Terwyl die wêreld die een ramp na die ander en die een oorlog na die ander najaag, het Jesus vir ons ‘n boodskap van aanmoediging.
Ons is so geneig om net ons foute raak te sien en dan te wonder hoe Jesus ons kan liefhê, maar weet dit dat ons almal vir Hom mooi is; net soos jy is en met al jou foute! Prys die Naam van Jesus!
In plaas daarvan om te konsentreer op jou foute, konsentreer eerder op jou gawes. Elkeen van julle het ‘n gawe ontvang, nie net vir musiek nie, maar om jou lewe te leef volgens jou hart. Baie van julle het dit nog nie gedoen nie, maar daar is uitsonderings. Daar is so baie opgesluit in elkeen van julle, maar wanneer jy naby kom, dan gryp iets jou aandag en raak jy rusteloos. Meestal omdat jy bang is vir dit wat jy binne in jou gaan raaksien.
Jou emosies hardloop diep, maar dis hoe Jesus jou gemaak het. Moet dus nie bevrees word of daarteen baklei nie. Moenie bang wees om jou gawes uit te haal nie, want jy gaan mense vir Jesus aantrek met jou gawes! Gebruik dus die talente wat Jesus jou gegee het, ongeag wat enige iemand anders sê!
As ons na ander mense kyk en wat Jesus in hulle lewens gedoen het, dan voel ons so minder waardig. Veral as ons sien hoe hulle vir Jesus skyn! Jy lyk net so vir Jesus, selfs al sien jy dit nie nou raak nie. Almal het ‘n roeping: party se roeping is om te skyn en ander se roeping is weer om te dien. Dis ‘n geval van jou naaste lief genoeg te hê om alles wat jy het vir hulle op te offer.
Almal het ‘n roeping en daardie roeping is God gegewe. Jou roeping pas in die Vader se hart soos ‘n legkaart stukkie ‘n legkaart voltooi. Jy is uniek. Daar is net een van jou soort en net jy kan in daardie plek pas; niemand anders nie en die Vader het jou presies so gemaak sodat net jy daar kan inpas en mense met jou gawe voed. Die vyand weet hierdie dinge en daarom sal hy alles in sy vermoë doen om jou te keer om daar uit te kom.
Om tot op daardie punt in jou lewe te kom is moeilik, maar as die begeerte sterk genoeg is, sal Jesus jou versterk. Dis waarom Jesus gedurig deur elke siel aanmoedig om hoër te klim, want as jy volg wat binne in jou hart is, sal jy daar uitkom! Jy is bedoel om lewende water te dra en ‘n groot invloed op mense te hê. So sal jy jou drome vervul, maar net as jy totaal afstand doen van alles wat die wêreld jou bied.
Omdat elkeen van ons so uniek is en net daardie persoon kan pas in die legkaart van die Vader se hart waar hy of sy bedoel is om in te pas; is dis die rede waarom dit die Vader so seermaak as iemand sy rug op Jesus draai. Dis ‘n deel van die legkaart wat nooit voltooi sal word nie. Ten spyte van die feit dat Jesus vir ons alles gegee het deur op Golgota vir ons te sterf, is daar siele wat hulle rûe op Jesus draai… Dit maak die Vader baie seer as Sy skepping Hom verwerp.
Satan sal dit waarvoor jy lief is teen jou gebruik om jou van koers af te trek; om jou in ‘n ander rigting te trek. Hoe doen hy dit? Deur te speel op jou nietigheid en valse waardestelsel. Dit is waar aanhangers van satan verdwaal het. Baie van hulle is bedoel om profete en genesers te wees in die Christelike gemeenskap, maar hulle is op ‘n dwaalspoor weggelok deur vleeslike begeertes en wat hulle beskou het as meer winsgewend in hierdie lewe as in die volgende. Die tragedie is dat hulle weggelok is deur leuens en leë beloftes en baie gaan dit eers oplet as hulle aan die einde van hulle lewens gekom het. Dan gaan hulle besef dat dit alles leuens was. Dis wanneer hulle sondes terug kom in die vorm van ewige smarte.
Satan pas hierdie siele baie mooi op, want hy koester groot verwagting oor hoe hy hulle gaan pynig as hulle sterf. Hy verheug hom oor elke bose daad wat gepleeg word en hy is absoluut passievol oor hoe hy hierdie siele gaan verraai en hulle oor en oor gaan martel. Hy weet dat die enigste manier hoe hy Jesus kan terugkry omdat Jesus hom uit die Hemel uitgegooi het, is deur Sy Skepping te pynig en te dood.
Vir julle wat besluit het om vas te klou aan Jesus as julle keuse in die lewe, bewaar julle harte sodat julle nie deur satan weggelok word nie.
Mag Jesus julle seën en bewaar van die bose!