Nog net ‘n klein rukkie

Vandag het ek ‘n boodskap van vertroosting vir julle, want die HERE wys vir my herhaaldelik die afgelope tyd dat ons nie meer lank gaan wag nie…

Jesus weet hoe moedeloos ons is en dat ons al baie lak vir Hom wag. Hy weet maar net te goed hoe graag ons by Hom wil wees en ek kan julle verseker dat Hy net so opgewonde oor ons hereniging saam met Hom voel soos wat ons daaroor voel.

Vanoggend het die HERE vir my hierdie vers in Johannes 14:19 gegee: “Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.” Ek wil h dat julle moet konsentreer op die heel eerste gedeelte: Nog ‘n klein tydjie.

Die van julle wat gereelde lesers is, sal sekerlik opgelet het hoe die boodskappe die afgelope tyd inmekaar gevloei het. Die afgelope paar weke het elke boodskap gegaan oor hoe om jouself gereed te kry; hoe Jesus gereed staan om jou skoon te was en te vergewe ongeag wat jy gedoen het; hoe Jesus geen begeerte het om jou te veroordeel nie, maar jou eerder wil lief hê net soos jy is. Hierdie boodskappe is nie om dowe neute in hierdie volgorde nie. Jesus praat en Hy sê dat ons moet klaarmaak, want nog ‘n klein tydjie. Verstaan julle?

Ou gaan ek aan met ‘n tweede boodskap wat ek gekry het.

“En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.” (Handelinge 4:31)

Hoeveel van julle is bang om oor die Woord van die HERE te praat by julle werk, met vriende, met familie? Weet julle dat in die tyd van die apostels op aarde was dit dieselfde? Net soos vandag moes jy versigtig wees met wie jy praat, want jy kon baie maklik iemand ontstel! Klink bekend né?

Ek weet dat vandag se boodskap aan die kort kant is, maar ek dink dat dit wat die HERE wou oordra wel oorgedra is en dat ons weet wat om te doen. Nog net ‘n klein rukkie en spreek die Woord van die HERE met vrymoedigheid.

Na die wegraping gaan dit wat ons die hele tyd oor gepraat het, al wees wat baie gaan hê om hulle tot die waarheid te lei. Moet dus nie meer skaam wees oor Jesus te praat nie. Ons tyd is min…

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

(Visited 332 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .