Versoekinge

Ons almal word versoek van tyd tot tyd en dan wonder ons waarom en ons wonder of ons ooit uit hierdie versoekinge gaan uitkom.

Ons almal kan die gedeelte waar Jesus deur satan versoek is in Mattheus 4:1-11. Dis seker een van die mees bekendste gedeeltes in die Bybel. Ons lees dit en dan wens ons dat ons satan so kan teëstaan! Ek gaan egter nie hierdie gedeelte met julle vandag behandel nie, maar ek gaan eerder vir julle wys hoe versoekinge werk en waarom satan so suksesvol daarmee is.

Satan is soos iemand wat met ‘n visstok gaan visvang. Hy rol die vislyn versigtig af, sit ‘n sappige wurm aan die hoek en gooi dan die hoek in die water. Die woord hiervoor is uitlok en dit beteken om ‘n vis uit sy natuurlike habitat te lok sodat dit aan die aas moet byt. Dis natuurlik wat satan heeldag met ons doen. Hy doen alles in sy vermoë om ons van die HERE af weg te lok en hy is baie geduldig daarmee!

Nadat die aas in die water is, gaan die rympie heel moontlik iets soos volg: “Kyk hierdie lekker wurm wat ek vir jou het; kyk hoe lekker vet is dit; lyk dit nie mooi nie?” Die hoek is mooi met die aas toegemaak en jy sien glad nie die gevaar nie, maar die aanloklikheid is daar! “Kom, vat hom, vat hom…” Die van julle wat visvang sal weet dat die oomblik as die vis byt, dan is die geveg aan! Maar so elke nou en dan is ons slim genoeg om nie die aas te vat nie.

Wat doen satan dan? Gee hy op? O, nee! “So dit het nie gewerk nie. Nou goed; kom ons probeer iets anders! Jy hou seker nie van wurms vandag nie!” Nou word die wurm afgehaal en ‘n geldnoot word aan die hoek gesit, maar dis nie sommer enige R10 of R20 nie. O, nee! Dis ‘n R200 noot! Weer word die lyn ingegooi. “Kyk hier! Dis R200! Komaan, jy weet jy wil dit graag hê!” Ons antwoord dan: “Dis nogal waar! Ek wil graag!” “Jy weet jy wil nie graag vanoggend kerk toe gaan nie… Jy wil my volg en baie van die maak!” Partykeer werk geld ook nie en dan probeer hy iets anders. “Goed, geld doen dit nie vir jou nie; kom ons probeer iets anders.” En so gaan dit aan dag na dag! Dis aas word afgehaal en vervang met iets anders net sodat jy moet byt; die hele dag lank!

Satan gebruik nie net een aas of een lyk op ‘n slag nie. Dis baie lyne en baie soorte aas en elkeen van hulle se doen is om jou uit te lok! Jy word letterlik elke dag gebombardeer met versoekinge! Oral waar jy kyk is daar iets wat jou uitlok. Wat doen mens daaromtrent? Hardloop ons weg na die berge en begin ons ons eie kamp met bordjies buite op die grensdraad wat sê “Geen versoekinge toegelaat”? Is dit die antwoord om die wêreld te verlaat en te maak of versoekinge nie bestaan nie? Nee, natuurlik nie, want versoekinge gaan daar altyd wees. Dis die hele tyd daar, maak nie saak waarheen jy gaan nie.

Voor ek vir julle die antwoord gee, het julle al ooit met die motor êrens heen gery en jy het so op die pad gekonsentreer dat ‘n vriend langs die pad of in die motor langs jou vir jou gewaai het, maar jy het dit nie gesien nie? Het dit al ooit met jou gebeur? Later sal die persoon vir jou sê dat hy of sy gewaai het en vir jou getoet het, maar dat jy hom of haar nie eers gesien het nie. Dan sê jy dat jy baie jammer is, maar dat jy so gefokus was dat jy hom of haar nie eers gesien het nie.

Dis die geheim om met versoekinge te werk. Stel jou gedagtes op Jesus, nie op aardse dinge nie. As ons so gefokus kan wees op ons liefde vir die HERE, dan sal ons die versoekinge van satan nie eers raaksien nie. Jy kan nie van versoekinge weghardloop nie en jy kan ook nie jou hele lewe lank aan die hardloop bly nie. Ons moet hardloop na die HERE toe; ons oë op Hom gevestig! Dit is die sleutel om versoekinge te weerstaan!

Die Bybel sê dat as ons oë op die HERE gevestig is, dan gaan niks op Aarde meer vir ons saak maak nie. Niks gaan so belangrik wees dat jy aandag daaraan wil gee nie. As jy jou naaste lief het soos jouself, dan kan jy nie sondig teenoor jou naaste nie. As jy die dinge najaag wat saak maak, dan sal jy die versoekinge nie sien nie, want jou oë is die hele tyd op Jesus en jy is gefokus op jou doel!

Maar elke nou en dan sien ons iets voor ons oë en soos die Bybel sê, dan vat begeerte oor. Die versoeking is nie die sonde nie, want ons ‘n keuse. Ons kan besluit om ons begeertes te vervul of om nee te sê daarvoor. Die vraag is: gaan jy jou begeertes vervul of gaan jy omdraai en op die HERE fokus?

Die keuse is u s’n liewe leser.

(Visited 25 times, 1 visits today)