Hierdie profetiese woord was op die 10de asook die 11de November ontvang is en op beide gevalle is dit bevestig as van die HERE!
Vir die wat gereed is; wat God eerste stel in hulle lewens, die wil van die Vader uitvoer en in naasteliefde leef, julle hoef nie te vrees nie, want die wraak van God kom julle nie toe nie, net soos daar in die Woord van God staan in Romeine 5:9, Romeine 8:1, 1 Tessalonisense 5:9 en 1 Tessalonisense 1:10. Ons hoef dus nie die oordeel van God te vrees nie, want dit kom ons nie toe nie, prys die Naam van Jesus!
Vir die res; en dit sluit in die ongelowiges, die wat nie gereed is nie, die wat die Woord van God verwerp en die wat God verwerp; julle gaan die volle geweld van God se wraak oor hierdie wêreld ervaar… God is kwaad vir hierdie wêreld en dis waarom hierdie boodskap daar is, sodat mense moet verstaan wat gaan gebeur.
Vir die wat gereed is en wakker is vir die wegraping wat binnekort gaan plaasvind, hulle gaan nie en ek herhaal, nie blootgestel word aan God se wraak nie, want hulle sal van hierdie wêreld weggeneem word. God is net kwaad vir die wat ongehoorsaam is aan Sy Woord, die wat nie wil luister nie, die wat arrogant is en die wat vals is. Jesus gaan die wat God gehoorsaam is, in ‘n oogwink van hierdie wêreld verwyder voor Hy Sy wraak oor hierdie wêreld gaan uitstort.
Die boodskap van die HERE is as volg:
“Ek gaan die lampstander van die wat sê dat hulle My nie ken nie verwyder. Ek gaan dit verwyder terwyl hulle daarop staan. Ek sê vir julle wat my nie wil ken nie, julle wat julle eie idees van My het, Ek ken julle nie! Julle het julle eie beeld geskep van wie ek is. Julle het leuens geskep en verkondig oor My, julle gehoorsaam nie My wet nie, julle sê dat dit tyd is om ‘n nuwe God te skep vir die nuwe tyd. Julle het my Woorde gevat en dit verdun met julle mensgemaakte idees en so het julle ‘n god geskep wat meer verdraagsaam is en wat kan inpas by julle idees. Maar Ek sê vir julle: Ek is God en Ek verander nooit nie.
Julle het leuens oor My opgemaak om julle eie agendas te pas. Nou het julle baie boeke om julle nuwe god te verduidelik. Julle dink dis vir My wat julle volg, maar dis nie vir My nie. Julle is reg dat Ek ‘n God van Liefde is, maar Ek is ook ‘n God van regverdigheid en ‘n God van wraak. Ek gaan die lampstander waarop julle staan verwyder en julle gaan dit voel en weet dat Ek nie meer met julle is nie; julle wat My probeer vervang met ‘n ander omdat my agenda nie aanpas by julle agenda nie. Daarom gaan ek my lampstander verwyder en julle sal nie kan bly staan nie omdat ek My Gees ook gaan verwyder.
Julle gaan in trane wees as Ek my teenwoordigheid verwyder. Julle wat My vergeet het en wou vervang met ‘n afgod. Nou gaan Ek kom met vuur en dit gaan brand; seer brand soos Ek my wraak oor hierdie wêreld gaan uitgiet. Ek gaan dit aan julle wys en julle sal weet dat Ek God is!
As julle My geken het, dan sou julle My stem geken het en julle sou geluister het, maar julle het van My vergeet en nou aanbid julle ‘n namaaksel. Julle gedagtes is gefokus op ander dinge en julle glo die leuens wat julle opgemaak het oor My. Ek het probeer om julle te waarsku, maar julle wou nie luister nie. Nou gaan julle voel hoe dit voel as Ek my lampstander verwyder en jy alleen agterbly in die donker.
Ek het My rug gedraai op die wat My Naam ydellik gebruik. Julle weet dis verkeerd, maar julle hou nie op nie. Dis nie meer vir My wat julle dien nie, maar die afgod wat julle geskep het. Nou dien julle vir mammon en julle gebruik My Naam vir finansiële voordeel. Mammon is nou jou god en daarom gaan ek my lampstander verwyder om julle dit nie waardig is nie.
Ek het gewag dat julle moet terugkom na My toe, maar julle was te ingestel op julle weë en te hardnekkig om te luister. Die goddelose gaan betaal vir hulle goddeloosheid. Daar gaan terreur wees as Ek My Gees van hierdie wêreld verwyder. Daar gaan daar vuur uit die lug wees as Ek My bruid kom haal en my besitting gaan verwyder van hierdie wêreld. Ek gaan verwyder wat myne is op daardie dag.
Ek waarsku mense al baie lank oor hierdie dag, maar min wou gehoor gee. Baie het die waarskuwings geïgnoreer. Hierdie dag gaan skielik kom en julle gaan nie kan ontsnap nie. Dit gaan skielik op julle toeklap soos ‘n wip. Die god wat julle opgemaak in My plek het gaan julle nie kan red nie, want Ek is die God van Izak, die God van Jakob en die God van Abraham en ek het nog nooit verander nie. Julle gaan voel as Ek in oordeel gaan kom omdat julle probeer het om My te vervang met ‘n namaaksel.
Vir julle wat my Naam vrees; julle gaan baie naby aan die gevaar wees, maar moenie vrees nie, want jou redding gaan naby wees. Moenie dat die vrees jou oorval nie, want dit wat jy sien gebeur is nie vir jou nie, maar vir die ongelowiges. Hulle wat My stem gehoor en dit geïgnoreer het. Ek is God en Ek sal nooit verander nie. Daarom vertel Ek julle wat gaan gebeur sodat julle moet weet dat Ek julle lief het.”
Vir die wat wonder oor hierdie boodskap; die Woord van die HERE sê as volg: “Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” (Amos 3:7) Hier sien julle die Woord van God in vervulling.
Die dag van die HERE gaan die vreeslikste dag wees wat hierdie wêreld nog ooit aanskou het. Baie gaan sterf van vrees as hulle sien wat besig is om te gebeur. Weereens word hierdie weerspieël in God se Woord: “Want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Openbaring 6:17) en ook in die volgende gedeelte: “Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.” (Maliagie 3:2)
Daarom, liewe leser, ek hoop dat jy wat hierdie lees gereed is, want daardie dag is nou nader as ooit! Binnekort! Bid, vra vir vergifnis as daar nog iets is wat uitstaande is. Moenie langer uitstel nie. Dit wat oor die aarde gaan kom gaan verskriklik wees en ek wil nie een van julle sien agterbly nie.
Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!