enige mense na kan streef en dit is om een te wees met Jesus, Sy geliefde Bruid, totaal oorgee aan Hom.

Iemand wat in hierdie realiteit is gee nie ‘n flenter om hoe ander na hom kyk nie. Hulle gee nie om waar hulle volgende maaltyd vandaan kom of waar hulle slaap nie. Al waarvoor hulle omgee is om Jesus nie te verloor nie en as gevolg daarvan, sorg Jesus vir alles wat hulle nodig mag hê op ‘n geestelike vlak.

Maar wanneer iemand op die arm van vlees, familie en vriende, vertrou, dan is dit alles verby. Soos daar geskrywe staan in Mattheus 10:36-37 [36]  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.  [37]  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.”

Hierdie is nie net mooi woorde nie, geliefdes, maar ‘n lewensreël. Alles hang af van gehoorsaamheid aan Jesus. Wanneer ‘n siel beskadig is deur die wêreld, dan moet hulle gedurig ‘n veiligheidsnet onder hulle hê. So gaan hulle voort om aan die wêreld te behoort terwyl hulle voorgee om aan Jesus te behoort. Hulle lewe is een groot deurmekaar gemors omdat hulle twee meesters probeer dien, Jesus en vir Mammon of die wêreld en geld.

So werk Jesus met hulle, maar net tot op ‘n punt wat hulle toelaat. Uiteraard is Jesus daar vir hulle keer op keer, maar daar kom ‘n punt wanneer Jesus gaan toelaat dat hulle op hulle eie pad te gaan sonder onderbreking. Natuurlik grief dit Jesus om dit te doen, want Hy kan die goeie werk wat hulle sou gedoen het asook die siele wat hulle vir Hom sou gewen het, sien.

So gaan hulle terug in die wêreld in, gelei deur hulle eie idees. Vir baie gaan dit te laat wees. Vir ander sal Jesus weer en weer probeer, selfs al word hulle harte harder en harder na elke probeerslag. Hulle lewens word geheel en al oorheers deur die persoonlike drama wat hulle vir hulleself maak en dit is wat hulle lewens stuur.

Jesus het so gewens dat Hy aan die stuur van hulle lewens kon wees, maar hulle wou dit nie so hê nie. Die dag as hulle voor Jesus se troon staan, dan is die mees algemeenste verskoning dat hulle nie geweet het nie. Dan wys Jesus vir hulle al die mense wat hy gestuur het om hulle te lei; dan kom die antwoord: “Hoe kon ek weet of hulle reg was?” Dan wys Jesus aan hulle hoe Hy die hele tyd met hulle was; dat hulle inderdaad geweet het en nog steeds, ten spyte van alles, die weg na niks gekies het.

Jesus spaar geen moeite om enige iemand, maak nie saak hoe rebels daardie persoon is nie, na Hom toe aan te trek nie. Maar as daardie persoon aanhou weier om Jesus aan te neem, dan is daar niks wat Hy meer kan doen nie, behalwe om iemand anders te vind wat Hom werklik lief het en sy lewe vir Hom sal gee nie.

Baie gee voor; hulle praat groot en heilige dinge en so dink ons hulle is ware Kinders van die HERE, maar Jesus sê: “…aan die vrugte word die boom geken.” (Matheus 12:33)

Geliefdes, moenie besluit om ‘n houer vir Jesus te word tensy jy bereid is om gebreek te word, in fyn poeier gemaal te word en dan met die Heilige waters van die Heilige Gees hervorm te word deur die vingers van Jesus nie.

Om so ‘n siel te vorm is ‘n morsige besigheid en dit vereis uiterste gehoorsaamheid. Die pot moet gebreek word en alles van die ou lewe uitgehaal en op gemaal word in ‘n fyn poeier. Die klei wat so gevorm word moet hard op die werksoppervlakte geslaan word om van al die lug borrels (selftrots) wat in die klei vorm ontslae te raak. As dit nie gedoen word nie, sal die houer onder drukking en in die hoë temperatuur van die oond bars. Tensy die klei bereid is om herhaaldelik hard op die werksoppervlakte geslaan te word met hulle trots wat daaronder lei, sal die klei nutteloos vir die pottebakker wees.

Jesus vra julle nou weer: as jy jouself bereidwillig verklaar om Hom te dien, wees dan bereid om hewige verliese te lei; alles wat jy is; alles wat jy kan wees en alles wat jy was in hierdie wêreld. As jy nie bereid is dat die trots uit jou uitgeslaan word nie, moet dan nie na Jesus toe gaan met ‘n dubbele agenda nie. Bly eerder in die wêreld totdat jy ten volle siek is daarvan en dan bereid is om Jesus te dien.

Jesus sê dat Hy nog steeds lief sal wees vir diegene wat besluit om eerder in die wêreld te bly. Hy sal nog steeds daar wees vir elkeen van julle, maar daardie soete gemeenskap wat Hy met Sy Bruid het, sal julle nie voel nie. Jesus sal nog steeds vir jou sorg en jy sal nog steeds Hemel toe gaan, maar jou lewe sal net lou warm wees. Jy sal ongelukkig spyt wees as jy sien hoe ander groei in Sy diens, want jy sal weet dat jy ook daar kon gewees het.

“Want baie is geroep, maar min uitverkies.” (Mattheus 22:14)

Prys die Wonderlike Naam van Jesus!

(Visited 135 times, 1 visits today)