Net soos in die tyd van Noag

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek sal sekerlik die laaste mens wees wat vir julle hoef te sê hoe die wêreld die afgelope tyd verander het, want ons almal kan dit sien!

Jesus se woorde in Mattheus 24:37 kan sekerlik nie meer van toepassing wees nie: “En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” Ek kan nie onthou wanneer laas ek iemand gesien het naasteliefde toepas nie en as jy dit self doen, dan kyk mense jou aan asof jy iets van hulle wil hê!

Julle weet, dis juis dinge soos die wat ons nie moet toelaat om ons af te sit nie! Ja, dis waar dat die lewe ‘n horribale liefdelose plek geword het waar elkeen net aan homself dink, maar dis juis die geleentheid om te gebruik om jou lig vir Jesus te laat skyn! Wys vir die wêreld dat jy anders is, anders as die res van die wêreld!

Moenie toelaat dat die wêreld en dit wat daarin gebeur jou onder kry nie, want as jy dit toelaat, dan gaan satan jou hê net waar hy jou wil hê en dit is binne in ‘n diep donker gat van depressie! Ek weet, want ek was al daar in my lewe! Ja, dis makliker gesê as gedaan, ek weet, maar dink net hoe arme Noag moes gevoel het. Hulle het vir hom gelag en hom gespot en wat het hy gemaak? Het hy getwyfel aan God se Woord? Natuurlik nie! Hy het net aangehou en uiteindelik die ark klaar gebou!

Iemand het eenslag baie lank gelede vir my gesê dat ek ‘n regte Voortrekker houding het; maak nie saak wat gebeur nie, ek hou net aan vorentoe beweeg! Hierdie persoon het dit nie gesê omdat hy my wou prys nie, maar omdat hy my wou afkraak en sy afkraking nie gewerk het nie.

Dis die tipe houding wat jy vir Jesus moet hê! Om bo-oor die wêreld te loop en nie saam met die wêreld nie! Prys die Naam van Jesus!

Moet daarom nie dat die wêreld en die negatiwiteit daarvan jou onder kry nie. Onthou daardie liedjie van Danie Botha (dink ek), My Pa is die Koning van die Heelal! Ons almal se Pa is inderdaad dit! En ons is inderdaad Prinse en Prinsesse, so moenie dat satan vir jou stories vertel nie! Bestraf hom eerder sodat hy van jou kan wegvlug!

Binnekort gaan ons van hierdie aarde weggeneem word om vir altyd saam met Jesus te wees! Ons tyd is min, baie min, maar vir nou moet ons uithou, want soos Jesus gesê het in Mattheus 24:13 “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” Bid dat die HERE vir jou die krag sal gee om staande te kan bly, maak nie saak wat gebeur nie.

Prys die Wonderlike Naam van Jesus, want Hy is waardig om geprys te word!

6 Comments

  1. NS. Ek stem volkome saam met wat u sê! Die Heilige Gees het dit ok deur iemand anders minute terug aan my bevestig! God is Groter en liefdevoller as wat ons ooit kan begryp!

    Ons moet totaal oorgegee en heilig vir onse Here Jesus Christus leef en in Sy liefde teenoor mekaar wandel.

  2. Baie dankies vir u skrywe en verduideliking – ek waardeer dit opreg!

    Baie seëngroete nogmaals.

  3. Ek weet nie hoe om dankie te se vir die nuusbrief wat my dag maak. Seeninge vir almal daar in Suid Afrika.
    Ek hou die Naam van die Here omhoog. Amen

  4. Baie dankie vir al die wonderlike artikels.
    Dit beteken vir my baie en ek leer baie wat ek nie geweet het nie.

  5. Baie dankie vir die Boodskap.

    Indien u tyd kan afknyp en dalk die dokumentêr op YouTube kan kyk genaamd: “After the tribulation (full movie)” ‘n Baie insiggewende preek-dokumentêr met vele Skrif as stawing dat die wegraping ná die afvanklike verdrukking gaan plaasvind en nie vóór die groot verdrukking nie…

    Baie dankies nogmaals en geseënde dae aan u en elke gelowige in Jesus Christus.

    • Moenie jou steur aan wat die geleerdes sê nie. Luister na wat die Gees van God vir jou openbaar deur die Bybel. Dit was nog altyd my beginsel met Suider Kruis; moenie na my luister nie, maar luister na wat die Gees van God tot jou spreek. Dan sal jy die waarheid weet.

      Ek loop hierdie pad nou al ‘n hele aantal dekades en ek kan jou verseker dat God sal NOOIT OOIT Sy Kinders agterlaat om deur die hel van ‘n verdrukking te gaan nie. Hy het vir Lot gered voor Hy Sy oordeel oor Sodom en Gemorra laat geld het; Hy het vir Noag en sy familie gered voor die vloed en Hy het die Israeliete beskerm teen die plae van Egipte. Dus, waarom sal ons as Bloed Gewaste Kinders van God dan saam met die sondaars gestraf word in die verdrukking? Die verdrukking is vir die draadsitters wat weier om ‘n keuse te maak en vir die ongelowiges omdat hulle weier om te glo. Ons wat glo en die Seun uit die Hemel verwag, SAL gered word en uit die weggeruim word voor die plae kom. Die Bybel se so! Gaan lees gerus hierdie artikel: https://www.suiderkruis.co.za/die-waarheid-oor-die-wegraping/ wat ek oor die onderwerp geskryf het.

      Die verdrukking gaan geen grap wees nie, want die Bybel sê vir ons dat drie kwart van die wêreld se bevolking dood sal gaan in daardie tyd. Dis rofweg ses biljoen mense! Baie Kinders van die HERE gaan met hulle lewens betaal omdat hulle ongehoorsaam was en nog meer sal onder die valbyl sterf vir hulle geloof. As dit die toekoms is wat jy vir jou insien, dan wens ek jou alles van die beste toe. Ek sien nie kans daarvoor nie en daarom verwag ek die Seun van die Mens uit die Hemel uit om dit te ontsnap wat kom.

Comments are closed.