‘n Verhouding met Jesus

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek weet dat die HERE my lief het; alles in my weet dit net. Deur die Heilige Gees het ons daardie sekuriteit dat Hy ons Vader is en dat ons Hom ook so kan noem.

Dit voel snaaks, want hoe verduidelik mens dit aan iemand anders? Hoe verduidelik mens aan iemand dat die HERE jou lief het, self al weet jy dit met hart, siel, gees en liggaam? Elke persoon se ondervinding van Jesus se liefde is natuurlik anders. Die HERE roep ons almal bymekaar, maar sy verhouding met elkeen van ons is anders; persoonlik, as julle verstaan.

Die van julle wat kinders het sal die volgende beter verstaan, veral as julle meer as een het. Jy het tog al jou kinders lief, maar hulle het elkeen ‘n persoonlikheid van hulle eie. Dis waarom dit vir ons nodig is om met elke kind op sy eie te werk en op ‘n vlak wat hy of sy verstaan. Ons kinders is nie almal die selfde ouderdomme nie en mens kan nie die konsep wat vir ‘n tiener maklik is om te verstaan aan ‘n vyf jarige verduidelik nie. Verder het elke kind sy eie persoonlikheid wat wyd van mekaar verskil. Dis waarom ons tyd maak om met ons kinders te spandeer en aan elkeen van hulle wys dat ons hulle lief het op ‘n manier wat hulle kan verstaan.

Daar was ‘n sekere prediker wat eendag sy vyfjarige dogtertjie saam met hom gevat het om ‘n preek te gaan lewer. In die middel van die preek het die dogtertjie besluit dat sy by haar pa wil wees en sy het by die verhoog opgestap. Die prediker het vir die persoon gekyk wat haar moes oppas en laasgenoemde het gewys dat hy jammer was, maar sy gedagtes het afgedwaal en sy het weggekom. Die prediker tel haar toe op en vra waarom sy hier is en sy antwoord dat sy net graag by pappa wil wees! Almal in die gehoor het dit gehoor, want hy het een van daardie mikrofone gehad wat om sy oor en mond gepas het! Hy het sy preek klaargemaak met sy dogtertjie in sy arms en haar selfs as voorbeeld gebruik van Jesus se liefde vir ons.

Julle weet, kinders gee nie om hoe belangrik iets is nie. Hulle sien ons nie as besige ouers en dink dan dat hulle ons nie nou kan steur nie. By hulle is daar net die instink dat hulle by ons wil wees en hulle kan dit enige tyd doen wat hulle wil. Dis wat die Heilige Gees aan ons ook doen. Dit gee ons daardie vermoë om enige tyd te kan uitroep “Abba Vader” enige tyd wat ons wil. Dit maak die saak of die HERE die Regeerder van die Heelal is of op daardie oomblik baie besig is met iets anders nie. Enige tyd van die dag wat jy voel jy soek die vertroostende arms van Vader Jesus, kan jy na Hom gaan en sê “Abba Vader”!

Weet ek dat die HERE Heilig is en dat ek respek moet betoon? Ja, natuurlik! Terselfdertyd sê die Bybel ook vir ons dat ons tot die Troon van die HERE kan nader met vertroue en die Heilige Gees bevestig dit! Net soos ons liefde bewys aan elkeen van ons kinders op ‘n manier wat eie aan elke kind is, net so bewys die HERE ook liefde aan elkeen van ons op ‘n manier wat ons sal verstaan. Dis waarom ons verhoudings met die HERE so wyd van mekaar verskil en ook waarom die ondervinding van die HERE se liefde anders is van persoon tot persoon.

Nie een van ons kinders is perfek nie en elkeen van hulle maak foute, maar hulle weet dat ons as ouers hulle lief het, ongeag wat! Net so doen die HERE met ons ook. Hy is onvoorwaardelik lief vir elkeen van ons, ongeag wat jy gedoen het of wat se foute jy het! Dis baie belangrik vir die HERE dat ons moet weet dat Hy ons liefhet, want ons is seuns en dogters van die Allerhoogste. Ons is nie slawe nie! Ons geeste roep uit na die HERE toe om ‘n verhouding met Hom en ons verhouding met die HERE is net so werklik soos die verhoudings wat ons met ons kinders het.

Ons kan nie die HERE sien nie, maar die verhouding wat ons met Hom het is werklik. Hy is my Vader, my vertroueling, my alles! ‘n Verhouding met die HERE is nie iets wat ek julle kan leer nie; dis iets wat julle moet vertrou en weet dat dit daar is. Dis iets wat elkeen van ons op ons eie ervaar en die ervaring is anders vir elkeen van ons deur die Gees van die HERE.

Is ‘n verhouding met die HERE een van reëls, outoriteit en gehoorsaamheid? Beslis, maar dit gaan baie verder as dit. Dis ‘n verhouding wat net soos eg is, indien nie meer eg nie, soos enige verhouding wat ons met enige mens op aarde sal hê. Dis wat die Heilige Gees in ons siele in brand en dit is wat die HERE baie graag wil hê wat jy moet ervaar.

(Visited 293 times, 1 visits today)